NAMIB-WOES­TYN

Op die rand van die Namib-woes­tyn, noord van So­li­tai­re, woon ’n man, sy vrou en twee kin­ders. Ont­moet vir Boes­man Da­vids, die kaal­voet dui­ne­ken­ner wat lief is vir “niks”.

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE EN FOTO’S ERNS GRUND­LING

Tus­sen die dui­ne leef Boes­man Da­vids sy droom

Die C14-grond­pad ver­bind So­li­tai­re en Wal­vis­baai. Vir 234 km strek dié pad deur de­le van die Na­mi­bNau­kluft­park dig­by die Na­mibwoes­tyn. Ek het laas in De­sem­ber 2003 met die C14 langs ge­ry, in my des­tyd­se Nis­san 1400-bak­kie. Son­der wa­ter, son­der lug­re­ë­ling en son­der ’n kar­ra­dio. Ek was op pad Swakopmund toe om ’n Nu­we­jaars­kon­sert met Va­li­ant Swart, Ka­ren Zoid en Piet Bo­tha by te woon. Vir 234 km het ek geen an­der mens of voer­tuig ge­sien nie – net ’n paar wil­de per­de en la­ter s­pring­bok­ke en gems­bok­ke.

Van­dag is ek weer op die C14, maar slegs vir ’n kort af­stand. Dit is Ju­nie­maand, maar steeds vrekwarm. ’n Woes­tyn steur hom nie veel aan sei­soe­ne nie.

Ek en Toast Coet­zer het ’n af­spraak met Boes­man Da­vids op die plaas C­haré, 30 km noord van So­li­tai­re langs die ein­ste C14.

Nie ek of Toast het al vir Boes­man ont­moet nie. Maar een van Weg se lo­ja­le me­de­wer­kers, Jermanneke Havemann, het ons ver­se­ker: Boes­man kén die woes­tyn. En hy loop al­tyd kaal­voet. O ja, en hy het ’n Ja­pan­ne­se vrou.

Kyk, ’n kaal­voet dui­ne­ken­ner met die naam Boes­man móét tog in­te­res­sant wees.

Google is maar sui­nig met in­lig­ting. Daar is wel ’n kort vi­de­o­greep wat wys dat Boes­man al op TV was, ’n e­pi­so­de van die B­rit­se reeks New Li­ves

in the Wild. Die a­von­tu­rier en aan­bie­der Ben Fo­gle staan langs Boes­man in die woes­tyn. “I see a du­ne,” sê Ben. “I see li­fe,” sê Boes­man.

Ons ry die af­draai na Boes­man se plaas by­na mis. Hier is net ’n klein bord wat sê “Camp­si­te 2 km” op reg­ter­hand, met twee ou stap­ste­wels wat daar­aan hang. En as jy in die ver­by­ry mooi kyk, sal jy twee ba­ba­skoen­tjies ook sien.

Die pad kron­kel al hoe die­per in die leë land­skap in tot ons ’n kamp­ter­rein met a­blu­sie­ge­rie­we en Boes­man se op­stal be­reik. Be­hal­we vir ’n ko­ker­boom in die voor­tuin groei die niks hier be­son­der we­lig.

’n Dog­ter­tjie kom nuus­kie­rig aan­ge­hard­loop. Boes­man stap na­der en groet ons hart­lik. Hy is in­der­daad kaal­voet. En op 52 straal hy ’n rus­tig­heid uit wat ’n mens nie kan koop of ver­dien nie.

Die dog­ter­tjie se naam is Lai­la en sy is drie jaar oud. Boes­man se vrou, Yu­ri, kom groet ons in vlot A­fri­kaans. Op haar heup is hul­le vier maan­de oue seun­tjie, Rai­ny.

Ons klim in Boes­man se lor­rie wat in ’n wild­kyk­voer­tuig om­skep is en mik woes­tyn toe. Die land­skap maak be­hoor­lik skou­ers oop, op die we­s­te­li­ke ho­ri­son lê ’n muur van ber­ge. In die ver­te wei trop­pe s­pring­bok­ke en gems­bok­ke.

Ons stop na­by ’n rooi duin wat deels met vaal boes­man­gras be­groei is. Lai­la is in haar e­le­ment, sy wil spin­ne­kop­pies soek en by dui­ne af­rol. Boes­man praat ons eers deur die land­skap. “Ons noem dié berg­reeks die G­re­at We­stern Es­carp­ment, wat van Suid-A­fri­ka tot an­der­kant An­go­la hard­loop. Die sand­storms waai van die berg af en droog al­les uit – dis hoe­kom ons ’n woes­tyn het. Ons is nou hier op die rand waar die voor­woes­tyn en die wa­re woes­tyn ont­moet.”

