ROSH PINAH

Die af­ge­tre­de ge­o­loog Gi­se­la Hin­der se Geo Cen­ter is een van die min toe­ris­te­aan­trek­lik­he­de in die myn­dorp Rosh Pinah in die suid­wes­te van Na­mi­bië. Maak dit deel van jou reis­plan, want Gi­se­la se skat­kis van kris­tal­le en blink klip­pe het élk­een ’n sto­rie.

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE TOAST COET­ZER FOTO’S ERNS GRUND­LING

Die ge­o­loog Gi­se­la Hin­der laat klip­pe en kris­tal­le praat

Die pad Rosh Pinah toe is een van die mooi­stes in Na­mi­bië. Uit die sui­de ry jy met die C13-grond­pad al langs die Oranjerivier van Noor­doe­wer (jy kan ook by Sen­de­lings­drift van SuidA­fri­ka se kant af oor­kom), eers ver­by Aus­sen­kehr se blerts groen win­ger­de en dan deur die grow­we, klip­pe­ri­ge woes­tyn­ber­ge wat deel vorm van die |Ai|Ais-Rich­ters­veld-oor­grens­park, voor dit jou ver­der na Rosh Pinah lei.

Rosh Pinah be­te­ken “hoek­steen” in He­breeus en wan­neer jy dit uit die noor­de – van Aus af – na­der, sien jy hoe be­lang­rik dié dorp vir Na­mi­bië se myn­bou­be­dryf is: Hier­die deel van die C13 is ge­teer so­dat groot vrag­mo­tors, swaar ge­laai met lood- of sink­kon­sen­traat (in poei­er­vorm, maar soms is die sink ook in reeds ver­werk­te klon­te), mak­lik na die naas­te ha­we in L­ü­de­ritz kan ry, waar­van­daan die erts uit­ge­voer word – gro­ten­deels na C­hi­na.

Die dor aar­de en skyn­baar on­ge­naak­ba­re berg­land­skap ver­doe­sel die on­der­grond­se ryk­dom waar­op Rosh Pinah ge­bou is, maar half­se­we sog­gens en half­se­we saans weer­klink die klank van ont­plof­fen­de di­na­miet oor die dor­pie om jou te her­in­ner waar­oor als gaan.

Jy moet dié plof­klan­ke – en hit­te en af­ge­son­derd­heid – ge­woond kan raak as jy soos Gi­se­la Hin­der van Rosh Pinah jou tuis­dorp wil maak. Jy kan haar Geo Cen­ter nie mis­loop nie, want dit lê pro­mi­nent op ’n kop­pie langs die hoof­pad deur die dorp.

Gi­se­la is op ’n klein dor­pie in Duits­land ge­bo­re. Werks­ge­leent­he­de in haar tuis­land het skraps ge­lyk (sy het selfs vir ’n ruk klub­sok­ker ge­speel en was ’n knap doel­wag­ter), toe kry sy in 1990 werk by die des­tyd­se Iscor in T­ha­ba­zim­bi. Sy wou eg­ter nog al­tyd in Na­mi­bië woon en werk, en in 1999 trek sy Rosh Pinah toe.

Die dorp en sy om­ge­wing, die men­se en haar werks­plek het da­de­lik tot haar ge­spreek. “Na­mi­bië is ’n El­do­ra­do vir ge­o­loë, want hier lê die ge­o­lo­gie oop en bloot en jy kan dit soos ’n boek lees,” sê sy.

Sy het die Geo Cen­ter in 2012 ná haar af­tre­de be­gin. Dit is reg langs haar huis so­dat sy mak­lik toe­ris­te kan ont­vang (en ’n o­gie oor haar kos­ba­re klip­ver­sa­me­ling kan hou...). Vir Gi­se­la is die Geo Cen­ter ’n droom: Hier wil sy men­se – ver­al kin­ders – van die ge­o­lo­gie leer.

Op ’n toer be­ge­lei Gi­se­la jou deur die uit­stal­lo­kaal en ge­sels oor wat el­ke kas be­vat. Sy ver­dui­de­lik hoe die dorp se twee my­ne – die Rosh Pinah Zinc Cor­po­ra­ti­on in die dorp, en die S­kor­pi­on­myn so­wat 22 km ver­der noord – ver­skil.

Die S­kor­pi­on­myn se neer­slae is al in die 1970’s ont­dek, maar des­tyds het die teg­nie­ke nog nie be­staan om

dié erts te ont­gin nie – eers se­dert 2003 het die teg­no­lo­gie so­da­nig op­ge­vang dat die myn kon be­gin be­sig­heid doen.

“Die mi­ne­ra­le wat ons hier by Rosh Pinah Zinc Cor­po­ra­ti­on myn, is sink,” ver­dui­de­lik Gi­se­la en wys na ’n gry­se­ri­ge k­noets, “en ook lood, wat meer sil­we­rig is. Hier’s ’n bie­tjie ko­per ook.”

Jy kan die myn van die Geo Cen­ter af sien – die groot­ste deel daar­van lê eg­ter weg­ge­steek in die maag van die berg, wat by­na uit­ge­hol is van bin­ne.

“Die rots word eers met di­na­miet los­ge­skiet en uit­ge­haal en dan gaan dit na die bre­kers. Daar­na word die mi­ne­ra­le deur ’n flo­ta­sie­pro­ses uit­ge­haal,” ver­dui­de­lik Gi­se­la.

