WEET VOOR JY WAAI

Weg! Namibië - - KOM STAP WATERBERG -

Waar? Draai 30 km suid van O­tji­wa­ron­go van die B1 af op die C22 (oos) en 41 km ver­der links op die D2512. Die NWR Waterberg-oord se hek is 17 km van dié af­draai af; die Waterberg Wil­der­ness lê nog 8 km ver­by laas­ge­noem­de.

Bly­plek? NWR SE WATERBERG-OORD

Die kamp­ter­rein is een van dié in Na­mi­bië wat my al­tyd by­bly, waar­skyn­lik om­dat ’n mens van jou tent af so ’n mooi uit­sig oor die berg se aan­een­lo­pen­de krans­kraag het. Dit kos R130 per staan­plek en ’n by­ko­men­de R160 p.p.p.n. (met ’n mak­si­mum van 8 men­se per staan­plek). Elk­een het sy eie braai­plek, krag­punt en lig. Jy kan self kies of jy in die mid­del van die ter­rein op gras en on­der dig­te bo­me wil kamp, of op ’n gro­ter sand­staan­plek op die bui­te­rand langs.

Die oord het ook dub­bel­ka­mers (van­af R590 p.p. wat deel), cha­lets met slaap­plek vir 2-4 men­se (van­af R720 p.p. wat deel) en ge­sin­cha­lets met slaap­plek vir 4 (van­af R810 p.p. wat deel) reg teen die voet van die kran­se. Ont­byt is by al die op­sies bui­ten kamp in­ge­sluit.

WATERBERG WIL­DER­NESS

Hier is twee klein kamp­ter­rei­ne – die Waterberg Pla­teau-kamp het 8 staan­plek­ke en die An­ders­son­kamp 4 (R180 p.p.p.n.; een ge­sin per staan­plek). El­ke kamp­ter­rein het ’n swem­bad­jie. Die staan­plek­ke is pri­vaat en elk­een het sy eie a­blu­sie­ge­rie­we, braai­plek en ’n af­dak­kie oor ’n ta­fel.

An­der ver­blyfop­sies Die Waterberg Val­ley Lod­ge het sa­fa­ri­ten­te met elk slaap­plek vir 2, ’n en sui­te-bad­ka­mer en ’n stoe­pie met ’n uit­sig oor die val­lei (R690 p.p. wat deel). Die Waterberg Wil­der­ness Lod­ge se 8 dub­be­len 5 ge­sins­een­he­de (van­af R1 220 p.p. wat deel) is in en rond­om die oor­spronk­li­ke Von Flo­to­w­plaas-op­stal uit­ge­lê. Dié Duit­se fa­mi­lie het van­af 1911 tot 1971 met

groen­te, si­trus en bees­te hier ge­boer. Die eks­klu­sie­we Waterberg Pla­teau Lod­ge se 8 cha­lets (R1 480 p.p. wat deel) het elk sy eie stoep en plon­spoel óp die pla­to­rand. Aand­e­te, ont­byt en kof­fie-en-koek in die na­mid­dag is in­ge­sluit by die on­der­dak-bly­plek.

Nog ge­rie­we en doen­din­ge?

NWR se Waterberg-oord het ’n groot re­stau­rant met ’n ka­rak­ter­vol­le kroe­gie langs­aan in die his­to­rie­se Rast­haus, ’n ou po­li­sie­sta­sie wat uit 1908 da­teer. Ont­byt word van 7 vm. tot 10 vm. be­dien, mid­dag­e­te van 12 nm. tot 2 nm. en aand­e­te van 7 nm. tot 9.30 nm.

Ag­ter die re­stau­rant is ’n groot swem­bad met ’n ska­dustoep daar­naas. Hier word ook in die na­mid­dag dran­kies be­dien. Die win­kel­tjie by ont­vangs se voor­raad is on­ge­luk­kig ka­rig en die vul­sta­sie het ook nie al­tyd brand­stof be­skik­baar nie.

Waterberg Wil­der­ness se drie lod­ges het elk­een sy eie re­stau­rant waar gas­te hul­le e­tes kan ge­niet.

’n Re­nos­ter­wil­drit van 2 tot 3 uur in die na­mid­dag bring jou baie na aan hier­die mooi die­re. Langs die pad sien ’n mens ook van die re­ser­vaat se an­der wild­spe­sies soos blou­wil­de­bees, gems­bok, klip­sprin­ger en ka­meel­perd (R400 p.p.).

As jy meer van die veld wil er­vaar, be­spreek dan om in die og­gend saam met ’n spoor­sny­er uit te gaan (R450 p.p.) en te sien wat­ter die­re die vo­ri­ge nag waar rond­be­weeg het. Dis ’n uit­stap­pie wat jou mak­lik tot mid­dag­e­te kan be­sig hou, maar ’n be­son­der­se ma­nier om die wild en hul­le ge­woon­tes van na­by te be­skou.

Wees o­ral op die uit­kyk vir bob­be­ja­ne. Die Waterberg se trop­pe is men­se ge­woond en baie hans, hul­le skroom nie om tan­de te wys of jou pak be­skuit te steel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.