GRÜNAU

Die wyks­ba­saar op Grünau is ’n jaar­lik­se in­stel­ling wat dié klein en gas­vrye boe­re­ge­meen­skap in die sui­de van Na­mi­bië saam­snoer. Erns Grund­ling het dié ge­beur­te­nis met ’n pan­ne­koek in die hand ga­de­ge­slaan.

Weg! Namibië - - INHOUD - FOTO’S (TEN­SY AN­DERS VERMELD) TOAST COET­ZER

Ons hou kerk­ba­saar saam met dié dis­trik se men­se!

In Suid-Na­mi­bië be­te­ken Mei­maand een ding: Dis tyd vir die Gr­ü­nau­dis­trik se wyks­ba­saar. Op ’n vo­ri­ge be­soek het Kin­na de Wet van die Wit­huis-gas­te­plaas in dié dis­trik my ver­tel van hier­die jaar­lik­se sa­me­koms van boe­re in die om­ge­wing en die span­werk en ruim­har­tig­heid wat dié dag ken­merk. En na­tuur­lik die groot aan­bod vleis. Want hier­die ge­wes­te is Skaap Sen­traal, met wilds­vleis kort op sy hak­ke.

“Jong, ons spot al­tyd en sê ons is 23 men­se en 24 slag­goed by die ba­saar. Vir my is die u­niek­heid die hoe­veel­heid men­se hier én die hoe­veel­heid vleis wat eint­lik al­les s­ken­kings is,” het Kin­na ge­skerts.

Grünau is ’n piep­klein plek­kie in die sui­de van Na­mi­bië waar die groot­paaie uit Wind­hoek, Kaap­stad en U­ping­ton ont­moet. Hier is ’n vul­sta­sie, ho­tel, skool, en­ke­le hui­se en ’n Boe­re­ver­e­ni­ging-saal­tjie.

Van­dag is die ge­voel van af­wag­ting in dié saal­tjie tas­baar. En die reuk van skaap­vleis­so­sa­ties hang in die lug.

Die ta­fels kreun on­der al die pro­vi­and: ha­wer­mout­koe­kies, hert­zog­gies, gem­mer­koe­kies, kol­wyn­tjies, bro­de, boer­be­skuit en ’n ver­skei­den­heid koe­ke. Op ’n pak­kie koe­kies pryk ’n aan­ha­ling: “The hap­pi­ness of your li­fe de­pends on the qua­li­ty of your t­houg­hts.”

Die ba­saar het nog nie be­gin nie, maar En­na O­ber­hol­zer hou reeds be­sker­mend wag by die boer­be­skuit. Sy deel haar tak­tiek met my. “Jy moet reeds voor die tyd na­by die ta­fel staan. En dan moet jy net so wa­tch en wag vir die o­pe­nings­ge­bed se ‘a­men’. Dan kan jy jou din­ge­tjie hou­vas. Ek sóék daai boer­be­skuit. Dit lyk lek­ker, dit is nog kwa­li­teit se be­skuit. Ek roer nie hier nie. As ek weg­gaan, is hul­le mis­sing.”

Maar En­na het van­og­gend kom­pe­ti­sie. “Ek pas die be­skuit op,” fluis­ter Pe­tro Bergh en staan nóg ’n tree­tjie na­der. “Ek wil vir hul­le duik.”

Die klas­sie­ke en kleur­ry­ke ba­saar­poe­ding is ook reeds net­jies in bak­kies ge­skep. “Die men­se bring nog, maar as dit op is, is dit op,” sê De­d­re Swartz wat die ta­fel be­man.

Im­me van De­ven­ter van die plaas B­re­men se by­drae tot die ba­saar is tuis­ge­maak­te “blik­brood”. “Ek bak dit el­ke lie­we week, want my man eet nie win­kel­brood nie. Ons bly 120 km van die dorp af. Ek kom net een keer in ses we­ke in dorp toe vir groot shop­ping.”

Nog ’n ba­saar­guns­te­ling is die pan­ne­koek­ta­fel en ag­ter hom staan ’n he­le span tan­nies bak­ge­reed. Een van die bo­baas­bak­sters, Pe­tro van Wyk, se voor­skoot ver­klaar: Hon­ger is die bes­te kok.

In­fla­sie het klaar­blyk­lik nie die af­ge­lo­pe de­ka­de die prys van ba­saar­pan­ne­koek ge­raak nie – dit kos net R5 elk. “Ons bak so tus­sen 400 en 500 pannekoeke, dit hang maar af,” sê Pe­tro ter­wyl sy die deeg roer. “Ons hoop maar vir die bes­te. Ons het al­tyd so ’n muur van men­se hier voor ons.”

Hier is ook ’n groot ver­skei­den­heid vars groen­te en vrug­te te koop: pie­sangs, boon­tjies, ap­pels, ta­ma­ties, aar­tap­pels, pam­poe­ne, wor­tels en le­moe­ne...

“Ek het ’n he­le jaar nat­ge­lei om hier­die oes te kry,” sê Dolf de Wet lag­gend ter­wyl hy sy pam­poe­ne reg­skuif. Dolf is aan die stuur van sa­ke by die groen­te­ta­fels en sal ook la­ter die vei­ling be­har­tig.