En wan­neer jy met dui­ne boer, wil jy nie re­ën hê nie. “Re­ën kom maak die woes­tyn net deur­me­kaar,” sê Boes­man. “Re­ën maak die sand hard, en die tok­tok­kies en ak­ke­dis­sies het sag­te sand no­dig om te kan a­sem­haal.

“Al­les kom van die plan­te af. ’n Gems­bok kan sy he­le le­we son­der wa­ter le­we. Hy vreet plan­te in die nag en kry só sy vog in, in die dag moet hy nie e­ner­gie ge­bruik nie. In die woes­tyn moet jy in elk ge­val nie baie e­ner­gie ge­bruik as jy wil oor­leef nie. Maar dié bie­tjie vog wat van die see af kom, is ge­noeg – dis ons wa­ter.”

Boes­man is be­kom­merd oor die ge­brek aan goeie sand­storms die laas­te paar jaar. “Sand­storms bring klein stuk­kies plant­ma­te­ri­aal van die berg af, vir die klein dier­tjies. Maar dees­dae kry ons nie goeie sand­storms nie. Ons soek sand­storms om die gras saam met hul­le wor­tels weg te waai dat al­les weer sag­te sand kan word. Dit het baie met kli­maats­ver­an­de­ring te doen.”

Twee de­ka­des ge­le­de het Boes­man ’n an­der le­we ge­lei. Hy ver­tel hy was toe Gi­de­on Da­vids, ’n y­we­ri­ge ma­ke­laar in Wind­hoek met ’n groot huis en ’n blink mo­tor. En hy het skoe­ne ge­dra.

“Ek het ver­se­ke­ring ver­koop,” ver­tel hy, “en een­dag kom ek ag­ter ek sit in daar­die stad, en ek is so al­leen tus­sen al daai men­se. En ek maak ’n groot klomp geld met ver­se­ke­ring, maar ek is só arm. En toe be­sluit ek om dit al­les te los.”

Die woes­tyn het hom ge­roep. Boes­man is op Keetmanshoop ge­bo­re en het in Tsumeb skool­ge­gaan, maar sy pa het hom des­tyds van die woes­tyn ge­leer. “Hy het my ge­leer hoe dit werk, en my lief ge­maak daar­voor. Die woes­tyn is ’n plek waar ek my ge­luk vind,” sê hy.

Sy baas was eg­ter nie ge­luk­kig met sy be­dan­king nie. Boes­man ont­hou die man se am­per pro­fe­tie­se woor­de goed: “Hy het vir my ge­sê: ‘Jy is nou nes ’n Boes­man, jy los al­les wat jy het en gaan so kaal in die woes­tyn in.’ En van daar­die dag af dra ek die naam Boes­man.”

Boes­man se eer­ste woes­tyn­a­dres was on­der ’n boom in die Ses­riem­kam­peer­ter­rein. Hy het be­gin om toere na Sos­sus­vlei aan te bied en sy en­si­klo­pe­die­se ken­nis én pas­sie vir die woes­tyn het hom gou ’n ge­wil­de gids on­der toe­ris­te ge­maak. Sy a­dres was let­ter­lik: “Boes­man, Sos­sus­vlei, Na­mi­bië.” Brie­we wat na daar­die a­dres ge­pos word kom van­dag nog by hom uit.

Dit was juis waar sy en Yu­ri se

paaie ge­kruis het. “Yu­ri was ’n toe­ris en ons het in die woes­tyn ont­moet. Sy was vir twee dae hier in Sos­sus­vlei. Toe sy te­rug­gaan Ja­pan toe, het ons maar vir me­kaar aan­hou brie­we skryf, nog met die hand. En toe kom sy maar te­rug.”

Die paar­tjie het da­de­lik “saam in­ge­trek” on­der die boom by Ses­riem. “Dit was maar net so. So son­der niks nie, jy het mos niks no­dig nie. Ons het ’n trom­mel ge­had waar­in ’n slaap­sak was, en dit was dit.”

Yu­ri kan dees­dae vlot A­fri­kaans praat. Sy ver­tel sy het in die dorp Na­ga­no in Ja­pan ge­woon, wat in 1998 die O­lim­pie­se Win­ter­spe­le aan­ge­bied het. Jy kan nie van ’n plek ver­der as die woes­tyn kom as Na­ga­no nie. “Dit is ’n bié­tjie an­ders,” sê sy lag­gend. “En hier is baie min­der men­se.”

