G’N TJOPPIES OOR DIE ROOILYN NIE!

Weg! Namibië - - KNOW BEFORE YOU GO -

Die so­ge­naam­de Rooilyn wat oor die breed­te van Na­mi­bië loop, da­teer uit die 1960’s toe die noor­de van die land se buf­fels met bek-en-klou­seer be­smet was en die siek­te ook na an­der vee ver­sprei het. Dié vee­arts­hei­ning is steeds in plek en ver­hoed dat vleis en an­der die­re­pro­duk­te van­uit die noor­de na sui­de en ook plek-plek van wes na oos “ge­dra” word.

Daar’s be­heer­pun­te waar die Rooilyn groot paaie kruis en by só ’n pad­blok­ka­de sal jy jou Co­le­man moet oop­maak en soms ook jou mo­tor deur ’n dip­trog met ont­smet­tings­mid­del in ry, as­ook jou skoen­so­le in ’n vlak bad­jie daar­van doop. Dis die wet – moe­nie met die ou­ens stry of ste­aks on­der jou nood­wiel pro­beer weg­steek nie.

By hier­die plek­ke kan jy be­heer­pun­te te wag­te wees: Op die C43 by Palm­wag Langs die sui­de en wes­te van Etosha (jy mag wel met vleis by die re­ser­vaat in­ry) Op die D3001/D3016 tus­sen Etosha en die B8 Op die B8 tus­sen Rundu en Groot­fon­tein Op die C44 tus­sen Groot­fon­tein en Tsumkwe Op die M114 suid van Tsumkwe Op die B8 by Di­vun­du

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.