DUINETOER

Die Namib se dui­ne bui­te Swakopmund lyk dor en dood met nie eens ’n vet­plant­jie in sig wat la­fe­nis teen die son bied nie. Tog noem ’n paar skug­ter dier­tjies hier­die skyn­baar on­her­berg­sa­me sand­put hul­le tuis­te – jy moet net weet waar om te soek.

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE EN FOTO’S FRANÇOIS HAASBROEK

Wat­ter dier­tjies skuil al­mal on­der die dui­ne­sand? Kom kyk!

Hoe­wel Ba­tis Bi­r­ding Sa­fa­ris wyd en syd vo­ël­kyk­toe­re aan­bied, is dit in Swakopmund ge­ba­seer en neem dit be­soe­kers ook om die die­re­le­we in die dui­ne te ont­dek. Dis nog koel en mis­tig toe ek en nog ’n paar toe­ris­te een van die gid­se, Co­lin Ara­seb, ont­moet en saam met hom ’n paar ki­lo­me­ter die woes­tyn in ry.

Voor­dat Co­lin vir spo­re in die sand be­gin soek, ver­dui­de­lik hy eers pre­sies hoe die ge­o­gra­fie in die ge­bied werk en hoe ri­vie­re soos die S­wa­kop en Kui­seb by­ge­dra het tot die vor­ming van die dui­ne. Hy sleep ’n mag­neet oor die sand om te wys hoe ryk in ys­ter dit is – ek is reeds ge­boei, en ons het nog nie eens ’n en­ke­le dier­tjie ge­sien nie!

Ge­luk­kig weet Co­lin pre­sies waar­voor om op die uit­kyk te wees en bin­ne et­li­ke mi­nu­te gra­we hy ’n Namib-we­b­poot­gei­tjie (foto op dié blad) uit.

Dié groot­oog-dra­kie is by­na deur­sky­nend. Hy lui­er heel­dag on­der die sand en kom net

saans uit om in­sek­te te jag. Tog neem hy nie aan­stoot dat ons sy roe­ti­ne ont­wrig nie, en staan ’n ruk­kie dood­kalm in my ska­du­wee vir ’n paar foto’s voor­dat sy we­b­poot­jies weer vir hom ’n lê­plek on­der die sand oop­ton­nel.

Die woe­li­ge graaf­neusak­ke­dis is eg­ter nie so ’n ge­dul­di­ge mo­del nie. Co­lin moet hom vas­hou om vir ons te wys hoe hy lyk, en die oom­blik toe sy pote weer grond­vat, hard­loop hy ’n goeie 10 m weg voor­dat hy met ’n boog deur die lug duik en kop eer­ste die sand in­plons!

Ge­veer­de woes­tyn­die­re kom ook ge­reeld ken­nis maak: die namib-, rooi­ko­pen woes­tyn­le­we­rik, as­ook blou­kop­draw­wer­tjies, rooi­oor­lang­ster­tjies en Lud­wig­se poue. Die kan­se is eg­ter die groot­ste dat jy ’n woes­tynspek­vre­ter sal raak­loop. Co­lin ver­tel dat hy en die spek­vre­ters me­kaar leer help het: “Hul­le het ag­ter­ge­kom ek het meel­wurms by my om vir die ver­kleur­man­ne­tjies te voer. As ek hier aan­kom, wys hul­le vir my waar ’n ver­kleur­man­ne­tjie sit, dan kry hul­le ook ’n wurm of twee.”

Nes ons toer tot ’n ein­de kom, spoor Co­lin nog een laas­te rep­tiel op: ’n Na­mibduinad­der, of soos hy dit noem, die ho­li

day spoi­ler. Dié slang raak nie som­mer lan­ger as ’n li­ni­aal­leng­te nie en be­gra­we hom­self tot­dat net sy oë uit­steek. Maar dis juis dié ka­moe­fleer­teg­niek wat maak dat ’n mens hom mak­lik kan mis­kyk en raak­trap, en dan ’n kos­ba­re va­kan­sie­dag in die dok­terspreek­ka­mer deur­bring!* Wat­ter die­re jy gaan sien, hang af van hoe goed hul­le die be­trok­ke dag weg­kruip. Hier hou ook tal­le in­sek­te, ke­wers en selfs dik­stert­sker­pi­oe­ne wat ’n mens van na­der kan leer ken.

Waar? Jy ont­moet jou woes­tyn­gids by die De­sert Ex­plo­rers Ad­ven­tu­re Cen­t­re se par­keer­ter­rein. Dié lê op die sui­de­li­ke rand van Swakopmund, net soos jy met die B2 uit­ry in Wal­vis­baai se rig­ting. Tyd? Die toer be­gin 8 vm. en duur so­wat vyf uur. Eet- en drink­goed word ver­skaf. Kos­te R650 p.p. Kon­tak 00 264 81 639 1775; 00 264 81 733 1422; ba­tis­bi­r­dings­a­fa­ris.com

EN WAT IS JY? (van bo na on­der) Co­lin Ara­seb gra­we op soek na ’n Na­mib­we­b­poot­gei­tjie; ’n graaf­neusak­ke­dis is ’n on­wil­li­ge mo­del; ’n Namib-duinad­der ka­moe­fleer teen die sand; ’n Na­ma­kwa­ver­kleur­man­ne­tjie speel klaar met ’n meel­wurm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.