Boes­man ver­tel hy het reeds as klein kind nie van fan­cy goed ge­hou nie. “Ek wou net een­vou­dig wees en dis wat die woes­tyn vir my gee. Die woes­tyn is ’n vrien­de­li­ke plek. Hy ont­vang ou­ens wat hart­seer is, ou­ens wat sleg voel en ou­ens wat ge­luk­kig is. Groot­men­se word kin­ders in die woes­tyn. En dís lek­ker van die woes­tyn: Dis ’n prag­ti­ge plek as jy net die plek ver­staan. Ek is lief vir niks nie en dis hoe­kom ek so lief is vir die woes­tyn.”

Twaalf jaar ge­le­de het hul­le dié af­ge­leë plaas, C­haré, ge­koop. En die plaas het ook dui­ne, wat dit vir Boes­man moont­lik ge­maak het om nou toere in sy eie ag­ter­plaas aan te bied.

“Ek wou nie ’n groot bord op­sit of die plaas ad­ver­teer nie. Maar ie­wers moes ou­ens sien waar is die plaas. Toe hang ek maar twee ou skoe­ne aan ’n paal. Dis nou C­haré se ken­te­ken.” Met Lai­la se ge­boor­te het ie­mand ’n pienk ba­ba­skoen­tjie tus­sen die groot skoe­ne ge­hang. En met Rai­ny se ge­boor­te het nog ’n ba­ba­skoen­tjie by­ge­kom.

Ons gaan soek dier­tjies teen die duin. Boes­man wys vir ons die fyn­ste spoor­tjies, al die le­we op die duin wat ’n mens so mak­lik mis­kyk of kan ver­trap. “Spin­ne­kop, spin­ne­kop waar is jy... kyk, daar is ’n ak­ke­dis se spo­re!” roep hy. Lai­la be­gin op­ge­won­de gig­gel, sy weet wat kom. Met een swiep van sy hand haal Boes­man ’n wig­snoe­tak­ke­dis uit die sand. “Jy kan maar net so loop en kyk waar die spoor­tjies stop. As jy in die woes­tyn wil oor­leef, kan jy hom maar vang. Dis baie goeie kos. Maar ge­luk­kig was ek nog nooit so hon­ger nie!”

Uit­ein­de­lik kry Lai­la haar sin: Ons rol – of dalk eer­der swem! – by die dui­ne af. “Kom, Pappa! Hier­so, Pappa!” roep Lai­la en duik teen die skuins­te af. Ek was lank­laas só vol sand! Boes­man was reg: Groot­men­se word weer kin­ders in die dui­ne.

“Dis ’n voor­reg om ons kin­ders hier te kan groot­maak, weet jy. Hul­le kry hier baie meer as kin­ders op com­pu­ters. Lai­la het al so­veel keer ’n skaap sien lam. En sy kan self ’n spin­ne­kop se spoor op­tel. In die og­gend, as ons op­staan, dan groet ons ‘Mô­re boom, mô­re dui­ne, mô­re wol­ke, mô­re bos­se’. Dan loop ons rond en kyk na die die­re se spo­re. Dit is ’n heel an­der wê­reld waar­in sy le­we. Ek wil hul­le al­bei net só groot­maak, na­by aan die na­tuur. Ek wil hê hul­le moet ook lief wees vir niks.”

Hoe voel dit dees­dae wan­neer hy in Wind­hoek kom en kaal­voet ver­by sy oud­kol­le­gas en kom­pe­ti­sie met hul­le blink skoe­ne stap? “Hul­le kyk na my en dink ‘ar­me ou’ en ek kyk na hul­le en dink ‘ar­me ou’. Dis ’n lek­ker ryk le­we om so kaal­voet te loop.” “’n Mens wil am­per nie men­se soos hier­die ont­moet nie,” sê Toast la­ter vir my. “Jy wil nie in­meng met hoe hul­le le­we nie. Dís hoe on­ge­woon en spe­si­aal hul­le ma­nier van le­we is. En dit is so­veel an­ders as wat ons ge­woond is of ooit sal ken. Jy kan eint­lik net re­spek­teer dat hul­le hier op ’n be­son­der­se ma­nier le­we. Ek staan eint­lik net ver­stom.”

By Boes­man het ek nie net ge­leer hoe om te oor­leef nie, maar ook hoe om te leef. En toe hy ge­sê het “jy moet kan lief wees vir niks”... dit is woor­de wat ek saam­neem op my le­wens­pad vo­ren­toe.

Want as jy kan lief wees vir niks, dan is jy eint­lik lief vir al­les.

KIN­DERS VAN DIE VELD. Boes­man Da­vids en sy men­se het wê­reld­se din­ge ver­ruil vir ’n een­vou­di­ger be­staan waar­in die “niks” al­les is.

Die Da­vids-ge­sin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.