SKEDELKUS EN KAOKOVELD

Noord en suid is net sand. Wes lyk die At­lan­tie­se O­se­aan kou­er en k­waai­er as ooit en in die oos­te ver­dwyn reu­se­dui­ne oor die ho­ri­son. Die wind swiep die sand op en dreig om die vel van my kui­te af te stroop. Die Skedelkus maak stof van al­les en al­mal. Hie

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE EN FOTO’S FRANÇOIS HAASBROEK

Hier wag ’n groot a­von­tuur – kom ry saam!

Die Ku­ne­ne­ri­vier­mond is een van daai plek­ke waar jy wil vlag in­steek. Soos ’n hoë berg­spits, die uit­hoek van ’n vas­te­land of af­ge­leë ei­land is dit ’n plek wat so ver bui­te Jan Al­le­man se be­reik is, dat wan­neer jy daar kom, jy soos ’n wa­re ont­dek­ker voel – ’n mo­der­ne Mar­co Po­lo of Ma­gel­laan.

Wel, Mar­co Po­lo het nie ek­stra brand­stof­kan­ne en ’n e­we­naar­slot ge­had nie, maar selfs die nuut­ste Land Crui­ser is nooit heel­te­mal op­ge­was­se teen die 660 km tus­sen be­ska­wing en die mond nie.

Dek­ker S­mit van O­mal­ween­do Sa­fa­ris het my ge­nooi om vir se­we dae van Swakopmund af al teen die kus op te ry tot by Ku­ne­ne en dan deur die dui­ne ’n pad te soek na die Hart­manns­val­lei en die Kaokoveld en van daar af te­rug te ry tot by K­ho­wa­rib na­by Ses­fon­tein.

SKEDELKUSNASIONALE PARK

Die sui­de­li­ke deel van die re­ser­vaat tus­sen die U­ga­bhek en M­ö­we­baai is oop vir die pu­bliek. As jy ’n voor­sma­kie van die Skedelkus wil hê en nie saam met ’n toer­groep wil ry nie, kan jy hier­die deel ver­ken. Be­soe­kers be­taal ’n daag­lik­se park­ta­rief van R80 (kin­ders tus­sen 6 en 16 kom gra­tis saam) en R20 per voer­tuig per dag.

Tor­ra­baai is die e­nig­ste kamp­plek in die re­ser­vaat (R210 p.p.p.n., mak­si­mum 10 men­se per staan­plek) en is net in De­sem­ber en Ja­nu­a­rie oop. Die Ter­ra­ce­baai-oord het 20 dub­bel­ka­mers (R1 100 p.p. wat deel, aand­e­te en ont­byt in­ge­sluit). Hier is ook 2 kot­hui­se op die s­trand met on­der­skei­de­lik slaap­plek vir 6 men­se (jul­le moet ten min­ste 3 men­se wees om dit te be­spreek) en 10 men­se (mi­ni­mum 4 men­se). Dit kos R940 p.p. wat deel. Kon­tak 00 264 61 285 7200;

nwr.com.na

DAG 1 Die laas­te bui­te­pos

Twee groot ys­ter­ske­dels en ge­kruis­te doods­been­de­re ver­skyn op die ho­ri­son. Dit is die hek van die Skedelkus- na­si­o­na­le park in die droë loop van die U­ga­b­ri­vier. Dié smal be­wa­rings­ge­bied strek maar so­wat 50 km die bin­ne­land in, maar hou al die pad van hier af tot teen die grens van An­go­la aan – vir so­wat 500 km.

Ons kon­vooi van 13 voer­tuie staan tou voor die hek ter­wyl Dek­ker en sy me­de­gids, RW van Zyl, die no­di­ge pa­pier­werk af­han­del.

Be­hal­we vir twee Ma­z­das is al die an­der voer­tuie in die kon­vooi Toyo­tas. Die ry­goed kreun on­der die ge­wig van dak­ten­te, hout, kan­ne wa­ter en tot agt ek­stra kan­ne brand­stof.

My rooi dub­bel­ka­juit-I­su­zu word met ’n gek­skeer­de­ry be­groet: “Hoe groot is jou graaf?”, “Moe­nie wor­ry nie, ek het ’n tou” en “Ten min­ste is dit nie ’n Land Ro­ver nie”.

Ek weet eg­ter die bak­kie het murg in sy py­pe en lag die ou­ens se op­mer­kings af: “Wag tot ek een van jul­le moet uit­sleep!”

