VISRIVIERCANYON

Wan­neer ’n mens Na­mi­bië uit die sui­de bin­ne­ry, het jy hoof­saak­lik twee op­sies: Jy kan B1-teer­pad langs voet in die hoek sit, of da­de­lik oor­ska­kel in va­kan­sie­rat en van Aus­sen­kehr af die mooi Vis­ri­vier-ca­nyon­pad (C37) bin­ne­land-in volg. Moei­li­ke keu­se? Sop

Weg! Namibië - - INHOUD -

Doen­din­ge wat jou van ont­byt tot aand­e­te sal be­sig hou

5.30 vm. Net soos die Visriviercanyon is die Ca­nyon Ro­ad­hou­se ook ’n ou guns­te­ling in die sui­de, en in dié ge­bied met heel­wat luuk­se bly­plek bly die Ro­ad­hou­se ’n bil­li­ke op­sie.

Jul­le het nou dalk wel gis­ter ’n lang dag op die pad ge­had, maar vir die Vis­ri­vier-ca­nyon gee ’n mens nie om om vroeg op te staan nie. Die hek by Ho­bas, die uit­kyk­punt op die ca­nyon se bo­rand, maak om 6 nm. oop en jy wil graag daar wees wan­neer die son op­kom – wik­kel dus vroeg. Draai soos wat jy by die Ro­ad­hou­se uit­ry, regs op die C37 en hou vir 16 km reg­uit aan tot by Ho­bas. Toe­gang kos so­wat R70 p.p. en R20 per voer­tuig. GPS S27.61899 E17.71510

6.15 vm. Van die Ho­bas­hek af is dit so­wat 11 km tot by ’n T-aan­slui­ting op die rand van die ca­nyon. ’n Net­jie­se in­lig­ting­sen­trum is ’n paar jaar ge­le­de hier ge­bou, maar hou eers vir so­wat 1 km links – van hier­die kant af kry ’n mens daai pos­kaart-uit­sig oor ’n wye kin­kel (Hell’s Bend) on­der in die ca­nyon.

Haal jou gas­sto­fie en kof­fie­pot uit, bak ’n paar ei­ers en wor­sies en sit en ver­won­der jou aan die sons­op­koms se pienk en o­ran­je ska­ke­rings teen die kran­se. Ná ont­byt en ’n fo­to­ses­sie kan jy rus­tig deur die in­lig­ting­sen­trum stap.

8 vm. Ry op jou spoor te­rug Ca­nyon Ro­ad­hou­se toe vir ’n kof­fie­tjie (of ont­byt as jy nie met ’n gas­sto­fie reis nie) en snuf­fel ’n bie­tjie rond in die ge­skenk­win­kel. Hier’s ou­li­ke T-hem­de, plak­kers vir jou bak­kie se ag­ter­flap en or­dent­li­ke hoe­de en sa­rongs.

9.15 vm. Dié keer draai jy links op die C37 soos wat jy by die Ro­ad­hou­se uit­ry en 16 km ver­der weer links op die C12. So­wat 8 km ver­der ry jy deur ’n droë ri­vier­loop. Hou stil on­der die koel­te­bo­me op lin­ker­hand. Die graf­te van twee Duit­se troe­pe, on­der­kor­po­raal Rob Lietz en be­re­de sol­daat L. Lich­te, lê hier nef­fens ’n mooi rooi staal­trein­brug. Oor­kant die pad is ’n ou kalk­oond – een van so­wat 30 wat nog ver­spreid deur Na­mi­bië staan, ge­woon­lik na­by ’n spoor­lyn. Kalk­steen uit die om­ge­wing is in so ’n oond ver­hit om brand­kalk te maak wat weer ver­der tot se­ment ver­werk is.

GPS S27.40255 E17.94399 9.45 vm. Te­rug op die C12 hou jy reg­uit noord vir so­wat 40 km tot waar die D545 op reg­ter­hand na die Nau­te­dam weg­swenk. So­wat 13 km ver­der wag ’n lek­ker ver­ras­sing – die Nau­te K­ris­tall-kel­der-en-sto­ke­ry ( 00 264 81 358 9672). Je­ne­wer is dees­dae hoog­mo­de en in die proe­lo­kaal ge­kom, staan Ka­trin We­der reg met ’n skeut­jie NAMGIN, hul­le pro­duk wat met ’n trek­sel van die dui­wels­klou­plant se wor­tels ver­meng is.

Ka­trin en haar man, Mi­cha­el, is oor­spronk­lik wyn­boe­re van Omaruru en het so­wat drie jaar ge­le­de hier- heen ver­huis om dié nu­we on­der­ne­ming op die wal van die Nau­te­dam te be­gin.

Laas­ge­noem­de voor­sien be­sproei­ing vir die win­gerd, da­del­plan­ta­sie, turks­vy- en gra­naat­boor­de om­heen, en met dié son­ryp vrug­te tot hul­le be­skik­king maak die We­ders al­ler­lei toor­wa­ter. Proe ge­rus die he­le reeks – ek wed jou jy gaan min­stens met ’n bot­tel­tjie Dan­dy (hul­le da­del­kon­jak) on­der die arm uit­stap!

10.30 vm. ’n Sterk kop­pie kof­fie en ’n wor­tel­muf­fin by die We­ders se kof­fie­win­kel is dalk nie ’n sleg­te i­dee nie... GPS S26.93952 E17.93500

11.00 vm. ’n Ha­ne­tree­tjie ver­der ry jy deur ’n drif­fie in die L­ö­wen­ri­vier met die Nau­te­dam­wal op reg­ter-

Vroeg­og­gend by die Vis­ri­vier-ca­nyon

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.