“Dan is daar ba­riet. In 1989 het hul­le ’n groot poc­ket daar­van hier oop­ge­maak,” ver­tel sy gees­drif­tig. “Dit was blyk­baar die mooi­ste ba­rie­te in die he­le A­fri­ka, o­ran­je en geel van kleur. Die my­ners wat dié poc­ket oop­ge­maak het, kon daar­na som­mer nu­we kar­re koop!”

Na­mi­bië is be­kend vir sy ge­o­lo­gie, en ver­sa­me­laars van kris­tal­le, klip­soor­te en mi­ne­ra­le kom hier­heen om nu­we klip­pe vir hul­le ver­toon­kas­te aan te skaf. El­ke mi­ne­raal kan on­der ver­skeie toe­stan­de op ver­s­kil­len­de ma­nie­re “groei”, en dis dié by­na ein­de­lo­se fat­soe­ne wat klip en kris­tal kan aan­neem wat die ver­sa­me­laarswaar­de daar­van laat toe­neem.

Vol­gens Gi­se­la sal par­ty ver­sa­me­laars hon­der­de dui­sen­de ran­de be­taal vir u­nie­ke klip­pe as hul­le hoor ’n nu­we soort mi­ne­raal is ie­wers in ’n myn uit­ge­gra­we.

Haar ver­sa­me­ling spog met 758 ver­skil­len­de klip­voor­beel­de van reg­oor Na­mi­bië, waar­on­der ’n paar kod­di­ge voor­beel­de: “Hier’s als van ’n stuk­kie van die Gi­be­on-me­te­o­riet tot gal­ste­ne wat uit ’n mens kom!”

“Ek het ook hi­a­liet, ’n soort flu­o­res­se­ren­de mi­ne­raal wat uit die Eron­go­berg kom. Wan­neer ek met ’n UV-flit­sie daar­op skyn, gloei dit hel­der­groen. Die ko­per­mi­ne­ra­le uit Rosh Pinah se S­kor­pi­on­myn is ook groen en blou, as­ook die skaars gyp­sum­naal­de wat uit die Rosh Pinah Zinc Cor­po­ra­ti­on se myn kom.”

Ag­ter die Geo Cen­ter loop ’n kort paad­jie na wat Gi­se­la die Ko­ker­boom­kop­pie noem. Hier­van­daan sien jy die gan­se dorp, ook hoe die klip­ber­ge Rosh Pinah dra­ma­ties om­arm (sien foto links). Gi­se­la be­duie na die tal­le groen huis­dak­ke: “Se­dert die S­kor­pi­on­myn in 2003 ak­tief ge­word het, het hier heel­wat hui­se by­ge­kom, as­ook ban­ke, ’n kli­niek en ’n kleu­ter­skool. Hier’s ook meer as ge­noeg ver­maak – die dorp het sok­ker­span­ne, ’n rug­by­span, ’n veer­pyl­tjie­klub, hen­gel­klub, ’n gholf­baan en selfs ’n O­lim­pie­se groot­te swem­bad!

“Maar dis steeds ’n klein, vei­li­ge dor­pie met baie min mis­daad,” en dis hoe­kom sy van Rosh Pinah hou.

Hier bo-op die kop­pie staan ook ’n klein mo­nu­ment wat Gi­se­la self op­ge­rig het. Die mo­nu­ment is ter ere van dr. Mi­cha­el M­cMil­lan wat in 1963 die eer­ste groot mi­ne­raal­ont­dek­kings hier ge­maak het. M­cMil­lan het ’n groot in­druk op haar ge­maak.

“Hy was ’n ge­o­loog uit die ou skool van din­ge doen. Hy het nie net in sy kan­toor by die re­ke­naar en lug­re­ë­ling ge­sit nie – hy het veld toe ge­gaan. Hy het ’n pas­sie ge­had vir ge­o­lo­gie wat jy dees­dae sel­de in men­se sien.”

Son­der M­cMil­lan sou hier­die dalk net nog ’n kol ge­wees het waar ’n s­pring­bok be­dags in die ska­du van ’n ko­ker­boom staan, en ’n strand­jut­wolf saans sy been kom lig.

Gi­se­la weet dat Rosh Pinah se be­staan van die my­ne af­hang. Maar sy wil ook deel wees van ’n Rosh Pinah án­der­kant dit, en werk daar­om om die dorp se toe­ris­me ook voor­op te stel. Dis om dié re­de dat sy, in haar eie woor­de, hier sal wil bly tot sy “in die kis spring”.

“Dis ’n na­tuur­lief­heb­ber se droom,” sê Gi­se­la, en ver­tel hoe sy graag met haar hon­de bui­te die dorp stap. On­langs het een in ’n on­der­on­sie met ’n yster­vark be­land en sy moes die 400 km Keetmanshoop toe jaag vir ’n o­pe­ra­sie by die vee­arts.

Dis nou maar wel só: Rosh Pinah lê wyd en af­ge­son­der. “Maar hier­die wê­reld het vir my van die be­gin af baie ge­gee,” sê Gi­se­la, en skreef haar oë teen die son.

Waar? In Half­mens­sin­gel, ag­ter die S­par-sen­trum GPS S27.96224 E16.75641 Tye Maan­dag tot Vry­dag 8 vm.-4 nm. (slegs per af­spraak op na­we­ke en o­pen­ba­re va­kan­sie­dae) Kos­te R20 p.p. (R10 vir kin­ders 13-16 jaar en gra­tis vir kin­ders jon­ger as 13) Kon­tak 00 264 63 274 005; gi­se­la.hin­der007@gmail.com

KLIPMENSE. Gi­se­la by die mo­nu­ment ag­ter die Geo Cen­ter wat sy self ten ere van dr. Mi­cha­el M­cMil­lan op­ge­rig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.