SPITZKOPPE

Weg! Namibië - - INHOUD -

Word wak­ker op Na­mi­bië se “hei­li­ge grond”

Spitzkoppe was nie deel van my reis­plan nie, maar ek het tus­sen die sui­de en Tsumeb ’n om­pad van 555 km by­ge­las net om één og­gend in dié land­skap te kan wak­ker word.

Want Spitzkoppe is be­koor­lik. Dit grens aan die ma­gie­se. G’n won­der daar is so­veel rots­kun­spa­ne­le tus­sen hier­die berg­knoet­se nie – nie­mand kon nog ooit hier ver­by­gaan en nie aan­ge­raak voel nie.

Hier is dit al­kant mooi. Maar die Boog­rots-for­ma­sie bly my guns­te­ling. Kom sit vroeg­og­gend in sy skuil­te en kyk hoe die da­e­raad se kleu­re ge­luid­loos saam met die das­sies uit­kruip. Of laat­mid­dag – dan is die berg in die ag­ter­grond die kleur van o­ker, en die dag se hit­te sy­pel uit die klip deur jou voet­so­le. As jy een­maal hier was, wil jy al­tyd weer te­rug­keer. – Sophia van Taak

Waar? Draai 23 km wes van U­sa­kos van die B2 af noord­wes op die D1918 (die Hen­ties­baai-pad). Draai 18 km ver­der regs op die D3716 – die af­draai na Spitzkoppe is 12 km ver­der op lin­ker­hand. GPS S21.83977 E15.20162

Ge­rie­we? Die 31 staan­plek­ke lê ver uit­me­kaar en is pri­vaat, ver­skuil tus­sen die e­nor­me rots­knoet­se. Elk­een het slegs sy eie put­toi­let, maar by die ont­vangs­kan­toor is spoel­toi­let­te en stor­te (o­pe­lug, warm wa­ter) met ’n on­ver­be­ter­li­ke uit­sig op die berg. Hier’s ook ’n kui­er­la­pa, kroeg en re­stau­rant wat ont­byt, mid­dag- en aand­e­te be­dien (be­spreek voor­af ). Jy kan ook ’n braai­pak hier koop.

Kos­te Kamp: R150 p.p.p.n. (R100 vir kin­ders tus­sen 2 en 12). Dag­be­soek: R50 p.p. en R60 per voer­tuig. ’n Be­ge­lei­de uit­stap­pie na Bush­man’s Pa­ra­di­se se rots­kuns­pa­ne­le kos R50 p.p. en duur so­wat twee uur.

Kon­tak 00 264 64 464 144 (An­ja); www.spitzkoppe.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.