GRENSINLIGTING

Weg! Namibië - - INHOUD -

Ont­span die bou­de – hier’s als wat jy be­no­dig om deur die grens­pos te kom

DIN­GE WAT JY MÓÉT HÊ

Pas­poort Dit moet vir nog ses maan­de of lan­ger gel­dig wees ná jou ver­trek­da­tum uit Na­mi­bië en moet min­stens twee skoon blad­sye hê. Ser­ti­fi­ka­te Kin­ders jon­ger as 18 moet ’n vol­le­di­ge ge­boor­te­ser­ti­kaat hê om die grens oor te steek. Ry­be­wys Jou Suid-A­fri­kaan­se een is gel­dig in Na­mi­bië – hou dit by­der­hand. Voer­tuig­re­gis­tra­sie­do­ku­men­te Af­skrif­te van hier­die do­ku­men­te is vol­doen­de. Ont­hou ook die do­ku­men­te vir jou sleep- of woon­wa. Mag­ti­gings­brief As jy nog aan jou kar af­be­taal, moet jy ’n brief van die bank hê wat jou toe­stem­ming gee om die kar oor die grens te neem. In­dien jy ie­mand se ry­ding leen, moet jy ’n on­der­te­ken­de toe­stem­mings­brief van daai per­soon kry. Dié brief moet die kar se re­gis­tra­sie­nom­mer, die ei­e­naar se naam en ID­nom­mer, as­ook sy woon­a­dres, toon. Die spe­si­fie­ke da­tums wat jy in die land gaan wees, moet ook aan­ge­dui word. Nood­toe­rus­ting Min­stens een nood­drie­hoek per voer­tuig. ZA-plak­ker Ja, ge­plak ag­ter­op jou voer­tuig. ’n Skryf­ding Nie ’n moet nie, maar jou eie bal­punt­pen be­spoe­dig pa­pier­werk aan­sien­lik. ’n Glim­lag en ’n bie­tjie ge­duld Ont­hou, die doe­a­ne­be­amp­te ag­ter die toon­bank kan jou lang­ver­wag­te va­kan­sie net hier kort­knip – wees v­rien­de­lik.

PA­PIE­RE EN KURE

Vi­sum Suid-A­fri­ka­ners mag vir 90 dae son­der een in Na­mi­bië va­kan­sie hou. I­nen­tings Dis nie ver­plig­tend nie, maar kry liefs voor­af jou geel­koors-, he­pa­ti­tis A- en klem-in-die-kaak-i­nen­tings. Ma­la­ria Tref voor­sorg as jy in die nat­ter noor­de gaan draai. Me­die­se ver­se­ke­ring Dis al­tyd ’n goeie i­dee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.