DA­MA­RA­LAND

Da­ma­ra­land is een van Na­mi­bië se ge­wild­ste be­stem­mings. Maar dit is ook ’n be­si­ge kruis­pad met ver­skeie hoof­paaie wat oor me­kaar strui­kel – van­daar die mag­dom bly­plek­ke in die ge­bied. Ons maak dit vir jou mak­lik: Hier’s die top­tien.

Weg! Namibië - - IN­HOUD - WOOR­DE EN FO­TO’S FRANÇOIS HAAS­BROEK

Oor­wel­dig deur al die keu­ses? Toe­maar, ons kies die streek se tien top-bly­plek­ke

Van die Ske­del­kus af bin­ne­land toe, van Outjo af see toe, van Spitz­kop­pe af reg­uit noord E­tosha toe, en van die Ka­o­ko­veld te­rug na Sen­traal-Na­mi­bië – dit maak nie saak wat­ter van hier­die rig­tings jy in­slaan nie, ie­wers gaan jy voor dié keu­se te staan kom: Volg ek die C39 of die C40?

Dié twee hoof­roe­tes snoer K­ho­rix­as, Ka­man­jab en Palm­wag saam, met me­ni­ge lod­ge en kamp­plek in­ge­ryg langs die pad. Die C39 is die be­si­ge toe­ris­te­roe­te. Langs dié pad wink aan­wy­sers jou el­ke paar treë na ’n Da­ma­ra­land-doen­ding of -bly­plek. Die C40, aan die an­der kant, is dalk ’n bie­tjie van ’n om­pad, maar hier tref jy ’n stil­ler skoon­heid op die Groot­berg­pas aan.

Dalk be­sluit jy om som­mer al­bei te ver­ken en meer as net een aand hier te ver­toef. Want tus­sen die heu­wels van Da­ma­ra­land skuil daar iets vir al­mal, of jy nou hou van ge­skie­de­nis, ge­o­lo­gie of groot­voe­te.

Die C39 T­subes-rus­kamp

Dié plek het vir meer as twee de­ka­des toe ge­staan, maar ver­le­de jaar weer sy hek­ke oop­ge­swaai. Die agt staan­plek­ke en vier sa­fa­ri­ten­te is on­der rot­soor­han­ge wat vir die groot­ste deel van die dag ska­du­wee gooi.

Hier is nie gras nie, maar wel net­jie­se kwarts­gruis. El­ke staan­plek het sy eie a­blu­sie­blok en kam­peer­ders kan ook ge­bruik maak van die ge­meen­skap­li­ke la­pa en braai­plek by die swem­bad. E­tes word op aan­vraag voor­be­rei. En: Jy hoef nie eens die 13 km te ry om na die Ver­steen­de Woud te gaan kyk nie – hier is een!

Waar? 54 km wes van K­ho­rix­as op die C39 GPS S20.42717 E14.51577

Kos­te R150 p.p.p.n. vir ’n staan­plek. R600 p.n. vir ’n tent­kamp (slaap­plek vir 2).

Kon­tak 00 264 81 127 9829; fran­sa@i­way.na

Aa­ba­di Moun­tain Camp

Dié ge­meen­skaps­kamp is ver­le­de jaar ge­re­stou­reer en spog nou met nu­we sa­fa­ri­ten­te en a­blu­sie­blok­ke in die kamp­ter­rein.

Die tien sa­fa­ri­ten­te is teen­aan ’n heu­wel ge­bou ter­wyl die agt staan­plek­ke langs die Aba-Hu­a­b­ri­vier­loop in­ge­rig is.

Hou jou oë oop – hier­die ri­vier­loop is die wan­del­pad vir woes­tyn­o­li­fan­te en die groot­voe­te kom lê soms huis­be­soek af!

Waar? 95 km van K­ho­rix­as langs die D2612 GPS S20.54394 E14.46195

Kos­te R950 p.p.p.n. vir die sa­fa­ri­ten­te (met ont­byt), R130 p.p.p.n. vir kamp. Kon­tak 00 264 81 308 2183

Bes­te kamp­plek! Mo­wa­ni Moun­tain Camp

Die lod­ge sit bo-op ’n hoog­te­tjie ter­wyl die kam­peer­ders teen­aan die voet van die heu­wel uit­span, met ’n uit­sig oor die val­lei. Die ge­rie­we vir kam­peer­ders is uit die boon­ste rak­ke: El­ke kamp­plek het sy eie net­jie­se a­blu­sie­blok, ’n af­dak met ’n klein kom­buis­deel en ge­noeg af­stand tus­sen jou en jou buur­man.

Die lod­ge is vir man­ne met vet beur­sies. Jy kan hier in die re­stau­rant of langs die swem­bad die rooi Da­ma­ra­land-sons­on­der­gang ge­niet.

Waar? 94 km van K­ho­rix­as langs die D2612 GPS S20.50442 E14.42327

Kos­te Lod­ge: van­af R2 850 p.p.p.n. (met aand­e­te en ont­byt). Kamp kos R250 p.p.p.n. en R120 vir kin­ders jon­ger as 12.

