DAMARALAND

Weg! Namibië - - TOP-BLYPLEKKE DAMARALAND -

Waar maak ek vol?

K­ho­rix­as en Kamanjab het al­bei twee vul­sta­sies, ter­wyl daar ook pom­pe by Palm­wag is wat daag­liks van 7 vm. tot 7 nm. oop is. As jy by Palm­wag vol maak, be­taal jy kon­tant by die Palm­wag Lod­ge se ont­vangs.

Krui­de­niers­wa­re?

Die mees­te bly­plek­ke het ’n win­kel­tjie met ys en hout, maar as jy gro­ter in­ko­pies wil doen, stop in Kamanjab of K­ho­rix­as. Eers­ge­noem­de het ’n Sen­tra én ’n Mul­tiSa­ve ter­wyl K­ho­rix­as net ’n Mul­tiSa­ve het.

In Kamanjab kan jy ook by die North West Gara­ge langs die Mul­tiSa­ve ba­sie­se in­ko­pies doen. Kamanjab het ook ’n slag­ter in Gems­bok­straat – Im­pa­la Me­at Mar­ket.

In klein ge­hug­gies langs die pad (soos Er­wee of Con­dor) sal jy al­tyd ie­mand kry wat smous met koel­drank, brood of lug­tyd vir jou sel­foon.

Daar is ook by die af­draai na Twyfelfontein op die C39 ’n win­kel­tjie wat ys en bier ver­koop. In Na­mi­bië is dit nie no­dig om te soek vir ’n drank­win­kel nie, ge­wo­ne su­per­mark­te mag al­ko­hol ver­koop.

Da­ma­ra Li­ving Mu­seum

Dis die e­nig­ste plek in Na­mi­bië waar jy ’n blik kan kry op hoe die Da­ma­ras tra­di­si­o­neel ge­leef het – van kra­le­tjies uit been vorm tot vuur­maak son­der vuur­hout­jies en se­re­mo­ni­ë­le dan­se.

Toe­gang is R80 p.p. Jy kan ook vir ’n ek­stra R70 saam met hul­le in die veld gaan stap om me­di­sy­ne­plan­te te oes en te sien hoe die mans strik­ke stel vir die pot. Kon­tak 00 264 81 650 8634; l­cfn.in­fo/da­ma­ra

Twyfelfontein

As jy hier ’n klip op­tel en gooi, gaan jy heel moont­lik ’n rots­kun­spa­neel tref. Heng, daai klip het dalk self ’n prent­jie op! Die T­wy­fel­fon­tein­wê­reld­er­fe­nis­ge­bied is een van die ge­bie­de met die hoog­ste kon­sen­tra­sie rots­gra­vu­res in die wê­reld. ’n Be­ge­lei­de toer kos R50 p.p. en duur so­wat ’n uur.

Kon­tak 00 264 61 244 375

Or­rel­py­pe

Hier­die do­lo­riet­ge­steen­tes staan ver­ti­kaal as­of uit die krans ge­bei­tel, wat die lang­wer­pi­ge for­ma­sies soos die py­pe van ’n ys­li­ke rot­sor­rel laat lyk. Pro­beer om in die mid­del van die dag hier ’n draai te maak wan­neer die kloof nie in die ska­du­wee is nie en jy dus be­ter foto’s kan neem.

Be­taal toe­gang (R50 p.p.) by die Twyfelfontein-wê­reld­er­fe­nis­ge­bied se ont­vangs­kan­toor.

Ge­bran­de Berg

Mil­joe­ne ja­re ge­le­de het die or­ga­nies­ge­laai­de sa­lie­klip hier aan die brand ge­slaan en die on­der­lig­gen­de ge­steen­tes só erg ge­skroei dat dit van­dag nog swart is.

Die swart heu­wel se klip­pe is ook ryk aan ys­ter en man­gaan wat die klip­pe ’n pers skyn­sel in die son gee. Toe­gangs­ta­rief van R50 p.p. ook

be­taal­baar by die T­wy­fel­fon­tein­wê­reld­er­fe­nis­ge­bied se ont­vangs.

Ver­dwaal langs die Hu­ab

Na­dat ek spo­re van o­li­fan­te ge­sien het, het ek be­sluit om na hul­le te gaan soek en hier by die Hu­a­b­ri­vier af­ge­draai – en heel­te­mal ver­dwaal! Maar ek vind toe wel an­der­kant die erg­ste heu­wels ’n ver­la­te gras­veld langs die Hu­ab.

Uit­ein­de­lik het ek by die sa­me­vloei van die Hu­ab- en die A­baHu­a­b­ri­vier (na­by De Riet) weer my pad ge­vind. Geen o­li­fan­te nie, maar hier­die klein draai is ’n a­von­tuur op sy eie. Maak net se­ker jou voer­tuig kan sand baas­raak!

Ver­steen­de woud

Bo­me wat in toe­ka se tyd ri­vier-af ge­spoel het, het hier te rus­te ge­kom en is on­der sand be­dek. Die sand het ge­keer dat die plant­weef­sel ont­bind, waar­na dit oor baie ja­re in klip ver­an­der het. Die sand (wat in­tus­sen sand­steen ge­word het) het uit­ein­de- lik ge­ë­ro­deer en al wat oor­ge­bly het, is ’n ver­steen­de woud.

Hoe­wel hier tal­le in­for­me­le ver­steen­de wou­de langs die C39 is, is hier­die die amp­te­li­ke een, as­ook die groot­ste. Wees ook op die uit­kyk vir wel­witschi­as. Toe­gang kos R50 en die woud is van 8 vm.-5 nm. oop.

Kon­tak 00 264 81 148 9704

Groot­berg­pas

Nie al die pas­se in die noor­de van Na­mi­bië is so rof soos die Van Zyls­pas nie. Die stil Groot­berg­pas bied die bes­te uit­sig in Damaraland.

Vingerklip

Die oor­spronk­li­ke Vin­ger van God (tus­sen Keetmanshoop en Mariental) het in 1988 om­ge­val en se­dert­dien lok hier­die án­der Vingerklip van 35 m hoog be­soe­kers. Hy staan op die Vingerklip Lod­ge se grond, so­wat 62 km oos van K­ho­rix­as. Die om­lig­gen­de U­gab-ter­ras­se met hul­le plat bo­kan­te is net so aan­skou­lik.

Kon­tak 00 264 67 290 319

Da­ma­ra Li­ving Mu­seum

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.