AAND

Weg! Namibië - - PERFEKTE DAG SWAKOPMUND -

5 nm. Gaap! Dít was nou ’n lek­ker dag! Maar dis nog nie ver­by nie… Van­aand slaap jy by die Wind­pomp 14-kamp, so­wat 20 km noord van S­wa­kop en téén die see ge­leë. Volg die C34 (die Hen­ties­baai-pad) tot by die aan­wy­ser met die wind­pomp op lin­ker­hand.

Die plek is net­jies en ag­ter­me­kaar. So­dra jou tent staan, kan jy ’n uil­tjie knip, of s­trand­langs dren­tel. Het jy jou vis­stok saam­ge­bring? Kyk dan som­mer of ’n ka­bel­joutjie nie hier reg voor jou kamp­plek wil byt nie.

7.30 nm. Die Bar­ny­ard-re­stau­rant is hier op die per­seel. Be­stel ’n ske­mer­kel­kie by die kroeg en loer so­lank na die spys­kaart vir aand­e­te.

Hoe klink ’n Wind­pomp-bur­ger en tjips (R80), of ’n steak-en-tjips (R130)? As jy van­mid­dag by die Vil­la­ge Café net aan ’n pan­ne­koe­kie ge­knib­bel het, het die ribste­ak, ca­la­ma­ri-en-tjips (R175) nou jou naam op!

O­ka­kam­be-per­de­rit

Die Muschel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.