Word ’n mol

Weg! Namibië - - SPELONKE VOL SKATTE TSUMEB -

My­ne soos nê­rens an­ders in die wê­reld nie, me­re waar­van die bo­dems nog nie be­reik is nie... dis se­ker­lik geen ver­ras­sing dat die ge­bied nóg ’n haas uit sy on­der­aard­se hoed sou pluk nie: Der­tig jaar ge­le­de is die Dra­gon’s B­re­ath-grot so­wat 45 km noord­wes van Groot­fon­tein ont­dek. Die grot kry sy naam van die warm lug wat by sy in­gang uit­stoot, maar dit is nie al wat dit so bui­ten­ge­woon maak nie – 100 m on­der­toe lê ’n wa­ter­mas­sa in die duis­ter­nis: by­na 2 ha groot en tot op he­de die wê­reld se groot­ste on­der­grond­se meer wat nie deur ’n glet­ser be­dek word nie.

Dra­gon’s B­re­ath en sy diep­tes is slegs vir pro­fes­si­o­ne­le grot­krui­pers be­sko­re, maar nie ver daar­van­daan nie slui­mer ’n paar klei­ner dra­kies wat Jan Al­le­man kan ver­ken...

In 1914 het ene dr. Hen­ry Fed­der, ’n sen­de­ling, ’n ent veld-in van die des­tyd­se G­haub-sen­ding­sta­sie (nou ’n gas­te­plaas) af ’n groot gat in die grond ont­dek. Dees­dae is dié 2,5 km lan­ge G­haub-grot een van die ge­bied se mees be­gaan­ba­re grot­te.

Maar moe­nie ’n ruim por­taal en ’n ge­lyk voet­paad­jie te wag­te wees nie – hier bin­ne klou­ter en gly jy oor groot, mod­de­ri­ge rots­blok­ke en wrie­mel deur smal skeur­tjies, en hoe die­per jy by die net­werk van ton­nels indwaal, hoe war­mer en be­dom­pi­ger word dit – tot 29 °C.

Hier en daar hang ’n piep­klein vler­mui­sie en dut. Kris­tal­le en kar­te­lings sand- en kalk­steen ver­sier die gang­mu­re en op die grond

Bin­ne-in die G­haub-grot

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.