Kon­tak 00 264 61 232 009; mo­wa­ni.com

Op die kre­diet­kaart Camp Kip­we

Dié luuk­se oord is rond­om ’n klip­heu­wel in die Aba-Hu­abval­lei uit­ge­lê. Die koe­pel­vor­mi­ge hui­sies is die­self­de kleur as die klip­pe en is teen die rot­se van die heu­wel ge­bou. El­ke hui­sie het ’n bui­te­lug­bad­ka­mer en jy kan in jou bad lê en oor die val­lei uit­kyk.

Van die hui­sies af kan jy die paad­jies tus­sen die rots­knoet­se deur volg na die o­pe­lug­re­stau­rant en -sit­ka­mers as jy ’n nóg be­ter uit­sig wil hê. Die kraaie kan hier be­hoor­lik gaap en reg voor die re­stau­rant is daar ’n swem­bad tus­sen die rot­se in­ge­bou waar jy kan af­koel ter­wyl die kog­gel­man­ders nef­fens jou in die son sit en bak.

Waar? 94 km van K­ho­rix­as langs die D2612

GPS S20.53824 E14.42998 Kos­te Van­af R2 540 p.p.p.n., ont­byt in­ge­sluit. Kon­tak 00 264 61 232 009; www.kip­we.com

Camp Xara­gu

Ar­nold Ka­men­do, die op­sig­ter hier, wil hê al­mal moet weet Camp Xara­gu is weer oop! Die kamp het so­wat vier jaar ge­le­de ge­sluit, maar is nou her­bou en reg vir be­soe­kers. Die ne­ge staan­plek­ke lê langs twee sy­tak­ke van die Aba-Hu­a­b­ri­vier en het ska­du­net­te vir jou ten­te en voer­tuig. Hier is ook vier sa­fa­ri­ten­te (twee is en sui­te) vir die­ge­ne wat moeg is vir tent­pen­ne tel.

Die swem­bad was half­vol ty­dens my be­soek, maar Ar­nold het my ver­se­ker hy sal heel­te­mal vol wees “voor die men­se kom”.

Waar? Die af­draai is 74 km wes van­af K­ho­rix­as op die C39 GPS S20.40775 E14.33485

Kos­te R180 p.p.p.n. vir kamp; van­af R895 p.p.p.n. vir die sa­fa­ri­ten­te. Half­prys vir kin­ders jon­ger as 12. Ge­niet aand­e­te by die re­stau­rant (R220 p.p.)

Kon­tak 00 264 81 124 5612; xara­gu-da­ma­ra­land.com

Die C40 Op­pi-Kop­pi Re­st­camp

Dié kamp op die rand van Ka­man­jab is ’n net­jie­se bly­plek waar jy ge­mak­lik vir ’n paar dae kan uit­span. Die vyf staan­plek­ke het elk e­lek­tri­si­teit, ’n groot af­dak en groot werk­op­per­vlak­tes. Hier is 12 dub­bel­ka­mers, 2 luuk­se ka­mers en 1 ge­sins­ka­mer.

Li­a­nie May blêr oor die CD­spe­ler in die kroeg en jy kan langs die swem­bad sit en iets van die re­stau­rant se spys­kaart af be­stel. Hoe­wel die kamp nie diep in die wil­der­nis is nie, word hier saans ys­ter­var­ke en mus­kel­jat­kat­te ge­voer – want jy’t mos nie al die pad Na­mi­bië toe ge­kom om na stoep­hon­de te kyk nie (hoe­wel Op­piKop­pi s’n nog­al ou­gat is – ver­al die by­na-Be­agle, Brak­kies). Waar? Gems­bok­straat, Ka­man­jab Kos­te Ge­sin- en dub­bel­ka­mers van­af R700 p.n. (met ont­byt), luuk­se ka­mers (slaap­plek vir 2 men­se) van­af R890 p.n. (met ont­byt) en staan­plek­ke R110 p.p.p.n.

Kon­tak 00 264 67 330 040; op­pi-kop­pi-ka­man­jab.com

Por­cu­pi­ne Camp

Kom sit hier op die stoep en ge­niet ’n buf­fet-ete ter­wyl jy kyk hoe ys­ter­var­ke húl­le aand­e­te kar­nuf­fel.

Die re­stau­rant voel meer soos ’n groot ge­sel­li­ge plaas­stoep as jou plaas­li­ke S­pur. Hier is ge­mak­li­ke ban­ke, vol­ge­pak­te boek­rak­ke en dwerg­pa­pe­gaaie wat ge­sel­sies maak ter­wyl jy jou kos ge­niet.

Die kamp­plek is een­vou­dig maar net­jies en baie be­kos­tig­baar. Hier was vir ja­re ook per­ma­nen­te ten­te, maar die ei­e­naar, Ka­trin Ha­e­nis­ch, be­oog om dié spa­sie ook in staan­plek­ke te om­skep – haar hoof­fo­kus is nou die re­stau­rant wat sy op haar stoep be­dryf.

Waar? 6 km wes van Ka­man­jab op die C40 GPS S19.64851 E14.76666 Kos­te R50 p.p.p.n.