Hier is ’n paar uit­een­lo­pen­de vei­lin­gi­tems: ’n skil­de­ry van ’n Toyo­ta Land Crui­ser, ’n waat­le­moen, ’n Mi­ni­ons­hand­doek, ’n ge­raam­de kuns­werk met die woor­de “90% van ’n boer se pro­ble­me los op in re­ën­wa­ter”, ’n kaas­koek, pak­ke wors en ’n ta­maai gems­bok­boud.

Vir die kin­ders is hier ’n tom­bo­la­ta­fel met al­ler­han­de soet- en speel­goed. ’n Draai van ’n groot wiel be­paal jou ge­luk: C­hips, Prys 1, Suig­stok­kie, Prys 2 en Jam­mer is van die moont­li­ke uit­koms­te.

By die vleis­ta­fel is ’n ge­skar­rel ty­dens die laas­te voor­be­rei­dings. “Wie’s daar by daai skaap? Ie­mand moet be­gin weeg, waar’s ons ka­me­ra­de?” vra ’n vrou. Die pot­te staan reeds vol gaar wors en so­sa­ties, pas af­ge­haal van die braai­roos­ters bui­te­kant. Hier word al se­dert 6 vm. van­og­gend érns­tig vleis ge­braai.

Bui­te by die braai­drom­me ge­sels ek met Re­an “S­to­ney” S­teen­kamp van die Vas­trap­gas­te­plaas. “Vleis bly maar die eint­li­ke ding wat men­se na die ba­saar toe roep,” sê hy. “Maar hier het jy nie een ou wat al­les doen nie. El­ke boer gee wat hy be­reid is om te gee. Dit is maar ’n ge­meen­skaps­pro­jek. En baie ou­ens is so be­sig met hul boer­de­ry of met toe­ris­me, die so­si­a­le ge­leent­he­de is reg­tig min. Die kerk­ba­saar is die plek waar ons by­me­kaar kom, ’n bie­tjie ge­sels en net kui­er. En dan gaan ons maar weer te­rug huis toe.”

Die saal­tjie be­gin vol­ler loop. Hier is nou so­wat hon­derd men­se en heel­wat be­soe­kers van el­ders. Wil­lie Ver­meu­len van die plaas Ki­rchberg is ’n ou­der­ling in die ge­meen­te. Hy staan ge­reed om die ver­rig­tin­ge met skrif­le­sing en ge­bed te o­pen. “Ons do­mi­nee is in Au­gus­tus weg. Die fi­nan­sies knyp maar... ein­de van die jaar sal ons weer ’n do­mi­nee hê,” sê hy.

Hy lees uit 1 Ko­rin­ti­ërs 12: “Ver­on­der­stel ’n mens se he­le lig­gaam sou uit ’n oog be­staan – hoe sal jy dan hoor? Of as jou he­le lig­gaam net een groot oor sou wees – hoe sou jy e­nig­iets kon ruik?”

“Ons is al­mal lid­ma­te van ’n ge­meen­te en le­de van ’n ge­meen­skap,” sê Wil­lie ty­dens sy kort bood­skap, “laat ons nie net aan die geld dink nie maar ook aan die ge­meen­skap van ge­lo­wi­ges. Ten spy­te daar­van dat ons nie ’n do­mi­nee het nie, vind ek dat daar ’n op­le­wing in ons ge­meen­te is. Ons groei gees­te­lik, dit is vir my prag­tig. En ons werk lek­ker saam, dit gaan goed met ons.”

Die dis­trik se lief en leed word ook ge­deel voor die ba­saar be­gin: “Tan­nie Ko­tie is weg en tan­nie El­da hier­die week... ons eer hul­le. Maar daar is ook vreug­de in die ge­meen­te: Li­zet­te-hul­le het ’n klein­tjie, Dolf­hul­le het ’n klein­kind ry­ker ge­word en daar by Ni­co­let­te-hul­le hoor ek iets is aan die gang. Baie ge­luk, jul­le!”

Sy ge­bed ein­dig met waar­skyn­lik die mees ver­wag­te “a­men” in ’n ra­di­us van ’n paar hon­derd ki­lo­me­ter. Die ba­saar be­gin en die koe­kieta­fel is bin­ne en­ke­le mi­nu­te leeg. Groot no­te ver­wis­sel han­de, ie­mand skryf jou waar­lik ’n tjek uit en ’n Ca­si­o­sak­re­ke­naar word in­ge­span om som­me uit te werk.

En­na en Pe­tro glim­lag breed met hul­le be­skuit, dit was toe die wag­hou langs die ta­fels werd.

Deon Gous­sard stap weg met ’n he­le R250 se koe­kies! “Dit gaan baie lank hou, dis net ek en die vrou,” sê hy in­ge­no­me.

Ek ge­sels by die pan­ne­koek­ta­fel met Marais van der Mer­we wat ’n gas­te­huis op Noor­doe­wer be­dryf. Hy pro­beer by el­ke wyks­ba­saar op die kerk­ka­len­der uit­kom.

