TIRASBERG

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE ERNS GRUND­LING FOTO’S TOAST COET­ZER

Ont­moet vir Ger­trud Gr­äb­ner, ’n boer­vrou met ’n hart vir die na­tuur

Diep in die Tirasberg, op die plaas Guns­be­wys, woon Ger­trud Gr­äb­ner. Hier­die 84-ja­ri­ge “woes­tyn­ou­ma” voer ’n een­vou­di­ge be­staan en het vre­de met haar­self én die leë land­skap wat sy haar tuis­te noem.

Die gas­te­plaas Guns­be­wys lê so­wat 80 km noord van Aus langs die D707grond­pad. Die D707 staan al­ler­weë be­kend as die pad met die mooi­ste land­skap­pe in Na­mi­bië.

Soos el­ders in die sui­de is dié ge­wes­te yl be­volk. Hier is ook min toe­ris­te, want dit is nie een van die hoof­roe­tes in Na­mi­bië nie. Jy kry dus hier ’n ge­voel van ruim­te én i­so­la­sie.

Oos van die D707 troon die Tirasberg en na die wes­te lê die Na­mibwoes­tyn. Die diep­rooi grond – die eer­ste dui­ne van die Namib be­gin reeds hier – is an­der­wê­relds. Dit voel as­of jy e­ni­ge oom­blik daar­die Ro­ver­ro­bot­kar­re­tjie wat op Mars foto’s neem, gaan aan­tref.

Ek en Toast Coet­zer reis saam hier in die Tirasberg vir die TV-reeks Weg

Ag­ter­paaie. Toast het so­wat vier jaar ge­le­de op die plaas Guns­be­wys in die Tirasberg oor­nag, en het my al van­te­vo­re ver­tel van die ei­e­naar, Ger­trud Gr­äb­ner. Sy is ’n Duit­se vrou wat hier op die rand van die woes­tyn woon.

Dis dou­voor­dag. Ger­trud se an­tie­ke Hi­lux-bak­kie lui­er reeds bui­te ons gas­te­ka­mers. Ons wil gaan kyk of ons dui­ne­dier­tjies – of ten min­ste hul­le spo­re – in die eer­ste son­lig kan sien.

Vroeg­og­gend is die bes­te tyd om die dui­ne in te vaar, maar dis nog sner­pend koud ag­ter­op die bak­kie. Die plaas se ste­wi­ge 10 000 hek­taar, is steeds re­la­tief klein in ver­ge­ly­king met an­der pla­se in die om­ge­wing. Ger­trud en haar man, Karl-E­rich, het die plaas Guns­be­wys in 1994 ge­koop. Karl-E­rich was ’n be­ken­de Duit­se bi­o­loog, do­ku­men­tê­re film­ma­ker en ver­vaar­di­ger vir die Duit­se TV-ka­naal ZDF. Hy is in 2000 oor­le­de en se­dert­dien hou Ger­trud al vir lan­ger as 16 jaar die fort op Guns­be­wys.

“Ek is 84 jaar oud en dit ver­stom my dat ek nog steeds be­staan,” sê Ger­trud met ’n lag­gie. Sy praat En­gels met ’n sterk Duit­se ak­sent.

“Guns­be­wys is die reg­te naam vir ons plaas. My oor­le­de man het ge­voel die voor­reg om hier te kan leef, is soos ’n groot guns wat aan ons be­wys is,” sê sy. “Ek ge­niet el­ke dag tus­sen al die klein goed­jies wat hier leef. Dis een­vou­dig ver­stom­mend hoe­veel le­we daar in die dui­ne is.”

Sy ge­bruik ’n stap­stok om teen die steil duin – die eer­ste be­hoor­li­ke duin van die Namib-woes­tyn uit hier­die rig­ting – uit te klim. ’n Gems­bok wat vroe­ër van­og­gend hier moes ge­loop het, se spo­re lê langs ons s’n.