Tus­sen die U­ga­b­ri­vier en M­ö­we­baai is die Skedelkus nog mak. Die klip­pe­ri­ge woes­tyn­paaie is ge­skraap en e­nig­een kan ’n per­mit kry om hier te kom rond­ry. RW vorm die ag­ter­hoe­de om se­ker te maak nie­mand raak te ver ag­ter nie.

El­ke voer­tuig is van­og­gend voor ons ver­trek uit Swakopmund met ’n ra­dio toe­ge­rus. “Oom RW, oom RW, kom in. Is jul­le al uit S­wa­kop?” terg Dek­ker se kraak­stem oor die lug.

“Ja, Dek­ker. Op jul­le hak­ke,” kom die ant­woord.

Hoe­wel kin­ders wel­kom is op hier­die toere, be­staan ons groep net uit paar­tjies uit Suid-A­fri­ka en ’n paar men­se van Wind­hoek. (Die pad kan se­ker vin­nig te lank raak vir woel­wa­ters.) Die kon­vooi stop by Ter­ra­ce­baai vir kos­pak­kies by die ki­osk en ek ont­moet ’n be­nou­de Hans en So­nia Ven­ter van P­re­to­ria wat een van die Ma­z­das ry. “Dit gaan suk­kel om deur die woes­tyn te kom,” sê Hans. “Ons is half­pad met dag een en ek moes reeds al­bei my nood­wie­le ge­bruik!”

Ge­luk­kig kan Hans sy bak­kie se ban­de hier by Ter­ra­ce­baai (na­tuur­lik teen ’n ste­wi­ge prys!) laat reg­maak voor ons ver­der aan­ry M­ö­we­baai toe waar Dek­ker be­oog om ons eer­ste skof te laat ein­dig.

M­ö­we­baai is die re­ser­vaat se hoof­kwar­tier en ook die punt waar die be­ska­wing skie­lik op­hou. Van­og­gend se mak­ke­ri­ge pad van­af S­wa­kop ver­by Hen­ties, en die tal­le af­draaie na mis­ti­ge vis­vang­plek­ke soos Doep se Gat, Ho­ring­baai, Myl 110 en S­toom­py­pe voel nou soos iets uit ’n an­der leef­tyd. Vo­ren­toe lê nou net ’n wa­re wil­der­nis op ons en wag – slegs O­mal­ween­do en nog een an­der toer­o­pe­ra­teur word hier toe­ge­laat. Al­mal maak vir ou­laas hul­le bak­kie­ten­ke en brand­stof­kan­ne vol, die vol­gen­de pe­trol­pomp is 2 000 km van hier...

Ons slaan die aand so­wat 10 km noord van M­ö­we­baai ag­ter die dui­ne kamp op. Dis hier meer be­skut teen die nag se koue en mis as op die s­trand. ’n We­ste­wind ruk nog tot laat­nag aan my tent­sei­le, maar toe dit gaan lê, moet ek my ore spits om selfs die o­se­aan te kan hoor. Hier’s g’n ge­luid nie – nie eens die roe­pe van woes­tyn­die­re nie. Die kus is stil soos die dood.

DAG 2 Waar die kus sy naam kry

Die K­hoi­san het ge­glo dat God dié kus­lyn uit woe­de ge­maak het. En die Por­tu­ge­se het dit die “Hek­ke van die Hel” ge­noem. Met goeie re­de: S­trand­langs sien jy o­ral die oor­skot van ske­pe wat deur dié kus ge­poot­jie is.

En nie net ske­pe nie – ’n ent van ons kamp af lê die s­trand be­strooi met me­taal. Dit is al wat oor is van ’n Lock­heed Ven­tu­ra wat hier in die see ge­stort het. Dié vlieg­tuig het ’n rol ge­speel in die be­kend­ste red­dings­po­ging langs die Skedelkus, toe die Du­ne­din S­tar in 1942 so­wat 125 km noord hier­van­daan op die rot­se ge­loop het.

John Hen­ry Marsh het twee jaar la­ter oor die s­kip se lot ge­skryf en on­we­tend die kus her­doop toe die naam van sy boek op kaar­te be­gin ver­skyn het: S­ke­le­ton Co­ast.

Ná ’n vin­ni­ge draai deur die Sa­ru­sas­val­lei om te sien hoe die re­ser­vaat bin­ne­land toe lyk, eet ons by ’n fon­tein in die mid­del van nê­rens mid­dag­e­te en kies dan koers see toe.

