O­KA­VAN­GO­RI­VIER

Weg! Namibië - - IN ’N NEU­TE­DOP CA­PRI­VI -

Wat sien ek hier? Die O­ka­van­go (eint­lik in Na­mi­bië be­kend as die Ka­van­go) vorm vir meer as 350 km die noor­de­li­ke grens van Na­mi­bië met An­go­la voor­dat dit vir 50 km lui deur die Capri­vis­trook kron­kel op pad na Botswa­na en die O­ka­van­go­del­ta.

Net suid van die dor­pie Di­vun­du maak die ri­vier ’n bie­tjie skou­ers los by die Po­pa-wa­ter­val. Dis net ’n stroom­ver­snel­ling, maar ’n mooi plek om te sien. In­dien jy be­lang stel in weer­mag­ge­skie­de­nis, kan jy ook tus­sen die bou­val­le van die ou 32 Ba­tal­jon se Buf­fa­lo-ba­sis rond­stap – dis op die oos­te­li­ke oe­wer van die ri­vier. ’n En­tjie stroom­af is ook ’n oor­groei­de be­graaf­plaas.

Wat van die­re? Die klein Ma­han­go-wild­re­ser­vaat moe­nie vlak ge­kyk word nie. Jou kans op leeus sien, is skraal, maar o­li­fan­te, bas­ter­gems­bok­ke en rooi le­chwes baie goed. Die wild­kyk­pad na aan die ri­vier – waar jy die mees­te van die wild sien – kan by­na al­tyd met ’n 4x2 ge­ry word, maar die an­der roe­te (wat jou na die af­ge­leë T­hing­we­reng­we­re-wa­ter­gat lei) is sand­pad en slegs vir 4x4.

Die B­waB­wa­ta- na­si­o­na­le park lê aan die oos­te­li­ke oe­wer van die ri­vier. Hier het jy ’n 4x4 no­dig (sand­pad), maar kan jy als sien van swart­wit­pens tot lui­perd (as jy ge­luk­kig is). Dis nie on­ge­woon om in groot trop­pe o­li­fan­te vas te ry nie. Die ri­vier vorm hier ’n breë vloed­vlak­te, wat aan die O­ka­van­go­del­ta her­in­ner.

Hoe maak ek dit deel van my reis­plan? In­dien jy van E­tosha of Groot­fon­tein se kant af ry, maar tog ’n bie­tjie ri­vier in jou Na­mi­bi­ë­plan­ne wil in­bou, kan jy reeds by Run­du die O­ka­van­go se ple­sier­tjies (vis­vang, sonsons­on­der­gang­vaar­te) be­gin ge­niet.

Waar is die bes­te bly­plek­ke? Di­rek suid van Di­vun­du. Ons guns­te­ling is N­ge­pi Camp (sien bl. 122).

Waar kry ek brand­stof? Di­vun­du

Rooi­bok­ke in die Ma­han­go-wild­re­ser­vaat Di­vun­du

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.