NAMIBRANDRESERVAAT

Weg! Namibië - - INHOUD -

Na­by Sos­sus­vlei, maar ook ver ge­noeg woes­tyn-in vir daai sa­li­ge “net-ek-en-my-men­se” ge­voel

Die Na­mi­bRand- pri­va­te na­tuur­re­ser­vaat lê skaars 60 km suid van Sos­sus­vlei, maar men­se ry hom mis op pad na meer be­ken­de woes­tyn­kol­le. In die wes­te grens dit vir 100 km aan die Namib-Nau­kluft- na­si­o­na­le park en in die oos­te staan die Nu­bib­berg en wag­hou oor die groot vlak­tes vol gems­bok­ke, s­pring­bok­ke, se­bras, vol­strui­se, jak­kal­se, gei­tjies en tok­tok­kies. Wan­neer jy hier kom bly, voel jy soos die e­nig­ste mens in die gan­se woes­tyn – en dis waar­skyn­lik ook Na­mi­bRand se bes­te en mooi­ste ken­merk.

Saans hang die ster­re in die ka­meel­do­rings se tak­ke en die e­nig­ste ge­lui­de is jou vuur wat knet­ter en die ge­huil van ’n een­sa­me jak­kels­reun uit die dui­ne­stra­te. Vroeg­og­gend is koel, maar jy móét voor son­op op ’n rooi­duin se kaal rug sit en kyk hoe die laas­te ske­mer­te in die sand pro­beer weg­kruip wan­neer die son oor die oos­ter­kim loer. Kyk hoe ska­du­wees o­ral be­gin op­staan. – Wil­lem van der Berg

Waar? Hier is ’n paar mooi ver­blyf­plek­ke vir baie geld (tus­sen R2 400 en R10 000 p.p.p.n.), maar die e­nig­ste self­sor­ghuis en twee weg­ge­steek­te kamp­plek­ke is by die Na­mi­bRand Family Hi­de­out. So­wat 98 km suid van Ses­riem op die C27 en net 400 m voor die krui­sing met die D827 draai die twee­spoor­pad na Tok Tok­kie Trails en Na­mi­bRand Family Hi­de­out af. Volg die paad­jie vir 16 km tot by die Family Hi­de­out-plaas­huis. GPS S25.28730 E16.06820 (plaas­huis)

Ge­rie­we Die plaas­huis het slaap­plek vir 10 men­se. Die kom­buis is toe­ge­rus, maar jy moet jou eie bed­de­goed en hand­doe­ke bring. Die twee kamp­plek­ke is so­wat 2 km van die plaas­huis af, weg­ge­steek teen die dui­ne en ver uit­me­kaar. Elk­een het sy eie net­jie­se a­blu­sie (spoel­toi­let­te, warm stor­te), braai­plek, op­was­bak en af­dak­kie. ’n Mak­si­mum van 8 per­so­ne en 2 voer­tuie word per staan­plek toe­ge­laat.

Kos­te Van­af R1 200 p.n. vir die plaas­huis vir ’n groep van 4 men­se. Kamp kos R130 per staan­plek en R130 p.p.p.n. (mak­si­mum 2 voer­tuie en 8 men­se per sta­ning). Jul­le be­taal ook as groep ’n park­ta­rief van R180.

Kon­tak 00 264 81 127 2957; nrf­hi­de­out.com (Family Hi­de­out) of loer by na­mi­brand.org vir meer be­son­der­he­de oor Na­mi­bRand-na­tuur­re­ser­vaat en die luuk­se ver­blyfop­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.