KOS- EN DOEANEMAATREËLS

Weg! Namibië - - KNOW BEFORE YOU GO -

VLEIS El­ke per­soon in jou kar mag 25 kg vleis (bees, skaap, of wild) Na­mi­bië in­bring. Jy mag tans 25 kg rou hoen­der­vleis per per­soon na Na­mi­bië neem.

As jy te­rug­kom SA toe, mag jy 10 kg bil­tong en 25 kg rooi­vleis per per­soon te­rug­bring. (Jy moet ou­er as 12 wees om vleis te “dra” en net drie men­se per voer­tuig mag vleis ver­voer.)

As jy via Botswa­na te­rug­reis na SA, ver­min­der die hoe­veel­he­de van 25 kg per per­soon tot 25 kg per voer­tuig. Jy be­no­dig ook ’n brief van die boer wat die vleis ver­skaf het. Jag­ters kort ’n uit­no­di­ging van die plaas­eie­naar as hul­le ge­we­re oor die grens vat. Jy kan 500 kg rou vleis en 100 kg bil­tong oor die grens te­rug­bring so­lank jy ’n

jag­per­mit en ’n Suid-A­fri­kaan­se vee­art­se­ny-in­voer­per­mit (R157, prys styg ein­de Maart) het vir hoe­veel­he­de wat meer is as 25 kg ( 012 319 7514). Geen vark­vleis mag in e­ni­ge rig­ting oor die grens gaan nie.

LET WEL Hier­die maat­re­ëls ver­an­der ook soms op kort ken­nis­ge­wing.

VIS Jy moet ’n per­mit koop (R505) by die Suid-A­fri­kaan­se de­par­te­ment van vis­se­rye ( 021 402 3634) as jy vis (tot 30 visse toe­ge­laat) wil te­rug­bring.

GE­SKEN­KE, DRANK EN

SI­GA­RET­TE. Ge­sken­ke van tot R200 werd en per­soon­li­ke ar­ti­kels is doe­a­ne­vry. Jy mag per per­soon die vol­gen­de oor die grens Na­mi­bië toe saam­vat: twee kar­ton­do­se si­ga­ret­te, 50 si­ga­re en 250 g ta­bak; 2 ℓ wyn en 1 ℓ har­de­hout of an­der drank; 50 ml par­fuum en 250 ml eau de toi­let­te.

Jy mag nie braai­hout of mie­lie­meel oor­neem nie. Jy mag ook nie klip­pe in Na­mi­bië op­tel en huis toe bring nie.

VER­KLAAR ÁL­LES. Skryf jou sel­foon, ka­me­ra, len­se, GPS, en­so­voorts se reeks­nom­mers voor­af op ’n stuk pa­pier neer. Dis dan mak­li­ker om te ver­klaar wan­neer jy die grens oor­steek.

Moet níks weg­laat nie – soms kom jy ’n amp­te­naar teë wat net wag vir ’n on­ver­klaar­de ka­me­ra om moei­lik te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.