SWAKOPMUND

Swakopmund is vir ve­le rei­si­gers ’n blaas­kans­plek, ’n dorp met goeie Duit­se re­stau­ran­te en win­kels wat jou ná ’n paar dae se ver­toef weer reg­sien vir die vol­gen­de been van jou ak­sie­be­laai­de Na­mi­bië-va­kan­sie. Maar dié strand­dorp het ook heel­wat te be­leef –

Weg! Namibië - - INHOUD - DEUR FRANÇOIS HAASBROEK EN JERMANNEKE HAVEMANN

Hier’s jou ak­sie­be­laai­de dag­plan vir dié Duit­se kus­dorp

OG­GEND

7 vm. Bly die vo­ri­ge aand by die be­trou­ba­re Sophia Da­le Ba­se Camp so­wat 11 km bui­te Swakopmund aan die oe­wer van die S­wa­kop­ri­vier­loop. Hier is dalk nie veel gras nie (waar in die woes­tyn is daar?), maar hier is ska­du­wee en net­jie­se a­blu­sie­ge­rie­we. Drink ’n kof­fie­tjie, pak op en koop ’n paar sa­la­mi’s wat die ei­e­naars, Mi­cha­e­la en Man­fred L­ütz, self maak voor­dat jy dorp toe ry.

8.30 vm. Sit aan by Die Muschel Book & Art in die Brau­haus Ar­ka­de tus­sen Hen­drik Wit­booi- en To­bi­as Hai­ny­e­kostraat vir ’n vars­ge­bak­te rol­le­tjie met ge­rook­te salm, suur­room en pe­per­wor­tel (R50) en kof­fie (R16), of ys­kof­fie (R35) as dit reeds warm is. Die boek­win­kel se deu­re is al 32 jaar oop vir boek­wurms wat die nuut­ste boe­ke deur­blaai ter­wyl hul­le vir ont­byt wag. As jy be­plan om die res van die land in te vaar ná jou be­soek aan Swakopmund, is hier­die die plek om boe­ke oor Na­mi­bië te kry – van gid­se tot kof­fie­ta­fel­boe­ke. muschel­na­mi­bia.com; 00 264 64 402 874; Oop 8.30 vm.-5.30 nm. (Son­dag 10 vm.-1 nm. en 4 nm.-6 nm.)

10 vm. Klop aan by die Mi­nis­te­rie van om­ge­wing en toe­ris­me op die hoek van Bis­marck­straat en Sam Nu­jo­ma­laan vir ’n per­mit om die Maan­land­skap te gaan be­soek. Die per­mit kos R60 p.p. (gra­tis vir kin­ders jon­ger as 16) en nog R10 per voer­tuig. Jy kry ook ’n kaart met die pad­aan­wy­sings en be­lang­ri­ke stop­plek­ke langs dié roe­te. 00 264 64 404 576.

Oop Weeks­dae 8 vm.-1 nm. en 2 nm.-5 nm.; Na­we­ke 8 vm.-1 nm.

10.30 vm. Volg die B2 te­rug in Sophia Da­le se rig­ting en draai net voor die gholf­baan regs op die C28 en na 13,5 km links op die D1991.

’n Mens be­sef gou hoe­kom dié kaal stuk­kie wê­reld die “Maan­land­skap” heet. Van­dag is jy en jou men­se waar­skyn­lik die e­nig­ste sie­le vir ki­lo­me­ters ver, maar kan jy jou in­dink hoe dit ge­lyk het toe die film­ma­kers van Mad Max daai ko­los­sa­le woes­tyn­kar­re hier laat rond­jaag het! Langs die pad hou ’n mens kort-kort stil om by die ge­merk­te plek­ke op die kaart uit te klim. Jy sien li­g­e­ne en an­der woes­tyn­plan­te­groei, die ou Baai­weg waar­langs han­de­laars op pad ha­we toe se os­se­wa­wie­le ke­pe uit­ge­kerf het en ook die ge­roes­te oor­blyf­sels van ’n kamp waar U­nie­sol­da­te in 1915 ty­dens die Eer­ste Wê­reld­oor­log uit­ge­span het.

Ná so­wat 33 km kom jy by ’n T-aan­slui­ting – hou links en ry deur die droë S­wa­kop­ri­vier­bed­ding en an­der­kant uit op die Wel­witschia

vlak­te waar jy kan stop en dié oer­plan­te van na­der be­skou (moet net nie bin­ne die klip­rin­ge trap nie!). Draai om by ’n bie­lie van ’n wel­witschia­plant wat al vir 1 600 jaar hier in die woes­tyn groei.

12.30 nm. Ry te­rug tot by die T-aan­slui­ting en hou dié keer reg­uit aan. Wees op die uit­kyk vir die swart do­lo­riet­band wat deur die heu­wels sny en doen ook aan by die ver­la­te

Von Stryk-myn. Die ge­bied het ’n ryk ge­skie­de­nis van myn­we­se en dié ou ys­ter­myn is in die 1950’s met die hand ge­gra­we.

MID­DAG 1 nm.

Te­rug in die dorp. Die Vil­la­ge Café (Sam Nu­jo­ma­laan 21) is die soort plek waar jy e­ni­ge tyd van die dag ont­byt kan be­stel, uit blik­bor­de eet en vir kon­dens­melk in jou kof­fie mag vra. Dis die S­wa­kop­mun­ders se kui­er­plek en al­tyd ge­sel­lig. Die ka­fee se spe­sia­li­teit is die vars­ge­bak­te brood (of al­tans, Ma-se-Brood) en die toe­bie-spys­kaart is so lank soos die ta­fel. Die porsies is e­norm – die Ter­mi­na­tor 1 (’n dik sny roos­ter­brood met spek, uie, ei­er en kaas vir R75) sal jou tot van­aand hou. As jy dálk nog ’n gaat­jie het, be­stel ’n sny koek (so­wat R35) of ’n pan­ne­koek.

00 264 64 404 723; Oop Weeks­dae 7 vm.- 5 nm. en Sa­ter­dag 7 vm.-1 nm.

2.30 nm. S­joe! Ná so ’n ete moet ’n ou eers ’n bie­tjie be­ne rek. Ry af in Sam Nu­jo­ma­laan, draai links in S­trand­straat en een blok ver­der regs

Swakopmund se kaai

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.