Sy hurk en wys vir ons nag­die­re se spoor­tjies – ke­wers, mui­se, ak­ke­dis­sies en vo­ël­tjies. Ger­trud is vol ver­won­de­ring ter­wyl sy die fei­te oor die mis­krui­er se ge­woon­tes en be­we­gings ver­dui­de­lik. Sy tel ’n stuk­kie mis van ’n vaal­bos­kat op. Dit lyk as­of die kat vroe­ër ’n goue mol ge­vreet het.

Haar gees­drif is aan­steek­lik. Sy skep ’n wê­reld voor my oë waar­van ek sa­lig on­be­wus was. Ge­woon­lik ry ek deur ’n woes­tyn­ge­bied en sien die dui­ne met pol­le­tjies duin­gras en

dink al­les is le­we­loos en ver­la­te. Maar van­og­gend ont­sluit Ger­trud ’n mi­kro­kos­mos.

Dis steeds vroeg­og­gend, maar die son sit al hoog. Ons rus bo-op ’n duin en skink kof­fie wat Ger­trud in haar rug­sak saam­ge­dra het.

“Dit is so vol le­we hier,” sê sy, “en nie net in die plan­te­groei nie. Die le­we be­gin reeds in die sand. Ek wil graag men­se se oë laat oop­gaan dat hul­le self sal leer wat die na­tuur hier doen in een van die droog­ste plek­ke in die wê­reld.”

Te­rug by die een­vou­di­ge plaas

huis ver­tel sy ons meer van haar groot­word­ja­re.

Sy is in 1932 in Duits­land ge­bo­re, kort voor Hit­ler aan be­wind ge­kom het. “Ek het groot­ge­word in ’n baie sleg­te tyd, ons was ’n groot ge­sin van tien kin­ders en daar was dik­wels bit­ter min kos om te eet.”

Die Twee­de Wê­reld­oor­log het af­ge­speel ter­wyl sy nog op skool was. Sy ont­hou hoe don­ker dit saans in die dorp was om­dat al­mal hul­le lig­te moes af­ge­ska­kel weens die bom­wer­pers in die lug. “Ons kon el­ke aand op­kyk na die hel­der ster­re om­dat dit pik­don­ker was. Die lug was ook toe nog nie be­soe­del nie. ’n On­der­wy­ser het ons saans na ’n park ge­neem en vir ons die ster­re ge­wys. Die he­mel­ruim was won­der­lik.”

Ger­trud het ’n on­der­wy­ser ge­word en as ’n jong vrou dik­wels ge­reis, meest­al al­leen. Op een van die rei­se het sy haar man in E­thi­o­pië ont­moet. Karl-E­rich het al te­vo­re in Na­mi­bië ge­woon en in die vyf­ti­ger­ja­re as ’n on­der­wy­ser in L­ü­de­ritz ge­werk. Hy het be­vriend ge­raak met ’n fa­mi­lie in die Tirasberg en lief ge­word vir die rooi dui­ne.

En in die ja­re ses­tig het hy te­rug­ge­keer Na­mi­bië toe en hier tus­sen die Tirasberg se dui­ne ’n swart-wit do­ku­men­tê­re film met ’n 16 mm­ka­me­ra kom skiet. Dit was die be­gin

van sy TV-loop­baan.

Ger­trud ver­tel hoe sy dank­sy haar man se pas­sie en werk self al hoe na­der aan die na­tuur be­gin leef het. “Saans aan ta­fel was dit ál waar­oor ons ge­praat het – niks praat­jies oor die bu­re of e­ni­ge ge­skin­der nie!”

Sy het Na­mi­bië die eer­ste keer ná haar af­tre­de be­soek en kort daar­na het hul­le die plaas Guns­be­wys ge­koop. Daar­die eer­ste ja­re het hul­le om­trent in die Hi­lux gelééf. “Ons het die he­le plaas hier­op ver­voer. Die bak­kie het reeds 440 000 ki­lo­me­ter ge­ry en werk nog steeds.”

