DIE WATERBERG

Suid-A­fri­ka­ners ken Eugè­ne Marais se Waterberg, maar Na­mi­bië het sy eie Waterberg. ’n Mens kan hom daar by O­tji­wa­ron­go rond van die B1 af uit­maak. So­ver dit ber­ge be­tref, is dié een aan die klein kant, maar hy is net mooi groot ge­noeg vir ’n na­week lank s

Weg! Namibië - - INHOUD - WOOR­DE EN FOTO’S SOPHIA VAN TAAK

Kom leer ken sy stap­roe­tes, fon­tei­ne en ver­le­de

‘In­sel­berg” het die Duit­sers dit des­tyds ge­doop – dié ber­gies (of groot kop­pies, hang af hoe jy daar­na kyk) wat soos ei­land­jies uit Na­mi­bië se an­der­sins plat land­skap rys.

Een van die gro­ter in­sel­ber­ge hier rond is die Waterberg oos van O­tji­wa­ron­go. Op Google Earth lyk dit soos iets wat uit ’n si­li­koon­vorm ge­dop is, só net­jies uit­ge­bei­tel staan die es­karp rond­om die pla­to. Die berg is nie baie hoog nie (so­wat 200 m ho­ër as die aan­gren­sen­de O­ma­he­ke- vlak­te), maar hy strek hom­self as die we­s­te­li­ke grens van die Ka­la­ha­ri oor 50 km uit en staan op sy breed­ste 16 km wyd.

Met die uit­son­de­ring van ’n paar klei­ner re­ser­va­te en gas­te­pla­se om­lig­gend tot die Waterberg, is die pla­to­rand self in twee be­wa­rings­ge­bie­de ver­deel: Na­mi­bia Wild­li­fe Re­sorts (NWR) se Wa­ter­berg­oord in die wes­te, en die aan­gren­sen­de Waterberg Wil­der­ness-na­tuur­re­ser­vaat in die oos­te. ’n Mens moet ten min­ste twee dae by elk­een tuis­gaan om die ge­bied or­dent­lik te ver­ken.

Wat kom doen ’n mens in die Waterberg?

Jy stap. Al­bei re­ser­va­te het ’n groot net­werk dag­stap­roe­tes en om­dat die Waterberg nie baie hoog is nie, is die roe­tes re­la­tief mak­lik. In die Waterberg-oord is die bes­te roe­te die Moun­tain View-een (twee uur uit en tuis) wat jou met ’n ge­mak­li­ke gra­di­ënt teen die pla­to­rand uit­lei tot waar ’n groot be­lo­ning wag: Die wê­reld om­heen is so plat soos ’n pan­ne­koek, dus het jy ’n on­be­lem­mer­de uit­sig tot aan die ein­ders.

Weens toe­ne­men­de stro­ping in die Waterberg is die meer­dag­stap­roe­te wat ’n mens vroe­ër die­per uit op die pla­to kon volg, nou ge­sluit. Maar dit maak nie veel saak nie, want dis reeds be­son­ders om net hier op die es­karp te kan staan. ’n Mens sien waar­langs die ou pla­se wat se­dert­dien by die twee re­ser­va­te in­ge­lyf is, se grens­dra­de eens was. Ook paaie wat soos spe­ke van hier on­der teen die voet van die berg af pyl­reg­uit na O­ka­ka­ra­ra en Klein-Waterberg uit­waai­er, en nog ver­der ver­by tot waar land en lug vir die blo­te oog een word.

Die voet­pad berguit loop deur ruig­tes en jy stap meest­al in die koel­te. Wees bo-op die pla­to op die uit­kyk vir spek­vet das­sies en staan op pad af ook stil by die li­g­e­ne teen die sand­steen – hier’s na­ge­noeg 140 spe­sies in die Waterberg, waar­van heel­wat en­de­mies tot die ge­bied is.

On­der langs die kran­se skar­rel ge­dier­te­tjies tus­sen die droë bla­re rond. Gras­veld­wit­jies flad­der in swerms ver­by en as jy weer van jou stap­ste­wels af op­kyk, is dit dalk net vas in die groot bruin oë van ’n… da­ma­ra-dik­dik!

In die Waterberg Wil­der­ness-na­tuur­re­ser­vaat

mag jy slegs saam met ’n gids tot bo-op die pla­to­rand stap (R140 p.p.).

Hier’s ook die op­sie van ’n spog­ge­ri­ge “wit­te­brood-ske­mer­kel­kie­stap” (R500 p.p.) wat in die na­mid­dag plaas­vind en dran­kies en ver­sna­pe­rin­ge bo-op die pla­to­rand in­sluit. Maar in die val­lei self is ’n he­le paar uit­ge­merk­te gra­tis stap­roe­tes, oor­ge­noeg om jou ’n he­le dag lank be­sig te hou.

Be­gin die og­gend by die Olpp-heu­wel­sir­kel­roe­te na­by die Pla­teau-kamp­ter­rein vir ’n ge­skie­de­nis­les. Jy staan hier so te sê óp die O­tjoson­gom­be-slag­veld waar die He­re­ro’s op 11 Au­gus­tus 1904 deur die Duit­se weer­mag oor­rom­pel is. Hier­die laas­te he­wi­ge sker­mut­se­ling het ’n ein­de ge­maak aan die se­we maan­de lan­ge He­re­ro-op­stand, en ook die be­gin van die He­re­ro-volks­moord in­ge­lui.