“Dit is deel van ons mens­wees hier in die Sui­de,” sê hy. “El­ke ba­saar het iets wat dit spe­si­aal maak en al­mal moet me­kaar on­der­steun. My ma-hul­le het my met die tra­di­sie groot­ge­maak, so ek moet die tra­di­sie voort­sit en dit met my kin­ders ook doen.”

Mol­ly Joone sit by ’n ta­fel en eet haar skaap­tjop met ’n rooi Vic­to­ri­nox-knip­mes. “Hier­die knip­mes gaan o­ral saam met my,” ver­tel sy. Dit was my oor­le­de man s’n. Hy is al am­per twin­tig jaar dood en toe ek nou be­gin al­leen word, het ek dit in my hand­sak ge­sit.”

Sy bring ook haar eie jam­mer­lap­pie saam ba­saar toe. “Ek het vyf kin­ders groot­ge­maak, ek ken van voor­be­reid wees!”

Ge­sel­li­ge to­ne­le speel in die saal­tjie af: ’n Ou­pa sit met sy klein­kind op die skoot en ge­sels met ’n vriend oor die droog­te en die hoop op re­ën.

“Kan ek maar saam met jou eet?” vra ’n vrou vir haar man voor hul­le gaan sit en ’n so­sa­tie deel.

Jan­nie en He­leen de Vil­liers boer ook in die dis­trik. He­leen is ’n di­a­ken en ook die ge­meen­te se or­re­lis. “Ons is ver van al­les af, maar baie sen­traal, want ons is éwe ver van al­les af!” grap sy. “Maar ons is ook min men­se in ’n baie groot ge­bied – die kerk bring ons saam en die boe­re­ver­e­ni­ging hou ons by­me­kaar.”

Jan­nie het des­tyds op Grünau skool­ge­gaan. “Van­dat ek kan ont­hou, is die ba­saar maar hier. El­ke ou bring sy kant en doen sy bes om ’n suk­ses hier­van te maak,” sê hy. “Ons is se­ker so 20 ge­sin­ne in die om­ge­wing. Een ou gee ’n gems­bok, ’n an­der ’n koedoe… Ons het oor die 320 kg wors ge­stop. Ver­le­de jaar het ons R135 000 ge­maak, dis báie goed vir ons ge­meen­skap.”

Die laas­te ak­ti­wi­teit op die ba­saar­pro­gram is die vei­ling. Dolf de Wet is ’n er­va­re en ge­dul­di­ge af­sla­er. “Hoe­veel kry ek vir hier­die kaas­koek? Ont­hou, jy eet hom klaar en bring dan die bak te­rug!” sê hy. “Met iets an­ders in!” roep ie­mand uit die ge­hoor. Die kaas­koek haal ’n ver­stom­men­de R950.

Die vleis kom aan die beurt. Gems­bok­rug­string. “Goed men­se, hier het ons nou ’n bie­tjie rooi­goud,” sê Dolf. “Al­tyd in­te­res­sant dat die vleis vir meer gaan as die har­de werk van kuns­te­naars,” merk Dolf op.

Na af­loop van die vei­ling doen Dolf ’n paar be­dan­kings en sluit dan af met ge­bed. Die geld word ge­tel, die stoe­le weg­ge­skuif en die bak­kies maak stof op die grond­pad soos al­mal koers kies huis toe. Gou-gou is die Boe­re­ver­e­ni­ging­saal­tjie weer leeg.

Dis ’n har­de en dik­wels ge­ï­so­leer­de le­we om ’n be­staan uit te kerf op pla­se hier in die Sui­de. En daar­by teis­ter die droog­te en jak­kal­se die boe­re. Dié din­ge staan ek met ’n paar man­ne bui­te die saal en praat. “Maar ek sal baie eer­der hier wees as nié hier wees nie,” sê An­dré Lot­ter van die Goi­bib Moun­tain Lod­ge.

Hier heers ’n mens­wees en hart­lik­heid in die ge­meen­skap wat jy nie al­dag raak­loop nie en om vir ’n paar uur by die wyks­ba­saar daar­in te kon deel was ’n voor­reg. Die ge­meen­skap word saam­ge­snoer op ma­nie­re wat ons wat in die stad leef óf heel­te­mal ver­geet het óf dalk selfs nooit eens ge­ken het nie.

BASAARGANGERS (bo). Links bo staan Chris­ti­na Chris­ti­an saam met Had­ley Swart­booi (2), Daphne Swart­booi (4) en Ri­chard Chris­ti­an (6). Regs bo is El­len van der Walt en haar man, Fran­cois saam met klein A­dri­aan (6 maan­de) en Hen­ru (3). TOM­BO­LA­TA­FEL (oor­kant­ste blad). Hen­ru van der Walt kyk na die pry­se langs die wiel wat jou lot by die tom­bo­la­ta­fel be­paal.

KAS­RE­GIS­TER. Die pan­ne­koek­ta­fel le­wer ’n ste­wi­ge by­drae tot die kerk­ba­saar se guns­ti­ge ba­lans­staat. Rand en Na­mi­bie­se dol­lar is ewe wel­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.