DIE LOT VAN DIE DU­NE­DIN S­TAR

Weg! Namibië - - 4X4 SKEDELKUS & KAOKOVELD -

Se­dert skeep­vaar­ders van ouds so ver suid ge­kom het, het ske­pe aan die Skedelkus hul­le rie­me styf­ge­loop. Een van die ver­ha­le wat uit­staan, is dié van die Du­ne­din S­tar wat om mid­der­nag op 29 No­vem­ber 1942 na­by An­gra F­ria op die rot­se ge­loop het:

Meer as die helf­te van die be­man­ning maak dit tot op land voor­dat die red­dings­boot die gees gee. Die Sir C­har­les El­li­ot-sleep­boot uit Wal­vis­baai se hulp word ont­bied en pik die o­ri­ge 32 ma­tro­se van die s­kip af op. Maar op pad te­rug Wal­vis­baai toe, loop die Sir C­har­les El­li­ot óók op die rot­se by Rocky Point (so­wat 100 km suid van die Du­ne­din S­tar).

Die skip­breu­ke­lin­ge bou skui­lings op die s­trand ter­wyl hul­le wag om deur ’n kon­vooi vrag­mo­tors uit Wind­hoek ge­red te word. Om se­ker te maak hul­le oor­leef, laat val die Suid-A­fri­kaan­se lug­mag voor­ra­de uit vier Lock­heed Ven­tu­ras.

Een van die lood­se, kap­tein Im­mins Nau­dé, be­sluit hy gaan pro­beer om van die skip­breu­ke­lin­ge op te pik en land sy vlieg­tuig net daar op die sand, maar sit toe in ’n sout­pan vas en kan nie weer op­styg nie!

Uit­ein­de­lik daag die vrag­mo­tors op en red die ge­stran­de be­man­nings­le­de ter­wyl ’n span la­ter moet te­rug­keer vir Nau­dé se vlieg­tuig. Ná vier dae se ge­spook kry hul­le dit weer in die lug, maar en­ke­le mi­nu­te ná op­sty­ging tui­mel die tuig in die see. Al­bei lood­se oor­leef.

So­wat 20 km van die vlieg­tuig­wrak af glim­mer die brons van ’n ge­denk­steen in die woes­tyn­son. Dit is hier waar Mat­thi­as Ko­ra­seb be­gra­we lê, en die steen ge­denk ook die le­we van An­gus Ma­cin­ty­re wie se lig­gaam nooit ge­vind is nie – twee be­man­nings­le­de van die Sir C­har­les El­li­ot wat nie oor­leef het nie.

Voor­dat die ge­denk­te­ken hier op­ge­rig is, was Ko­ra­seb se graf net van see­sand en klip, met ’n stuk hout bo-oor waar­op die oor­le­wen­des ge­skryf het: “M. Ko­ra­seb who died so his ship­ma­tes may li­ve.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.