Kom vat aan die wê­reld se heel groot­ste ruim­te­rots

Weg! Namibië - - SPELONKE VOL SKATTE TSUMEB -

’n Me­te­o­riet lyk nie na veel nie. Trou­ens, dit lyk soos ’n dood­ge­wo­ne rots – nie eens een met ’n in­te­res­san­te k­noets of punt of kraak nie. An­ders ge­stel: Dit lyk eint­lik maar ver­ve­lig.

Maar dis bloot om­dat ’n mens nie weet wat reg­tig hier voor jou lê nie. Wan­neer jy eers met die in­lig­tings­blad in die hand al om die Ho­ba-me­te­o­riet stap, tref die om­vang van wat hier ge­beur het jou:

Hier­die stuk klip is maar 3 m breed en so­wat 1 m hoog, maar dit weeg so­wat 60 ton (dank­sy die hoë ys­ter­in­houd van so­wat 83% van sy sa­me­stel­ling, die res is meest­al nik­kel en ko­balt).

Dié stuk klip is die uit­ein­de van ’n ver­skie­ten­de ster se baan deur die nag­he­mel. En hier­die stuk klip het die aar­de so­wat 80 000 jaar ge­le­de (dis nog voor die tyd van rots­kuns!) een­dag met ’n heng­se slag ge­tref en vir al daar­die der­dui­sen­de ja­re on­ge­steurd in hier­die wit kalk­steen ge­lê, met die oer­groot­jies van kog­gel­man­ders wat op hom in die son sit en bak – tot­dat ene Ja­co­bus Her­ma­nus B­rits dit in 1920 op sy plaas “ont­dek” het.

Ja­co­bus het ’n splin­ter­tjie rots met sy mes uit­ge­kap en ge­sien hoe die klip blink. Toe bei­tel hy ’n gro­ter brok uit en stuur dit na ’n myn­maat­skap­py in Groot­fon­tein vir ont­le­ding.

Die slim man­ne het la­ter be­vind dat ’n rots met dié sa­me­stel­ling ’n me­te­o­riet be­hoort te wees, en ’n on­der­soek deur die S­mit­hso­ni­an In­s­ti­tu­te in 1929 het dit be­ves­tig.

Die Ho­ba-me­te­o­riet is in Maart 1955 tot na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid ver­klaar.

Waar? Aan die C42 tus­sen Tsumeb en Groot­fon­tein. Draai wes op die D2859 en hou vir 19 km aan tot by die aan­wy­ser na regs. GPS S19.59302 E17.93469 Kos­te R25 p.p. en R10 per voer­tuig.

Die Ho­ba-me­te­o­riet

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.