By Kaap F­ria (“Koue Kaap”) ruik jy hul­le eers. Dan hóór jy hul­le, en uit­ein­de­lik sien jy dit: ’n rob­ko­lo­nie van der­dui­sen­de wat vir meer as 2 km op die s­trand lê en baai. Ek stap saam met Her­man Marx van P­re­to­ria en sy vrou, An­toi­net­te, na­der aan die ko­lo­nie toe die he­le spul op­spring en met ’n groot ge­raas die bran­ders in­strom­pel. Die lyfie van ’n ba­ba­rob bly ag­ter, sy nek on­na­tuur­lik ge­buig. Ons staan be­kom­merd na­der, maar dan gaan die o­gies oop en rek die vol­gen­de oom­blik wýd as hy die drie reu­se oor hom sien staan! Met ’n be­nou­de blaf skar­rel die rob­be­tjie haas­tig wa­ter toe – dis mak­lik om in die woes­tyn­son te lê en ver­slaap!

Ver ge­noeg van die die­re se reuk en ru­moer roep Dek­ker halt vir dag. Na­dat elk­een sy tent op­ge­slaan het, vorm ’n kamp­stoel­kring om die vuur. Tyd vir na­be­trag­ting oor ’n gla­sie wyn.

DAG 3 Die Mond

Van­og­gend is daar ’n byt in die lug en my tent se re­ën­seil is klam en kle­we­rig van die dou. Die woes­tyn raak snags koud en hoe­wel ’n mens die ge­bied heel­jaar kan be­soek, is so­mer­tyd, wan­neer die mis in die og­gen­de nie so dig is nie, die bes­te.

Ek stap ’n paar ki­lo­me­ter woes­tyn-in, maar selfs hier is dit on­moont­lik om heel­te­mal al­leen te wees: Drie jak­kal­se ag­ter­volg my die oom­blik toe ek die groep ver­laat.

Die trio bly op my hak­ke – hul­le stap wan­neer ek stap en stop wan­neer ek stop. Die jak­kal­se weet: Met ge­noeg WOESTYNLEWE (van die oor­kant­ste blad­sy, links bo na regs). Be­hal­we fon­tei­ne wat tus­sen dui­ne land-in skuil, is hier droë ri­vier­lo­pe wat soms wa­ter het, soos die Hu­a­b­ri­vier; langs die kus kamp jy tus­sen dui­ne en on­der ’n ster­re­dak, soos hier noord van M­ö­we­baai; die oor­skot van ’n Lock­heed Ven­tu­ra-vlieg­tuig wat ge­val het met die red­dings­po­ging van die Du­ne­din S­tar; wan­neer ’n mens land-in gaan, soos hier by die noor­de­li­ke punt van die Sa­ru­sas­val­lei, is die woes­tyn meer klip as sand.

ge­duld kan e­ni­ge dier wat hier rond­stap, uit­ein­de­lik ’n maal­tyd word. Ek ook.

Te­rug by die kamp pak ons op en skuif noord. Weer eens kom Dek­ker se grap­pie oor die ra­dio: “Oom RW, oom RW, kom in. Is jul­le al uit S­wa­kop?” “Ja, Dek­ker. Op jul­le hak­ke.” Die eer­ste stil­hou­plek van die dag is by die skui­lings wat die Du­ne­din S­tar-skip­breu­ke­lin­ge ge­bou het. Hier’s nog net ’n hout­ge­raam­te oor van die hut waar­in hul­le by­na ’n maand lank op red­ding ge­wag het.

Hoe na­der jy aan die Kunenerivier kom, hoe min­der klip­pe­rig word die woes­tyn en hoe gro­ter word die dui­ne aan die reg­ter­kant tot­dat ons plek-plek met twee wie­le ín die see­wa­ter moet ry!

Ewe skie­lik maak die kus­lyn ’n skerp kaap. “Da­mes en he­re,” kon­dig Dek­ker oor die ra­dio aan. “Die Kunenerivier.”

Die Ku­ne­ne is ’n ki­lo­me­ter wye strook in die land­skap wat sand in die sui­de van klip in die noor­de skei. Dit is dor en bar. Ek weet nie eint­lik wat ek te wag­te was nie, maar dís hoe dit hoort – e­ni­ge fan­fa­re sou dit net be­derf. Ons het dit ge­maak – tot by hier­die uit­hoek van Na­mi­bië, waar­skyn­lik die ver­ste een van e­ni­ge be­ska­wing af.

