’n Bie­lie van ’n boom

Weg! Namibië - - SPELONKE VOL SKATTE TSUMEB -

Die noor­de van Na­mi­bië is be­kend vir sy groot kre­me­tar­te en ver­al die bo­me by T­san­di en Ou­ta­pi (al­bei wes van Oshakati) lok heel­wat be­soe­kers.

Van hier­die een ’n ent noord van Groot­fon­tein het jy waar­skyn­lik nog nooit ge­hoor nie, maar dit was ’n paar de­ka­des ge­le­de die groot­ste een waar­van die re­ge­ring ken­nis ge­dra het – van­daar die ver­kla­ring tot na­si­o­na­le mo­nu­ment in 1951.

Hier’s nie ’n ont­vangs­be­amp­te nie, maar wel ’n par­keer­plek en ’n bek­sla­ner van ’n hek­­kie wat toe­sig hou! Dit kos al­bei arms en góéd vas­trap om hom oop te beur.

Van die hek­kie af is dit nog so­wat 700 m se stap veld-in tot by die boom. Waar­deer die stil­te in die teen­woor­dig­heid van dié groot gry­se.

Waar? Volg die B3 uit Groot­fon­tein in Rundu se rig­ting en draai na 4 km links af op die M73. So­wat 8 km ver­der draai jy regs op die D2848 en hou dan 39 km aan tot by ’n vurk – hou links aan op die D2855. Ná 33 km sal jy ’n aan­wy­ser op reg­ter­hand sien.

GPS S18.88513 E18.32113

Groot­fon­tein se gróót kre­me­tart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.