KWANDORIVIER

Weg! Namibië - - IN ’N NEUTEDOP CAPRIVI -

Wat sien ek hier? Die K­wan­do loop deur die mid­del van die Caprivi-strook en hoe­wel dit ’n klei­ner ri­vier as die O­ka­van­go is (hier’s soms skaars plek vir jou boot om op ’n sons­on­der­gang­vaart by ’n nuk­ke­ri­ge see­koei ver­by te kom!), het dit ’n ka­rak­ter van sy eie.

Be­soek Hor­ses­hoe Bend (’n breë ri­vier­kron­kel aan die we­s­te­li­ke oe­wer en ge­wil­de suip­plek vir wild) en stop op pad soon­toe by wat oor is van Fort Dop­pies, ’n ou recce-ba­sis. Dit is sand­pad, en 4x4­wê­reld. In die dor­pie Kon­go­la (dis hier wat jy van die B8 af­draai op die C49 waar­langs die mees­te van die lod­ges lê) is twee goeie aan­den­king­win­kel­tjies reg langs me­kaar: die Kon­go­la-hand­vlyt­sen­trum en die Mashi Crafts Tra­ding Post.

Wat van die­re?

Die we­s­te­li­ke oe­wer is deel van die B­waB­wa­ta­na­si­o­na­le park – dalk kom jy by Hor­ses­hoe Bend aan nes ’n trop o­li­fan­te kom drink. En die ge­bied rond­om die Nambwa-ge­meen­skaps­kamp is een van die bes­te vo­ël­kyk­plek­ke in die land.

Oos van die ri­vier lê die Mu­du­mu- en N­ka­sa Ru­pa­ra- na­si­o­na­le park waar wild­kyk­ge­leent­he­de ook guns­tig is. Maak se­ker jy gaan draai by Mu­du­mu se see­koei­poel. N­ka­sa Ru­pa­ra se toe­gangs­pad is dees­dae be­ter, maar al­bei is af­ge­son­der­de, stil re­ser­va­te waar ’n leeu jou nog kan wak­ker brul.

Hier­die twee par­ke is slegs ge­skik vir 4x4 (be­hal­we as jy net op die C49-teer­pad deur­ry, waar jy wel ook wild kan sien).

Hoe maak ek dit deel van my reis­plan?

K­wan­do is vir Capri­vi­fyn­proe­wers. In­dien jy die Caprivi by­voor­beeld van wes na oos deur­ry, dan is die Kwandorivier jou lo­gie­se half­weg­punt waar jy mak­lik drie dae kan ver­wyl.

Ont­hou dat die Caprivi die per­fek­te pasmaat is vir ’n be­soek aan die noor­de van Botswa­na: Doen eers die O­ka­vang­o­pyp­steel in Botswa­na, ry dan Na­mi­bië in by die Mo­hem­bo-grens­pos, be­soek die O­ka­van­go­ri­vier in Caprivi, daar­na die K­wan­do en ein­dig met die Zam­be­si- en Choberivier.

Jy gaan va­kan­sie hou dat jy hik!

Waar is die bes­te bly­plek­ke?

Die toe­gank­lik­ste plek­ke wat kam­pe én lod­ge-ver­blyf bied, is Camp K­wan­do (bl. 124) en die Na­mus­hasha Ri­ver Lod­ge (bl. 124). Ons hou ook van die Ma­lyo Wil­der­ness Camp (bl. 124).

Waar kry ek brand­stof? Kon­go­la

RY REG­UIT SOON­TOE

Hor­ses­hoe Bend GPS S17.90088 E23.28806 Fort Dop­pies GPS S17.81989 E23.31537 See­koei­poel GPS S18.18058 E23.45247 Kon­go­la-hand­vlyt­sen­trum en Mashi Crafts Tra­ding Post GPS S17.82288 E23.39740

Camp K­wan­do

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.