GROOT­FON­TEIN

Ken jy dié mu­seum?

Weg! Namibië - - SPELONKE VOL SKATTE TSUMEB -

Nóg ’n boei­en­de mu­seum in die om­trek is Groot­fon­tein se Das Al­te Fort. Die ge­bou da­teer uit 1896 en was eers ’n S­chut­z­trup­pe-fort (kom­pleet met uit­kyk­to­rings), daar­na ’n skool­kos­huis en la­ter ’n heen­ko­me vir An­go­le­se vlug­te­lin­ge.

Hier’s heel­wat oor die Dors­land­trek te leer, so­wel as oor die om­ge­wing se myn­we­se en die ou men­se se ma­nier van leef: Die bin­ne­hof staan vol stok­ou wa­ens, kar­re­tjies en im­ple­men­te soos ’n vleis­meul, ’n turks­vy­blaar­sny­er, ’n bot­ter­ver­pak­kings­ma­sjien en ’n mie­lie-af­ma­ker.

Waar? Volg die B8 noord uit Groot­fon­tein se mid­de­dorp en draai oor­kant die To­tal-vul­sta­sie links in E­riks­son­straat. Die mu­seum is op lin­ker­hand.

Tye? Ma. tot Vr.: 8.30 vm.-12.30 nm. en 2 nm.-4.30 nm.; Sa. en So.: slegs op be­spre­king. Oop R30 p.p. (R15 per kind en R50 p.p. oor na­we­ke)

Kon­tak 00 264 67 242 456; al­te­fort­mu­seum.de

Das Al­te Fort - hier’s ’n uit­kyk­to­ring!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.