NA­MI­BIË OP SY BES­TE

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE EN FOTO SOPHIA VAN TAAK

Ge­luk by die on­ge­luk op Go­chas

Dit was laas­jaar Ju­lie, so laat­og­gend se kant, en ek was voet in die hoek met die C15-pad langs deur die Ka­la­ha­ri se rooi dui­ne op pad suid.

My wye, drie we­ke lan­ge draai deur Na­mi­bië was by­na op sy ein­de, ’n reis wat my op­nuut met ma­te­lo­se waar­de­ring ge­vul het vir hier­die ein­de­lo­se oop­tes en hoe dit jou eie bin­ne­land­skap kom ver­ruim. Maar ek moet bieg: Ek was ook al lek­ker poot­uit en so ’n klein bie­tjie nuk­ke­rig. Die moei­te wat met ’n daag­lik­se kamp op- en af­slaan ge­paard­gaan, te­sa­me met die hond­deur­me­kaar, stof­vuil Dus­ter waar­in my plak­kies al vir drie dae soek was, het my ner­we nou be­gin­ne dun skaaf.

Ek was diep ver­son­ke in hier­die Jin en Jang-ge­dag­tes toe die Dus­ter se ag­ter­ent skie­lik skerp links swaai en die a­koes­tiek van die grond­pad hier on­der my ver­an­der. Daar­sy, pap wiel.

’n Be­soek aan Na­mi­bië sal nie mooi af­ge­rond wees son­der om ’n paar ban­de om te ruil nie. Die ta­kie duur da­rem nie lank nie, maar die ge­neuk be­gin toe ek die flen­ter­band (die loop­vlak het heel­te­mal van die vel­ling af­ge­skeur en die ont­blo­te staal­gor­del se steek­ha­re blom nou in al­le rig­tings) weer in die nood­wiel se dra­rak on­der die kar in­wik­kel. Met ’n veel klei­ner deur­snit as dié van ’n styf­ge­pomp­te band, is hy nou te klein en val kort-kort deur die rak uit op die pad. Bin­ne-in die ka­juit­war­boel is daar nie plek vir die vuil vel­ling nie en toe daai al­looi­wiel vir die hoe­veel­ste keer in my tru­spie­ël­tjie bly lê, pluk ek die hand­rem op, gaan gryp die ding en slinger hom tot teen die pad se skou­er. Nou kan jy maar lek­ker hier lê en roes.

Ek trek heel op­ge­klits weer weg en vat-vat langs die rat­kie­rie na waar die sak­kie pad­kos­dro­ë­wors hang – leeg. Din­ge neem nou ’n on­ge­wens­te wen­ding. Maar wat, Koës is nie meer ver nie, nou net mooi ry om nie nog ’n band te ver­loor nie.

Wild­hei­nings, do­ring­bo­me en toe­ge­gren­del­de plaas­op­stal­le glip ver­by. En dan vang my oog iets… die bood­skap be­reik my brein eg­ter eers ’n paar ki­lo­me­ter ver­der: Daar­die voor­stoep was vol men­se en… en wát?

Ek draai om en toe ek by Vol­moed se plaas­hek in­swaai, staan die mans na­der – elk met ’n gla­sie wit­wyn in die hand. Die Boeing is sweer­lik nog nie oor nie, maar toe ons blad skud, hou ek som­mer da­de­lik van dié klomp. Dis Wel­ling­ton­ners, Lou­is le Roux en Pik­kie Ma­ree, hul­le vriend Neels Zee­man van Wol­se­ley, en hul­le vroue Lou­che, Lu­cre­sia en Ja­co­le­ne wat vir die win­ter­va­kan­sie hier op die jag­plaas kom uit­span. En wrag­gies – dít wat my oog ge­vang het, is in­der­daad ’n stoep­dak wat die jag­ters, met be­hulp van Kla­si­na Jon­kers van Go­chas, kant tot wal vol re­pe bil­tong en rol­le dro­ë­wors hang. S­pring­bok en gems­bok, ver­tel Lou­is, die bil­ton­ge moet nog vir so vyf dae wind kry.

Hul­le vra soos ’n mens in Na­mi­bië vra: Waar van­daan en waar­heen op pad? Ek ver­tel vlug­tig, noem ook ver­leë dat ek die al­looi­wiel laat lê het. Dis iets wat ’n man se­ker nooit as te nim­mer sou doen nie, want Neels ry da­de­lik om die wiel te gaan haal. Ek pro­beer vir die ge­sel­skap op die stoep ver­dui­de­lik dat daar rég­tig nie plek in die Dus­ter is nie, maar word met ’n gla­sie wyn en ’n duim­pie dro­ë­wors ge­paai – op hier­die stoep is daar nie pro­ble­me nie, slegs op­los­sings.

In­tus­sen gaan die ge­sel­li­ge wors­han­ge­ry voort, en teen die tyd dat Neels met die wiel te­rug­keer en ook som­mer die steek­ha­re met ’n ys­ter­saag by­kom, het ek se­ku­re aan­wy­sings na waar ’n man, so drie pla­se ver­der, sal raad weet om ’n nu­we (twee­de­hand­se!) band oor die vel­ling te trek.

Die Dus­ter se du­re wiel word son­der se­re­mo­nie tus­sen my kamp­goed in­ge­for­seer. En toe ons groet, word my pad­kos­dro­ë­wors aan­ge­vul en ’n paar bil­ton­ge uit die dak los­ge­haak.

Ek sal die vrien­de­li­ke men­se van Vol­moed nie gou ver­geet nie.

En Lou­is, toe daai bil­ton­ge te­rug in die Kaap eers ’n paar dae wind ge­kry het, was dit van die lek­ker­stes wat ek nog ge­proe het!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.