Ha­la­li

Weg! Namibië - - VOËLSKYK ETOSHA -

Wan­neer dit by vo­ël­skyk kom, is Ha­la­li se­ker die mees on­der­skat­te kamp in die re­ser­vaat. Maar min­stens vier en­de­mie­se spe­sies hou hier, en dis ook Etosha se uil­hoof­stad. Die ui­le hier is re­de­lik ak­tief ge­du­ren­de die dag. Luis­ter mooi – die wit­kol- en die skop­suil­tjie is die luid­rug­tig­ste van al die kamp­be­wo­ners. Non­ne­tjie-ui­le is al­ge­meen en nag­ui­le is in die re­ën­tyd on­mis­baar – ver­al rond­om die wa­ter­ga­te in dié ge­bied.

Roof­vo­ël­lief­heb­bers kan hul­le­self by die Su­e­da-wa­ter­gat (soos die kraai vlieg reg wes van die kamp, op die rand van die pan) gaan in­gra­we. Fyn­kam ver­al die tak­ke van die lek­ker­ruik­peul wat hier staan – van die al­ge­meen­ste be­soe­kers is die groot­rooi­valk, klein­rooi­valk en e­del­valk. Hier broei ook soms blou­kraan­vo­ëls. (In­te­res­sant ge­noeg is dié spe­sie u­niek om­dat hul­le as ’n to­taal ge­ï­so­leer­de groep in Etosha voor­kom.

Non­ne­tjie-uil

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.