HOU IN GE­DAG­TE

Weg! Namibië - - KNOW BEFORE YOU GO -

Van­af die eer­ste Son­dag in A­pril tot die eer­ste Son­dag in Sep­tem­ber is Na­mi­bie­se hor­lo­sies een uur ag­ter ons s’n. Dit sal die grens­pos­tye wat ons hier aan­dui, be­ïn­vloed.

Ver­wag ver­tra­gings by die grensposte – be­groot twee uur vir el­ke grens­pos wan­neer jy jou roe­te be­plan, selfs as dit ge­woon­lik net 45 mi­nu­te vat. Klei­ner grensposte is ge­woon­lik baie vin­ni­ger as dié op be­si­ger roe­tes.

Selfs al het ’n klein dor­pie ’n vul­sta­sie, be­te­ken dit nie al­tyd daar’s brand­stof be­skik­baar nie. Maak lie­wer soos jy ry o­ral vol waar jy kan.

Reis met ’n ver­skei­den­heid bank­kaar­te (Mas­terCard, Vi­sa en Ma­e­s­tro) om­dat som­mi­ge OTM’s en be­taal­pun­te nie vir al­le kaar­te werk nie. Reis met kon­tant in af­ge­son­der­de stre­ke waar daar nie e­lek­tro­nie­se be­taal­pun­te is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from Namibia

© PressReader. All rights reserved.