’n Nat ein­de tot ’n era

Weg! Namibië - - SPELONKE VOL SKATTE TSUMEB -

Wan­neer jy B1 langs van Tsumeb na Etosha se Von Lin­de­quist-hek ry, is die af­draai an die O­tji­ko­to­meer so on­op­val­lend dat min men­se hul­le daar­aan steur. Maar ’n be­te­ke­nis­vol­le hoof­stuk in die ge­skie­de­nis van Na­mi­bië het pre­sies hiér af­ge­speel en sou uit­ein­de­lik die na­ge­noeg 30 jaar van Duit­se heer­skap­py in Suid­wes-A­fri­ka tot ’n end ge­bring.

Aan die be­gin van die Eer­ste Wê­reld­oor­log het genls. S­muts en Bo­tha met Suid-A­fri­kaan­se troe­pe by Swakopmund ge­land, die bin­ne­land via vier af­son­der­li­ke veld­tog­te bin­ne­ge­dring en daar­in ge­slaag om die S­chut­z­trup­pe in die noor­de van die ge­bied vas te keer en van die kus­lyn af te sny.

Op 1 Ju­lie 1915 het die SuidA­fri­kaan­se weer­mag die Duit­sers die fi­na­le nek­slag in hier­die om­ge­wing toe­ge­dien, en agt dae la­ter het genl. Lou­is Bo­tha, maj. Vic­tor Fran­ke en nog ’n paar se­ni­or of­fi­sie­re die K­ho­rab- vre­des­oor­een­koms on­der­te­ken. (Daar is ’n mo­nu­ment­jie wat dié dag her­denk by die 500 km­mer­ker langs die spoor­lyn, ’n klip­gooi bui­te O­ta­vi.)

Maar die Duit­sers het nie som­mer net lam­sak­kig oor­ge­gee nie. Nee, hul­le het eers so veel as moont­lik van die kei­ser se ka­non­ne oor die rand van die O­tji­ko­to­meer noord­wes van Tsumeb gaan stoot so­dat die Suid-A­fri­ka­ners dit nie in die han­de kon kry nie!

In die vroeë 1980’s het dui­kers van die am­mu­ni­sie na die op­per­vlak ge­bring. Dit moes man­ne met ha­re op hul­le tan­de wees – die O­tji­ko­to­meer is ge­mid­deld 60 m diep en ver­bind met ’n on­der­grond­se grot­stel­sel wat op plek­ke na ra­ming selfs 145 m diep kan wees! Gaan maak ’n draai (toe­gang is R30 p.p.) en sit op die rand van die meer nou­dat jy weet (of dalk juis nie weet nie!) wat in sy bo­dem­lo­se don­ker­tes aan­gaan. Volg die B1 noord uit Tsumeb in Os­hi­velo se rig­ting – die af­draai na die meer is so­wat 20 km se ry ( GPS S19.19443 E17.55076).

Die her­won­ne ka­non­ne en ma­sjien­ge­we­re is mooi blink­ge­poets en word dees­dae in die Tsumeb-mu­seum uit­ge­stal. Daar lê eg­ter nog ’n stuk of 19 ka­non­ne in die meer, en vol­gens oor­le­we­ring ook ’n kluis waar­van nie­mand die in­houd ken nie.

Die mu­seum huis­ves ook an­der Duit­se en U­nie-weer­ma­gen krygs­ge­van­ge­ne-aan­den­kings, et­no­lo­gie­se uit­stal­lings van die ver­skeie be­vol­kings­groe­pe wat Na­mi­bië be­woon, so­wel as ver­toon­kas­te vol boei­en­de kris­tal­le (uit die De Wet-skag ont­gin) wat jou meer oor die om­ge­wing se ryk myn­we­se ver­tel.

’n Mens kom hier ook meer te we­te oor die spoor­lyn wat van 1903 tot 1906 al die pad van Swakopmund tot hier ge­bou is en die vroeë dae van Tsumeb se dorps­ont­wik­ke­ling.

Waar? P­re­si­dent­laan – wees op die uit­kyk vir die stoom­lo­ko­mo­tief in die voor­tuin. Tye? Ma. tot Vr.: 9 vm.-12 nm. en 2 nm.-5 nm.; Sa.: 9 vm.-12 nm. Kos­te R30 p.p. (R5 p.p. vir kin­ders tus­sen 6 en 13) Kon­tak 00 264 67 220 425; t­su­mus@i­wai.na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.