Nóg grot­te in die om­ge­wing

Weg! Namibië - - SPELONKE VOL SKATTE TSUMEB -

Wes van O­ta­vi, in die Kar­st­veld­do­lo­miet­for­ma­sies, lê die Ui­sibgrot­te op die S­choe­mans se ge­lyk­na­mi­ge plaas.

Om by die twee toe­gank­lik­ste grot­te – die Uhlen­horst- en S­pro­kies­grot – uit te kom, vat die oud­ste S­choe­man-seun, Ky­le, jou eers ’n he­le ent veld-in (met die hon­de S­nif­fie en Be­ag­les wat voor­uit draf), voor­dat ’n mens die Land Ro­ver ag­ter­laat en vir nog so­wat ’n half­uur teen die berg­hang uit­stap.

Die toer be­gin reeds hier, met Ky­le wat boom­soor­te soos tam­bo­tie, ma­roe­la, har­de­kool en se­kel­bos uit­wys.

By die Uhlen­horst-grot aan­ge­kom, klim jy met ’n ket­ting­leer in die aar­de se keel­gat af tot in die spe­lonk vol sta­lag­mie­te waar­van die fyn ko­raal­de­tail jou dronk­slaan. O­ral rond­om jou stoel drup­for­ma­sies soos ver­steen­de blom­kool uit die grot­vloer op en bo­langs hang ’n mag­dom ge­slyp­te spie­se uit die pla­fon.

Ky­le ver­tel van die ver­ken­ner na wie dié grot ge­noem is, en ver­dui­de­lik die rots­lae en hoe hier se­ke­re tye van die jaar soms wa­ter­plas­se in die grot­te se rots­kom­me staan. En hoe­wel dit al­les baie in­druk­wek­kend is, bly dit ver bui­te be­reik van my be­grip – dit is maar net te won­der­lik om nou hier te kan rond­dwaal, to­taal ver­wy­der van wat ook al van­dag daar­bui­te in die wê­reld af­speel.

Wan­neer Ky­le vra dat elk­een sy kop­lam­pie af­ska­kel, sit ons vir ’n ruk in dood­se stil­te bin­ne-in die aar­de, om­ring deur die blind-

ste doof­heid wat ek nog ooit er­vaar het.

Bin­ne-in die S­pro­kies­grot is dit selfs nóg mooi­er. Jy klou­ter en kruip al die­per in, tot waar ’n mens op jou maag on­der­deur laag­han­gen­de stal­ag­tie­te moet seil om ver­der te gaan.

Dis die ein­de van die toer, maar nie­mand is haas­tig om bui­te in die son te kom nie. Ons wil eer­der nog vir ure deur die kor­rel­ri­ge grot­gruis soek vir mi­kro­sko­pie­se muis­been­tjies. Hier lê ’n ka­ke­been­tjie, en daar­die lyk soos ’n wer­wel… Wie was dié dap­per mui­se wat dit so diep die don­ker in ge­waag het? Langs die S­choe­mans boer die Bau­ers, en op hul­le plaas is hier ook ’n grot – een met ’n on­der­grond­se meer waar­in ’n vis­soort hou wat nê­rens an­ders in die wê­reld voor­kom nie.

Diep on­der in die Ai­ga­mas­grot roei ’n paar hon­derd blin­de gou­e­grot­kat­vis­se ( Cla­ri­as ca­ver

ni­co­la) in hul­le wa­ter­bad rond. Hul­le ken nie son­lig nie, en oor­leef van, wel, vler­muis­kut­tels, in­sek­te en klein kar­kas­se wat af en toe in die wa­ter be­land.

Jy kan dié ei­en­aar­di­ge die­re op ’n be­ge­lei­de toer van so­wat drie uur leer ken. Die Ai­ga­mas­grot is toe­gank­lik, met ’n paar trap­pies en ’n tou wat die groot­ste deel van die roe­te vir vas­hou­plek sorg.

Waar? Volg die D3028 (die Etosha-grond­pad) uit O­ta­vi vir 16,5 km en kyk uit vir ’n plaas­hek met per­de op aan die reg­ter­kant – jy’s nou by Ui­sib. Ai­ga­mas is so­wat 10 km ver­der op die­self­de pad.

GPS S19.55277 E17.21524 (Ui­sib-hek), S19.46047 E17.18539 (Ai­ga­mas-hek)

Kos­te Ui­sib: R200 p.p. vir ’n og­gend­toer van so­wat 4 uur. ’n Piek­niek (wors­brood­jies, vrug­te en koel­drank of bier) by een van die grot­te kos ’n ek­stra R150 p.p. Ai­ga­mas: R250 p.p. (R150 vir kin­ders jon­ger as 12) Kon­tak 00 264 67 234 250 of 00 264 81 223 1736 (Je­a­ni­ta S­choe­man, Ui­sib); 00 264 81 253 0947 (Axel Bau­er, Ai­ga­mas); ai­ga­mas.com

* Blaai na bl. 118-119 vir ver­blyfop­sies in die Tsumeb-Groot­fon­tein-O­ta­vi-drie­hoek.

Die S­pro­kies­grot, Ui­sib

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.