In Mei en Ju­nie van daar­die jaar het nie min­der nie as vyf Duit­se weer­mag­ske­pe ka­non­ne, troe­pe, per­de en an­der voor­raad in Swakopmund-ha­we kom af­laai. Die S­chut­z­trup­pe was dui­de­lik van plan om dié keer nie doe­kies om te draai nie, en hul­le ver­spie­ders het reeds die He­re­ro-stam – wat in dié tyd met hul­le vee teen die Waterberg ge­staan het – se be­we­gings van ’n ge­hei­me he­li­o­graaf­sta­sie bo-op die berg aan die be­vel­voer­ders deur­ge­gee. Die grof­ge­skud (12 ma­sjien­ge­we­re en 36 ka­non­ne) is oor maan­de van die kus af die bin­ne­land in ver­skuif en die aan­val is haar­fyn be­plan.

Langs die s­tap­roe­te van 2,2 km is in­lig­tings­bor­de wat ver­tel van die bloe­di­ge veld­slag wat ge­volg het: So­wat 1 500 Duit­se troe­pe, on­der die be­vel van lui­te­nant­ge­ne­raal Lot­har von Tro­tha, het vir Samuel Ma­ha­re­ro en sy tus­sen 3 500 en 6 000 ge­wa­pen­de man en hul­le fa­mi­lies uit vyf rig­tings aan­ge­val. Daar het 26 Duit­se man­skap­pe dié dag ge­sneu­wel en nog so­wat 600 is ge­wond. (In die Wa­ter­berg­oord is ’n mooi be­graaf­plaas waar van dié man­ne lê, saam met nog troe­pe wat in die daar­op­vol­gen­de maan­de – se­ker aan hul­le won­de – be­swyk het.)

Dis on­be­kend wat die ver­lies aan die He­re­ro-kant was, maar die aan­val het die oor­bly­wen­des wel na die oos­te op die vlug laat slaan – die O­ma­he­ke-vlak­te en aan­gren­sen­de Ka­la­ha­ri-woes­tyn.

Von Tro­tha het hul­le mee­do­ën­loos laat ag­ter­volg en selfs in Ok­to­ber af­ge­kon­dig dat al­le He­re­ro’s (vroue en kin­ders in­ge­sluit) wat in Duit­se ge­bied aan­ge­tref word, voor die voet ge­skiet moet word (’n be­vel

wat da­rem la­ter te­rug­ge­trek is). Hy het eg­ter daar­in ge­slaag om die He­re­ro-na­sie heel­te­mal te ont­heem en na ra­ming het by­kans twee der­des van die be­vol­king in die woes­tyn om­ge­kom. Samuel Ma­ha­re­ro en slegs ’n paar dui­send van sy men­se het dit tot in die vei­lig­heid van die B­rit­se Be­chu­a­na­land ge­maak.

Die Duit­sers het nie raad ge­weet met die ver­strooi­de groe­pies wat wel in Duitswes-A­fri­ka oor­ge­bly, in die veld weg­ge­kruip en pla­se ge­plun­der het nie. Ein­de ten laas­te het hul­le die hulp van die Ryn­se Sen­ding in­ge­roep. Vlug­te­lings­kam­pe is op­ge­rig (een hier­van was ook hier aan die Waterberg) waar­heen die He­re­ro’s kon te­rug­keer, mits hul­le wa­pens neer­lê en hul­le­self oor­gee.

Jo­han­nes Olpp, die sen­de­ling wat dié be­trok­ke kamp oor­sien het, se huis­fon­da­ment is nog langs dié s­tap­roe­te te sien.

Die Waterberg Wil­der­ness-na­tuur

re­ser­vaat se an­der uit­ge­merk­te roe­tes kan on­on­der­bro­ke in ’n groot sir­kel van so­wat 13 km lank ge­stap word en loop tot heel ag­ter in die val­lei waar die S­weed Karl Jo­han An­ders­son (ja, dis die ein­ste An­ders­son van Etosha-faam!) op sy ver­ken­nings­tog deur Noord-Na­mi­bië kom o­li­fan­te soek het.

Hou jou oë oop: Langs die pad kom jy ge­merk­te bo­me teë soos die huil­boom, Ka­la­ha­ri-ap­pel­blaar en wit­gat, en op die voet­pad se ver­ste punt kan jy – net soos An­ders­son des­tyds – on­der mas­sie­we na­ma­kwa­vy­bo­me by die fon­tein hurk en bak­han­de vol van die vars wa­ter sluk.

Daar­na is dit tyd vir ’n je­ne­wer­tjie by een van die re­ser­vaat se re­stau­ran­te ter­wyl jy kyk hoe die mid­dag­son sta­dig sy kwas oor die roes­rooi stand­steen­kran­se trek.

MEV. KOEDOE, WAS DIT JY? Die Waterberg staan om­soom deur lod­ges en kamp­plek­ke, daar­om hou die groot­wild meest­al bo-op die pla­to. Maar snags kom kui­er dié die­re by hul­le steenbok- en klip­sprin­ger-nig­gies on­der die berg. Gaan stap dou­voor­dag met jou oë op die grond – hul­le vi­si­te­kaart­jies lê die wê­reld vol!

AL­MAL WEL­KOM! Die Waterberg voor­sien in el­ke smaak, of jy nou ’n tent en gas­sto­fie ver­kies (links on­der, die Waterberg-oord se kamp­ter­rein), of jou jaar­lik­se bo­nus in ’n pri­va­te swem­bad­jie bo-op die pla­to­rand wil kom vier (oor­kant, die Waterberg Pla­teau Lod­ge).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.