BLY­PLEK­KE IN DIE NOOR­DE

Weg! Namibië - - INHOUD -

Gemeenskapskampe – Kaokoveld en Kunenerivier – O­pu­wo – Oshakati en Ongwediva – Rundu en O­ka­van­go­ri­vier – Pu­ros – Ses­fon­tein en War­m­quel­le – Skedelkus- na­si­o­na­le park – Palm­wag – Kamanjab – Etosha – Tsumeb – O­ta­vi – Groot­fon­tein – Tsumkwe – Twyfelfontein – K­ho­rix­as en Vingerklip – O­tji­wa­ron­go en Waterberg – Brandberg en Uis – Caprivi: O­ka­van­go­ri­vier – Caprivi: Kwandorivier – Caprivi: Choberivier – Caprivi: Zambesirivier

GEMEENSKAPSKAMPE Ver­skeie kam­pe

Ver­al Kaokoveld en Damaraland het heel­wat gemeenskapskampe. Hier­die kam­pe kom en gaan soms met die sei­soe­ne. Jy kry hul­le nie mak­lik op die foon in die han­de nie, maar jy kan bloot op­daag, in­ry en aan­meld – ie­mand sal jou wel­dra kom help.

KAOKOVELD EN KUNENERIVIER

1 1 E­pu­pa E­pu­pa Falls Falls Lod­ge Lod­ge 174 km noord van O­pu­wo, op die C43. Die

lang reis deur die ge­woon­lik dor­re stuk Kaokoveld noord van O­pu­wo laat jou aan­koms by die E­pu­pa-wa­ter­val voel na ar­ri­veer in die Be­loof­de Land: Wa­ter, groe­nig­heid en... ’n lod­ge met ’n hout­dek waar jy kan sit met ’n koue Sa­van­na!

Kamp kos R125 p.p. (6 men­se per staan­plek; hier is 7 staan­plek­ke) plus R50-R100 ek­stra per sleep-/woon­wa. Vir groe­pe gro­ter as 10 men­se kos kamp R110 p.p. ter­wyl kin­ders jon­ger as 12 gra­tis kamp. Die 5 cha­lets staan op stel­te so­dat jy ’n mooi uit­sig het, en kos van­af R1 150 p.p. wat deel (met e­tes – prys styg na R1 300 p.p. in spits­sei­soen). Hul­le bied af­slag vir SAOG-bur­gers (op bed-en-ont­byt­ba­sis): doen na­vraag. Die lod­ge het ook ’n re­stau­rant. Groet die Him­bas (R750 p.p.) of gaan op ’n sons­on­der­gang­toer (R350 p.p., dran­kie en hap­pies in­ge­sluit). GPS S17.00242 E13.24450

Kon­tak 00 264 81 250 8225; e­pu­p­a­fall­slod­ge.com; koos. cu­ne­[email protected]­way.na (kamp­plek­be­spre­kings); book­[email protected]­pu­p­a­falls lod­ge.com (lod­ge­be­spre­kings)

2 O­ma­run­ga Lod­ge By die E­pu­pa-wa­ter­val langs die Kunenerivier. Kamp: R150 p.p. Lod­ge­ver­blyf: van­af R1 745 p.p. wat deel (aand­e­te en ont­byt). Kin­ders jon­ger as 9: half­prys. Re­stau­rant en swem­bad. Re­ël Him­ba­toe­re (R630 p.p.), kro­ko­dil­stap­tog­te en sons­on­der­gang­rit­te (elk R220 p.p.) van hier. GPS S17.00241 E13.24617

Kon­tak 00 264 81 620 6887; o­ma­run­ga­lod­ge.com

3 E­pu­pa Camp ’n Mooi kamp 1 km stroom­op van die E­pu­pa­wa­ter­val. Kamp (6 staan­plek­ke, elk met eie a­blu­sie): R160 p.p.; kin­ders jon­ger as 12: R80 elk. Sa­fa­ri­ten­te: R1 650 p.p. wat deel (ont­byt en aand­e­te). Kin­ders jon­ger as 12 kry af­slag. Him­ba­toer R530 p.p. en sons­on­der­gang­rit R210 p.p. Half­dag­ri­vier­roei R530 p.p. E­tes be­skik­baar. GPS S16.99964 E13.25373

