BLY­PLEK­KE IN DIE MID­DEL

Ske­del kus en Hen­ties­baai–Spit z kop­pe–Om a ru ru–K a rib i b–Okahandja–Swakopmund–Wa l vis baai–Namib-N au k l u f tna­si­o­na­le park–Wind­hoek–Dor d a bis–G o ba bis–K hom as Hoc h land–Re ho­bo t h–U h l en h o r st–So lit ai re–Ses­riem, Sos­sus­vlei en Nau­kl

Weg! Namibië - - INHOUD -

MID­DEL SE GRENS­POS

1 NA­MI­BIË – BOTSWA­NA Trans-Ka­la­ha­ri – Ma­mu­no 7 vm.-mid­der­nag ( 00 264 62 560 404)

HEN­TIES­BAAI EN DIE SKEDELKUS

1 St No­w­he­re Dis 110 km noord van Hen­ties­baai en ge­wild on­der vis­ser­man­ne. Kam­pe­ring kos R430 p.n. (vir ’n stan­daard­kamp­plek), R480 p.n. vir ’n see­front-staan­plek met krag of R550 p.n. vir ’n staan­plek met krag en pri­va­te a­blu­sie. (Die pry­se geld vir 5 men­se per staan­plek, R100 per ek­stra per­soon.) Die vyf bun­ga­lows wis­sel in groot­te. Elk­een het ’n toe­ge­rus­te kom­buis (breek­wa­re, ys­kas, gas­stoof en braai­plek) en en­kel­bed­dens en kos R600 p.n. (vir 4 men­se, R150 per ek­stra per­soon) of R720 p.n. in piek­sei­soen (Des.-Jan.) Die groot huis met slaap­plek vir 8 kos R1 200 p.n. (vir 4 men­se, R150 per ek­stra per­soon) of R1 440 p.n. in piek­sei­soen.

Hier is hout, ys, vleis en aas te koop en ’n re­stau­rant­jie waar­by jy voor­af e­tes kan be­spreek. En hier is vries­plek vir jou vars vangs­te – R30 per krat per dag. GPS S21.38123 E13.77015

Kon­tak 00 264 81 124 0879; 00 264 81 252 9422; st­no­w­he­[email protected]­cmo­bi­le.com.na

2 Myl 108-kamp­ter­rein Dis 90 km noord van Hen­ties – ge­wild in De­sem­ber-Ja­nu­a­rie. Kam­pe­ring kos R120 per staan­plek per nag (6 men­se) en R80 p.p.p.n. Hier’s nie e­lek­tri­si­teit nie en jy be­taal vir lo­pen­de wa­ter: R1 per li­ter en R5 per stort­beurt. Die vier cha­lets het elk slaap­plek vir 4 en kos R800 p.n. Hier’s e­lek­tri­si­teit, ’n stoof en bed­de­goed. Jy moet eg­ter jou eie kom­buis­ge­rei, hand­doe­ke en ys­kas­sie saam­bring. GPS S21.44217 E13.81971

Kon­tak 00 264 61 259 372 (Jen­ny-May)

3 Kaap Kruis-re­ser­vaat Die kamp­ter­rein is so­wat 1 km noord van die rob­ko­lo­nie. Toe­gang vir dag­be­soe­kers R60 p.p. en R10 per kar. By die kamp­plek is 5 plat­forms met ef­fen­se be­skut­ting teen die wind. Bring jou eie drink- en was­wa­ter. Geen krag. Kos­te: R100 p.p. en gra­tis vir kin­ders jon­ger as 16 jaar. GPS S21.76256 E13.96351 Kon­tak 00 264 64 694 037; 00 264 81 256 4400

4 Ca­pe Cross Lod­ge Dis 60 km noord van Hen­ties, net bui­te die Kaap Kruis-re­ser­vaat. Hier is 21 kamp­plek­ke, met be­skut­ting teen die wind. Krag­pun­te, op­was­plek en toe­gang tot ’n sit­ka­mer met ’n TV. Kamp: R110 p.p.p.n (mak­si­mum 6 men­se per staan­plek).

Die lod­ge het ’n mu­seum­pie, ge­skenk­win­kel en re­stau­rant. SAOG­bur­gers be­taal R2 156 p.n. vir ’n dub­bel­ka­mer, met aand­e­te en ont­byt. (R615 vir kin­ders 3-11 jaar.)

GPS S21.75565 E13.97126

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.