TSUMEB

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE EN FOTO’S SOPHIA VAN TAAK

Veel meer as net ’n myn­dorp – hier’s grot­te, ge­skie­de­nis en gróót bo­me

Die T­su­meb­ge­bied is myn­wê­reld en word sel­de as ’n toe­ris­me­be­stem­ming ge­re­ken. Maar hier’s ver­ba­send baie om te be­leef. Ver­toef vol­gen­de keer ’n dag of twee en ver­ken die dis­trik­te van Tsumeb, O­ta­vi en Groot­fon­tein.

Tsumeb is Na­mi­bië se myn­dorp. Of, soos dit on­der be­soe­kers van el­ders be­kend staan: die poort tot die Noor­de. Want Tsumeb is heel waar­skyn­lik die plek waar jy vir ou­laas pro­vi­and gaan aan­vul op pad na An­go­la, Etosha, of die Caprivi.

Maar so­dra ’n mens ’n bie­tjie rond­kyk, be­sef jy dié dorp se be­ko­ring strek veel ver­der as sy i­ko­nie­se De Wet-myn­skag­to­ring in P­re­si­dent­straat. En, om die waar­heid te sê, ook in ’n heel teen­oor­ge­stel­de rig­ting.

Met die sy­paad­jies langs is Tsumeb ’n taam­lik ge­wo­ne dorp, maar dit wat ón­der die teer aan­gaan, is ’n an­der sto­rie: Hier­langs lê die aard­kors se kreu­kels vol si­nus­hol­tes, spe­lon­ke en on­der­grond­se me­re en dis boon­op deur­spek van kos­baar­he­de. Trou­ens, met dié dat hier ko­per, lood, sink, sil­wer en nog so­wat 165 an­der mi­ne­ra­le ge­myn word (waar­van 20 nê­rens an­ders in die wê­reld voor­kom nie!) is die Tsumeb-myn e­nig in sy soort. As jy hier ’n gat gra­we, spit jy die pe­ri­o­die­ke ta­bel raak.

Maar Tsumeb se skat­te spreek nie net tot myn­bou­ers nie – hier’s heel­wat won­ders vir ons ge­wo­ne ou­ens ook be­sko­re. Kom ons gaan delf ’n bie­tjie die­per...

O­tji­ko­to­meer

Tsumeb-mu­seum

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.