Kon­tak 00 264 61 237 294 (be­spre­kings); e­pu­pa.com.na

4 Ka­pi­ka Wa­ter­fall Camp Fan­tas­tie­se uit­sig oor die ri­vier en E­pu­pa-wa­ter­val. Die lod­ge het 10 cha­lets: R2 400 per ka­mer p.n. vir 2 men­se (met ont­byt). Kin­ders jon­ger as 12 kry af­slag. Af­slag vir SuidA­fri­ka­ners en Na­mi­bi­ërs bui­te sei­soen (tot ein­de Ju­nie, doen na­vraag). Sons­on­der­gang­rit (R220 p.p., met ver­ver­sings), Him­ba­toe­re (R590 p.p.) en roei op die ri­vier (R480 p.p.), of stap saam met ’n gids langs die ri­vier (R200 p.p.). E­tes be­skik­baar. GPS S17.00278 E13.25266

Kon­tak 00 264 65 685 111 (Felix); ka­pi­ka­falls.com;

ka­pi­ka.e­pu­[email protected]

5 Ku­ne­ne Ri­ver Lod­ge Dis 50 km wes van Ru­a­ca­na. By die Ku­ne­ne Ri­ver Lod­ge kan jy vir dae lank uit­span. Dis ’n stil, af­ge­son­der­de plek. Die mees­te van die 12 kamp­plek­ke is on­der har­de­kool- en jak­kals­bes­sie­bo­me, kyk di­rek uit op die ri­vier, en het braai­plek, krag en ge­deel­de a­blu­sie. Daar is ook net­jie­se lod­ge­ka­mers en A-raam­hui­sies waar jy kan oor­nag. Die lod­ge het ’n re­stau­rant en swem­bad. Kamp kos R160 p.p. Lod­ge­ka­mers met lug­ver­sor­ging van­af R950 p.p. wat deel (met ont­byt). Die prys ver­laag na R855 p.p. wan­neer jy vir 2 of meer aan­de be­spreek. A-raam­hut­te (met dak­waai­ers): R720 p.p. wat deel (met ont­byt), maar kom af na R648 p.p. wan­neer jy meer as 2 aan­de oor­nag. (Hier­die pry­se styg in Ju­nie.) Kin­ders jon­ger as 12 kry af­slag.

Jy kan by die lod­ge gaan eet, met Him­bas kui­er (R300 p.p.), op ri­vier­vaar­te (R330 p.p.) gaan en selfs ’n vis­stok huur (R135 p.d.) om te kyk of jy ’n tier­vis kan in­ka­trol. Spe­si­a­le vo­ëluit­stap­pie: R330 p.p. Vo­ël­ky­kers sal be­hoor­lik ver­ky­ker swaai hier, met by­na 300 moont­li­ke spe­sies om te sien. Som­mi­ge is baie raar, soos die an­go­lasy­sie wat nét hier in die sub­streek voor­kom.

Be­soek die na­by­ge­leë Dors­land­mo­nu­ment by Swart­boois­drif of ry na die Ru­a­ca­na-wa­ter­val. GPS S17.35439 E13.88129

Kon­tak 00 264 61 224 712

(be­spre­kings); 00 264 65 685 016 (lod­ge); ku­ne­ne­ri­ver­lod­ge.com

6 Ma­vin­ga Lod­ge & Kamp

ter­rein Die bly­plek lê 37 km oos van Swart­boois­drif op die D3700. Ty­dens ons be­soek was hul­le be­sig om hier te bou, maar die ge­raas is ver ge­noeg van die kamp so­dat dit nie veel pla nie. Die kamp­staan­plek­ke (R100 p.p.p.n.) is teen­aan die wa­ter en net­jies met gras, ’n af­dak en braai­plek. Ka­mers van­af R650 p.p.p.n. GPS S17.43327 E14.12456

Kon­tak 00 264 81 128 6890; ma­vin­ga­lod­ge.com

7 Ku­ne­ne Is­lands-kamp Die kamp is 40 km oos van Swart­boois­drif op die D3700. Die ge­rie­we hier lyk oud, maar word goed on­der­hou. Die staan­plek­ke (R100 p.p.p.n.) kyk uit oor die ri­vier. Waar die ri­vier se oe­wer laag is, is daar draad ge­span, want die kro­ko­dil­le is hier baas. Hier is ook 2 sa­fa­ri­ten­te (R250 p.n. vir 2 men­se, bring jou eie bed­de­goed) waar die oe­wer om­trent 3 m hoog is en geen kro­ko­dil kan uit­klou­ter nie. GPS S17.42951 E14.15333 Kon­tak 00 264 81 129 3931 (De­rek); u­ni­[email protected]­way.na.

