BOGENFELS

Weg! Namibië - - INHOUD - – Erns Grund­ling

Die S­per­rge­biet se uit­skie­ter – jy móét dit sien

Die Bogenfels-rots­for­ma­sie, so­wat 120 km suid van L­ü­de­ritz, is ’n ge­o­lo­gie­se won­der. Jy be­vind jou­self diep in die S­per­rge­biet by ’n boog­rots wat 55 m hoog bo die land­skap uit­to­ring, met sy een pi­laar in die Na­mibwoes­tyn en een in die At­lan­tie­se O­se­aan.

Soms is die Bogenfels in dig­te mis ge­hul, met loei­en­de wind wat ’n mens nog meer af­ge­son­der laat voel. Maar met ’n bie­tjie ge­luk daag jy teen son­on­der op ’n wolk­lo­se dag by Bogenfels op. Stap dan tot bo-op die boog, ver­kyk jou aan die vis­tas en soek die gat in die rots waar­deur jy na die see doer on­der kan loer. Hoe kom ek daar? Jy het ’n spe­si­a­le per­mit no­dig om die Bogenfels te be­soek en Co­as­t­ways Tours L­ü­de­ritz is die e­nig­ste o­pe­ra­teur wat toere na die des­tyd­se di­a­mant­dorp Po­mo­na en die Bogenfels aan­bied. Kos­te ’n Vol­dag­toer kos R1 750 p.p. (mi­ni­mum 4 men­se per toer) en sluit ’n voer­tuig met gids, kof­fie en be­skuit­jies, wa­ter, koel­dran­ke, bier en mid­dag­e­te in. Kon­tak 00 264 63 202 002; co­as­t­ways.com.na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.