VIR DIE FYN­PROE­WERS

Weg! Namibië - - VOËLSKYK ETOSHA -

• Die fis­kaal­laks­man sal wenk­broue laat lig om­dat die sub­spe­sie

subcoro­na­tus (die la­ta­koof­is­kaal­laks­man) wat hier voor­kom, ’n wit wenk­brou het. Hier­die vo­ël­tjie hou wes van O­kau­ku­e­jo.

• Wees oos van Na­mu­to­ni op die uit­kyk vir swart­wang­kat­lag­ters.

• Swa­el­stert­by­vre­ters is al­tyd ’n lus vir die oog. Hul­le is ty­dens die re­ën­sei­soen ver­al ak­tief rond­om Ha­la­li.

• Die dwer­grietrei­er (’n trek­vo­ël) is dik­wels in sei­soe­na­le poe­le te sien.

• Die groot­mos­sie word ook hier ge­noem om­dat hy eint­lik net in die wes­te van Etosha aan­ge­tref word en nie veel ver­der suid in Na­mi­bië voor­kom nie.

• In­te­res­sant ge­noeg kom slegs twee swa­el­tjie­spe­sies reg­deur die jaar in Etosha voor, naam­lik die krans­swa­el en die A­fri­kaan­se oe­wer­swa­el, hoe­wel ek nie weet op wat­ter oe­wer nie.

* Hoe­wel van die vo­ël­spe­sies hier aan spe­si­fie­ke ge­bie­de of sei­soe­ne ge­kop­pel word, kan van hul­le ook in an­der sei­soe­ne op heel­te­mal an­der tak­ke gaan sit.

La­ta­koof­is­kaal­laks­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.