Ons ry 13 km te­rug op ons spo­re tot by Bos­luis­baai waar ons die aand gaan slaap. Die Hart­manns­val­lei is die vol­gen­de ba­ken op ons reis, maar ons moet eers oe­fen om die 50 km met reu­se-sand­dui­ne tus­sen hier en daar baas te raak. Daar­voor stop Dek­ker net bui­te Bos­luis­baai by ’n bie­lie van ’n duin en de­mon­streer sy-aan-sy saam met RW hoe om die steil kant van ’n duin baas te raak.

Ek pre­wel hul­le voor­skrif­te soos man­tras teen­oor my­self: Hou die voer­tuig in eer­ste rat. Hou die wie­le reg­uit. Moe­nie vet gee nie.

Soos die I­su­zu se neus die kruin van die duin na­der, klem my kneu­kels al wit­ter om die stuur­wiel. Dan sak die bak­kie se neus skie­lik skerp en vir ’n oom­blik voel dit as­of die voer­tuig gat oor kop teen die duin gaan af­foe­ter soos my ka­me­ra­sak en an­der los ba­ga­sie van die ag­ter­sit­plek af vo­ren­toe tui­mel.

Dan slaan die wie­le diep in die kruin in, en sta­dig, saam met die sand, be­gin die bak­kie teen die duin af­gly. S­joe! Ek kan weer a­sem­haal.

“Net­jies,” kraak ’n stem oor die ra­dio.

DAG 4 Dag in die dui­ne

Die goue re­ëls van duin­ry is bon­dig en een­vou­dig: Maak se­ker jou wie­le is pap ge­noeg, maak se­ker jy het ge­noeg mo­men­tum om die vol­gen­de duin se kruin te be­reik en bly in die man voor jou se spo­re.

Gis­ter­aand om die kamp­vuur het Dek­ker vir ons ver­dui­de­lik dat die tog deur dui­ne ons om­trent heel­dag gaan vat en dat jy nou al vre­de moet maak met die feit dat jy gaan vas­sit.

Hier slinger nie twee spoor­paad­jies deur die woes­tyn nie, die dui­ne skuif en die e­nig­ste ma­nier om te weet waar die sand hard en ste­wig is, is om maar te ry en kyk.

Ge­reeld kom ’n be­nou­de stem oor die ra­dio van ’n kon­vooi­lid wat nie ge­noeg vet teen ’n op­draand ge­gee het nie, of uit die spoor ge­swenk het, en nou die naas­te voer­tuig met ’n sleep­tou ont­bied.

Die rooi I­su­zu staan sy man en hoef nie een keer uit­ge­sleep te word nie.

“François se bak­kie is baie lig­ter ge­laai,” kom die eer­ste ver­sko­ning oor die ra­dio.

“Moet wees, hy ry nie ’n swaar dak­tent saam nie,” be­aam ie­mand uit ’n Hi­lux.

“Ook nie sy vrou nie.”

Ná ure se sand ry be­gin die dui­ne ein­de­lik af­plat en kort voor lank sien ons die eer­ste klos­sies gras. Dit voel as­of ek we­ke laas iets groens ge­sien het, maar dit is bit­ter­soet. Om deur hier­die dui­ne te ry is die groot­mens-weer­ga­we van saam met jou ma­ters met Din­ky Toys in ’n sand­put speel: Die son kan nooit te vroeg sak nie.

Wan­neer die sand­pad ein­de­lik weer grond raak, kyk ons uit oor die noor­de­li­ke vlak­tes van die Hart­manns­val­lei. Ons pomp ban­de en ry deur die pla­te goue gras­halms met die son wat be­gin wa­ter trek.

SKELMSTREKE (regs). Rits jou tent toe wan­neer jy nie ’n oog oor dit kan hou nie; hon­ger jak­kal­se maak hul­le draaie tus­sen die ten­te en sal nie skroom om buit te maak op e­nig­iets eet­baar (of wat vir hul­le lek­ker ruik!) nie.

HUI­SIE BY DIE SEE (on­der). Die skip­breu­ke­lin­ge van die Du­ne­din S­tar moes ’n paar we­ke wag tot­dat hul­le op­ge­pik kon word. Hul­le het vir hul­le skui­lings op die s­trand ge­bou, dié hout­ge­raam­te is al wat oor is ná 70 jaar.

NIEMANDSAND. Tus­sen die see en grond­pad is daar om­trent 50 km reu­se­dui­ne wat jou vir ’n dag lank gaan be­sig hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.