Ger­trud en haar man het in die be­gin­ja­re al­ler­lei die­re­mis, plan­te en an­der ma­te­ri­aal ver­sa­mel en ’n uit­stal­ling in ’n ver­trek langs die plaas­huis ge­maak. Dit het ’n ou­wê­reld­se ge­voel, am­per soos ’n mu­seum: ver­toon­kas­te en in­lig­ting teen die mu­re oor die Tirasberg se plan­te, die­re, die woes­tyn en ge­o­lo­gie.

Ger­trud is baie om­ge­wings­be­wus. Hier is geen e­lek­tri­si­teit of eens ’n krag­op­wek­ker nie – slegs son­pa­ne­le, en sy kook met gas. Sy plant self groen­te en lei dit uit ’n boor­gat nat.

Sy wys vir my ’n Duit­se ge­dig van haar man wat sy teen ’n muur ge­verf het. “Ek het die ge­dig eers ná sy dood in een van sy dag­boe­ke ge­vind,” ver­tel sy. “Hy het tyd al­leen in die dui­ne deur­ge­bring en dit een aand ná son­on­der ge­skryf. Hy skryf oor die vry­heid wat jy hier er­vaar en hoe klein jy voel. Jy dink nie jy is e­nig­sins spe­si­aal nie. Jy is in die na­tuur en jy kan bloot dit wat rond­om jou is, be­won­der.”

En nou leef sy al ses­tien jaar op haar eie op Guns­be­wys. “Maar ek het nog al­tyd baie goed met my­self oor die weg ge­kom. Ek sit eer­der met my eie ge­sel­skap as saam met men­se met wie ek nie oor die weg kom nie. Ek was nog nooit een­saam nie.”

Sy gaan kui­er wel ge­reeld by haar seun in Duits­land, maar wil nog vir so lank moont­lik op die plaas bly. “So­lank as wat ek nog steeds ’n wiel kan om­ruil en die Hi­lux kan be­stuur, sal ek hier wil bly,” ver­se­ker sy my.

Men­se vra dik­wels vir haar hoe sy dit hier uit­hou. “Dit pla my glad nie om met baie min oor die weg te kom nie. Die be­lang­rik­ste is om te leef en hier­die he­le ge­bied is vir my ’n plek waar jy kan tuis voel. Dit is vir my lek­ker om hier in Na­mi­bië te woon. Jy vind uit jy is nie meer be­lang­rik nie en dit gaan eint­lik net oor sa­me­wer­king met die na­tuur.”

Waar sy as kind in ’n tyd van oor­log saans na die ster­re moes kyk, kan sy hier in die Tirasberg op haar ou­dag die­self­de doen, maar in vre­de. “My man het nog vir my ’n plat­form ge­bou waar­op ek snags on­der die ster­re kan slaap so­dat ek vei­lig kan wees, weg van slan­ge. Ek ken nie al die de­tail van die ster­re nie. Ek ge­niet net graag die he­mel­ruim.”

Ons groet, en toe ek en Toast met die plaas­paad­jie langs te­rug­ry D707 toe, sien ek in die tru­spie­ël­tjie hoe Ger­trud die hek toe­maak. Sy het ’n rus­tig­heid met haar­self en haar eie ge­dag­tes. Sy ver­staan haar plek in die heel­al, met ne­de­rig­heid en nuus­kie­rig­heid. En deur dít by haar te kon leer, het hier­die ga­we woes­tyn­ou­ma vir ons ’n groot guns be­wys.

* Sien bl. 90 vir Guns­be­wys se bly­plek-op­sies.

WEL­KOM IN MY WOES­TYN. Kom kui­er op Guns­be­wys, waar tan­nie Ger­trud jou leer hoe om die Namib deur heel an­der oë te sien.

Ver­toon­kas­te vol sto­ries

Die uit­sig van­af die Namib se eer­ste rooi dui­ne: Guns­be­wys se op­stal en die Tirasberg in die ver­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.