DIE KUNENERIVIER

Weg! Namibië - - INHOUD -

Toer só kamp-kamp al saam met sy wil­de wa­ters

Na­by ’n klein dor­pie op die Bié-pla­to in An­go­la vloei ’n stroom­pie. Soos wat sy­tak­ke by hom aan­sluit, word die stroom ’n ri­vier en net meer as 1 000 km ver­der mond die Kunenerivier uit in die At­lan­tie­se O­se­aan.

Die Ku­ne­ne is nog wild. Groot de­le is nie eens met ’n 4x4 be­reik­baar nie en van on­der die E­pu­pa-wa­ter­val tot by die see be­hoort die ri­vier gro­ten­deels aan kro­ko­dil­le.

Maar in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting, oos van E­pu­pa, klou klos­sies be­ska­wing aan die oe­wer vas. My plan is om hier­langs te ry en te kyk hoe­veel van die Ku­ne­ne ’n mens kan sien, waar jy kan bly en wie die men­se is wat dié on­ge­tem­de ri­vier hul­le tuis­te noem.

Van die Ku­ne­ne se sui­de­li­ke oe­wer af sal ie­mand met ’n sterk arm ’n klip tot in An­go­la kan gooi, só ’n ui­ter­ste hoek van Na­mi­bië is dit dié. En ook net ’n smal stro­kie van die ri­vier is vir be­soe­kers be­sko­re, maar dit sal van die rus­tig­ste vo­ël­ky­kers tot wil­de a­von­tuur­soe­kers be­koor. WOOR­DE EN FOTO’S FRANÇOIS HAASBROEK

DIS WOES. Jy kan na aan die E­pu­pa­wa­ter­val staan en kyk hoe die Ku­ne­ne­ri­vier af­tui­mel op pad na die At­lan­tie­se O­se­aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.