ZAMBESIRIVIER

Weg! Namibië - - IN ’N NEUTEDOP CAPRIVI -

Wat sien ek hier?

Die Zambesirivier vorm vir rof­weg 140 km die grens tus­sen Na­mi­bië en Zam­bië. Dit is een van A­fri­ka se groot ri­vie­re, en som­mer in Ka­ti­ma Mu­li­lo al kan jy te­rug­sit met ’n koel­drank by die Pro­tea Ho­tel Zam­be­zi Ri­ver Lod­ge in­dien jy haas­tig is en net vir ’n half­uur die (by­na 500 m breë!) ri­vier wil be­kyk.

In die dorp is Tut­wa Cof­fee S­hop die per­fek­te stop vir a­sem­skep en toe­ris­me-in­lig­ting kry.

Die lod­ges en kamp­ter­rei­ne stroom­af van Ka­ti­ma is puik tier­vis­vang- en vo­ël­kyk­plek­ke. By Ka­li­zo Lod­ge kan jy die hel­der­pienk rooi­bors­by­vre­ters af­neem, ver­al in Ok­to­ber en No­vem­ber.

Wat van die­re?

Be­hal­we vir kro­ko­dil­le en see­koeie in die ri­vier sien jy nie eint­lik groot­wild hier nie om­dat die ge­bied bui­te park­gren­se lê. Die vo­ël­le­we is eg­ter van die bes­te in Sui­der-A­fri­ka. Erns­ti­ge vo­ël­ky­kers moet by Caprivi Hou­se­bo­at Sa­fa­ri Lod­ge in­klok en met die ei­e­naar, Curt-In­go Sa­gell, ge­sels – dis ’n hou­plek van die skaars visuil.

Hoe maak ek dit deel van my reis­plan?

In­dien jy die Caprivi van wes na oos (of an­ders­om) deur­ry, sal jy in elk ge­val by Ka­ti­ma Mu­li­lo ver­by­kom. Jy kan ook hier aan­doen in­dien jy op pad is Zam­bië toe – die We­ne­la-grens­pos by Ka­ti­ma is by­voor­beeld rus­ti­ger as Ka­zun­gu­la s’n. In­dien jy rond­om Ka­sa­ne in Botswa­na va­kan­sie hou, kan jy ook net vir ’n dag of twee deur­ry – dis na­by.

Waar is die bes­te bly­plek­ke?

Sien bl. 124-125 vir jou op­sies – by­na al­mal bied vis­vang en sons­on­der­gang­vaar­te. Maak se­ker jy kom op die ri­vier!

Waar kry ek brand­stof? Ka­ti­ma Mu­li­lo

RY REG­UIT SOON­TOE

Pro­tea Ho­tel Zam­be­zi Ri­ver Lod­ge GPS S17.48675 E24.28623 Tut­wa Cof­fee S­hop GPS S17.49939 E24.26919 Ka­li­zo Lod­ge GPS S17.54036 E24.56663 Caprivi Hou­se­bo­at Sa­fa­ri Lod­ge GPS S17.49515 E24.32406

Pro­tea Ho­tel Zam­be­zi Ri­ver Lod­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.