Kon­tak 00 264 67 330 274; in­fo@por­cu­pi­ne-camp.com

Een om te ont­hou Ho­a­da-kamp

Wan­neer laas het jy rond­om ’n gei­ser ge­kui­er? In Ho­a­da se kamp­ter­rein stook jy jou don­kie vir die aand se warm stort met die­self­de ko­le waar­op jy nou-nou ’n tjop­pie gaan braai – lek­ker ge­sel­lig.

Die per­seel word deur sy buur­man, Groot­berg Lod­ge (sien hier­naas), be­stuur en die per­so­neel is vrien­de­lik en vin­nig om te help: Ek het ’n wa­ter­pyp met ’n tent­pen raak­ge­slaan en dit was 10 mi­nu­te la­ter reg­ge­maak. Gaan loer langs die ont­vangs­kan­toor op die heu­wel­tjie – daar’s ’n swem­bad tus­sen die gra­niet­rot­se ge­bou, so­wel as ’n ge­meen­skap­li­ke braai­plek. En nog ’n ent­jie ho­ër op is ’n dek met ’n kroe­gie vir vroeg­aand se goue uur. Waar? 69 km wes van Ka­man­jab op die C40 GPS S19.73397 E14.30673 Kos­te R190 p.p.p.n. Kon­tak 00 264 61 228 104; groot­berg.com

Vir jul­le goue brui­lof! Groot­berg Lod­ge

Dié fên­sie lod­ge hurk op die rand­jie van die E­ten­de­ka-pla­to en kyk uit oor ’n vlak­te wat mak­lik as die in­spi­ra­sie vir “so wyd as die Heer se ge­na­de” in Eugè­ne Ma­rais se ge­dig “Win­ter­nag” kon dien. Dis vir hier­die vis­ta wat ’n mens die plas­tiek sal laat praat en Groot­berg sal uit­ry. (En moe­nie be­kom­merd wees nie: As die pad boon­toe te steil is vir jou voer­tuig, kom haal hul­le jou met ’n Land Crui­ser.)

Dis die soort plek waar jy vir ’n mas­se­ring kan kom lê of saam met ’n gids te voet gaan o­li­fan­te soek. Maar jy kan ook net by die lod­ge se wa­ter­gat sit en kyk hoe bob­be­ja­ne, koe­does en spring­bok­ke kom suip.

Waar? 96 km wes van Ka­man­jab op die C40 GPS S19.85137 E14.13320

Kos­te R3 165 p.n. vir ’n dub­bel­ka­mer (R2 105 p.n. vir ’n en­kel­ka­mer) R5 460 p.n. vir ’n ge­sins­ka­mer vir 4 men­se.

Kon­tak 00 264 61 228 104; groot­berg.com

Palm­wag Lod­ge

Ag, goeie ou Palm­wag. Hier­die lod­ge teen­aan die U­ni­a­bri­ver is die laas­te stop voor jy die Ka­o­ko­veld ten noor­de van Da­ma­ra­land in­vaar en sy tros­sie palm­bo­me wink moeë rei­si­gers al vir de­ka­des soos ’n o­a­se na­der.

Palm­wag lê om­ring deur die Tor­ra-, A­na­beb- en Ses­fon­tein­be­wa­rea (ver­al be­kend vir hul­le groot­kat­be­vol­king!) en be­soe­kers kan op be­ge­lei­de wil­drit­te gaan (van­af R620 p.p. vir 3 uur, dran­kies in­ge­sluit). As jy ge­luk­kig is, hoef jy eg­ter nie eens die kamp te ver­laat om wild te sien nie: O­li­fan­te kom kui­er nou en dan in die tuin.

In­dien jy hier ver­by­ry en moeg is vir toe­brood­jies en hard­ge­kook­te ei­ers, swaai in vir iet­sie ligs te ete by die strooi­dak­re­stau­rant­jie by die swem­bad. Of roep pro­per­se halt en bly vir die drie­gan­gaand­e­te (R315 p.p.).

Hoe­wel die kamp­plek­ke na aan me­kaar is, is daar bos­se wat dit skei. Dus sal jou buur­man nie dink jy loer sy o­me­le­t­re­sep af ter­wyl jy eint­lik net met jou ver­ky­ker tus­sen die rie­te vir vo­ël­tjies soek nie. Die bes­te staan­plek­ke is dié teen­aan die U­ni­a­b­ri­vier.

Waar? 121 km van Ka­man­jab, 162 km van K­ho­rix­as GPS S19.88577 E13.93728

Kos­te R1 745 p.p. wat deel (R2 180 vir ’n en­kel­per­soon). Ont­byt en aand­e­te is in­ge­sluit. Kamp kos R205 p.p.p.n.

Kon­tak 00 264 81 620 6687; palm­wag­lod­ge.com

Camp Kip­we

Camp Xara­gu

T­subes-rus­kamp

Aa­ba­di Moun­tain Camp

Ho­a­da-kamp

Por­cu­pi­ne Camp

Groot­berg Lod­ge

Op­pi-Kop­pi Re­st­camp

Palm­wag Lod­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.