8 O­mun­jan­di Rest Camp Dis 41 km oos van Swart­boois­drif op die D3700. Die 5 staan­plek­ke is on­der die ska­du­wee van groot jak­kals­bes­sie­bo­me (die He­re­ro noem die bo­me o­mun­jan­di-bo­me – dit is waar die kamp se naam van­daan kom). Die ri­vier is te vol kro­ko­dil­le om te swem, maar hier is ’n swem­bad as jy wil af­koel. Kam­pe­ring kos R100 p.p.p.n., half­prys vir kin­ders 7-12 en gra­tis vir klein­tjies. GPS S17.42270 E14.15582

Kon­tak 00 264 81 358 5865; omun­jan­di­re­st­camp.com

9 Ru­a­ca­na Eha Lod­ge Op die dorp Ru­a­ca­na. Kamp op gras­staan­plek­ke met e­lek­tri­si­teit, ’n braai­plek en skoon a­blu­sie­ge­rie­we Kamp: R124 p.p. (maks. 4 men­se per staan­plek). Hut (2 en­kel­bed­dens): R250 p.p.; dub­bel­ka­mer: R1 100 p.n.

(met ont­byt). Kin­ders jon­ger as 12 kry af­slag. Swem­bad en re­stau­rant. GPS S17.43724 E14.35863 Kon­tak 00 264 65 271 500; www.ru­a­ca­na­eha­lod­ge.com.na

O­PU­WO 10 O­pu­wo Coun­try Lod­ge Net noord van O­pu­wo. O­pu­wo is ’n goeie dorp om jou kos­voor­raad te koop as jy die­per die Kaokoveld in kor­rel. Kamp kos R160 p.p. en el­ke staan­plek het sy eie braai­plek, krag­punt en lig. ’n Stan­daard-lod­ge­ka­mer kos van­af R916 p.p. wat deel en ’n luuk­se ka­mer R1 303 p.p. wat deel. ’n Stan­daard-en­kel­ka­mer kos R1 282 p.n. en ’n luuk­se ka­mer R1 852 p.n. Die pry­se sluit ont­byt in. Die lod­ge­swem­bad het een van die mooi­ste uit­sig­te in Na­mi­bië. GPS S18.04481 E13.83363 Kon­tak 00 264 64 418 661 (B­ri­git­te); o­pu­wol­od­ge.com

11 O­ka­ha­ne Gu­est Hou­se Dis in die dorp, langs die hoof­straat, ag­ter die S­hell-pe­trol­sta­sie. Dit kos R835 p.p. wat deel, met ont­byt. Hier’s ’n swem­bad en re­stau­rant. GPS S18.05920 E13.84051 Kon­tak 00 264 65 273 031 (Su­zan­na); o­ha­ka­[email protected]

OSHAKATI EN ONGWEDIVA 12 Oshakati Gu­est Hou­se Dis by Leo S­hoop­a­lastraat 917 (draai by die En­gen met die Wim­py uit die hoof­straat weg). Die ka­mers is net­jies in­ge­rig en het lug­re­ë­ling. Dub­bel­ka­mer: R1 150 p.n. (ont­byt in­ge­sluit). Ag­tien luuk­se een­he­de is in aan­bou. Kon­tak 00 264 65 224 659;

os­ha­ka­ti­guest­hou­[email protected]­way.na

13 C­hee­tah Back­pac­kers &

Sa­fa­ris Dis in On­gu­ti­staat 3079, Ongwediva (dié dor­pie is reg langs Oshakati op die C46). Dit kos R70 p.p. om te kamp (R100 in­dien jy nie jou eie tent het nie), en slaap­plek in die back­pac­kers kos R300 per en­kel­ka­mer en R400 vir ’n dub­bel­ka­mer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.