CHOBERIVIER

Weg! Namibië - - IN ’N NEUTEDOP CAPRIVI -

Wat sien ek hier?

Die Caprivi se ri­vie­re kan in­ge­wik­keld raak. Die Kwandorivier ver­an­der in ’n sta­di­um (waar dit aan Botswa­na grens) in die Liny­an­ti­ri­vier, en dié word la­ter weer die Choberivier. Hoe­wel die C­ho­be op sy bes­te van Botswa­na se kant (met Ka­sa­ne as jou ba­sis) ge­niet kan word, is daar wel een lod­ge – Camp C­ho­be (bl. 124) – aan Na­mi­bië se kant.

In­dien jy tyd het, doen moei­te en ry wes­waarts na die Li­am­be­zi­meer – dis dees­dae droog, maar steeds mooi om te sien.

Wat van die­re?

Jy is nie in ’n na­si­o­na­le park nie, maar die vloed­vlak­te is wyd en wild soos o­li­fan­te stap ge­du­rig oor van Botswa­na se C­ho­be- na­si­o­na­le park.

Hoe maak ek dit deel van my reis­plan?

Oor­nag hier op pad Zam­bië toe, of las ’n dag by om die Choberivier te sien in­dien jy dalk reeds drie dae of wat langs Na­mi­bië se stuk Zambesirivier ver­wyl het. Camp C­ho­be is dig­by die N­go­ma-grens­pos.

Waar kry ek brand­stof? Ka­ti­ma Mu­li­lo of Ka­sa­ne (Botswa­na)

RY REG­UIT SOON­TOE

Li­am­be­zi­meer GPS S17.88417 E24.39611 Camp C­ho­be GPS S17.89806 E24.72809

Die C­ho­be-vloed­vlak­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.