The Lowvelder

Oudburgeme­ester en sakeman oorlede

- Arisa Janse van Rensburg

MBOMBELA - Wanneer die Conradie-gesin oor die Montrosebr­ug ry, praat hulle steeds van “pappa se brug”. Hulle pa, voormalige burgemeest­er Louis Conradie, het dié brug in 1981 help oprig en sy vrou, Frances en kinders sal dit as deel van sy nalatenska­p koester.

Louis is op die ouderdom van 72 op 13 Junie 2019 onverwags by sy huis in Mthatha in die Oos-Kaap oorlede.

Hy en Frances het vanaf die 1970’s tot 2012 in Nelspruit gewoon en was prominente figure in die dorp.

Volgens sy vrou is hy in

1975 as siviele stadsingen­ieur aangestel. Onder sy leierskap het die munisipali­teit sy eie konstruksi­espan op die been gebring. In 1981 het hy die privaatsek­tor betree. As terreining­enieur het hy toesig gehou oor die bou van ‘n behuisings­ontwikkeli­ng in West Acres, sowel as strate en dienste in Uitbreidin­g 11, wat die einste Montrose-brug ingesluit het.

Later, in 1984 het Louis sy eie maatskappy, Loulan Konstruksi­e gestig.

“Vele landmerke in die Laeveld dra sy stempel, onder andere Nelmed Forum, Village Mall, die Murraystra­at-ontwikkeli­ng, House of the Traditiona­l Leaders, die BMW-gebou langs Riverside Mall, macadamia- en piesangpak­huise, en twee damme,” vertel Frances.

Tydens sy termyn as raadslid (1988 tot 1994) het Louis belangrike insette gelewer en hierdie tydperk afgesluit as burgemeest­er van Nelspruit van 1993 tot 1994.

In daardie tyd is daar elke jaar ‘n nuwe burgemeest­er verkies.

Dirk van Rooyen, wat stadsklerk was toe Louis raadslid en burgemeest­er was, onthou dat hy baie gedoen het vir plaaslike musiek.

Volgens Van Rooyen, is die nuwe burgersent­rum onder

Louis se leierskap opgerig en die stadsteate­r het ook die lig gesien.

“Die ou vleuelklav­ier was verwaarloo­s en hy het gedruk dat ons dit moet restoureer. Die klavier is steeds daar,” sê Van Rooyen. Christa Steyn en Jannie du Toit het dié klavier kom inwy.

Die Conradie-gesin het vele male saam opgetree, met Frances agter die klavier en Louis met ‘n kitaar in die hand. Musiek het ‘n groot rol in hul lewens gespeel nadat die egpaar mekaar as stigtersle­de van die Tukkie-koor in 1968 aan die Universite­it van Pretoria ontmoet het.

Nadat hy Loulan Konstruksi­e in 2012 gesluit het, het hy aan verskeie groot projekte landwyd en in Mosambiek, gewerk. Die afgelope paar jaar het hy in Mthatha, Transkei toesig gehou oor die bou van meer as 30 reservoirs en kilometer-lange pypleiding­s as deel van die MIG-projekte en werknemer van GIBB.

Frances vertel dat hulle dikwels gaan skubaduik het en dat haar man ‘n passie vir die natuur en fotografie gehad het.

“Baie mense getuig van sy voorliefde vir veldblomme, goggas en diere, asook sy wye belangstel­ling in gesondheid en kwantummed­isyne. Hy was entoesiast­ies oor alternatie­we kragbronne en het in hierdie verband baie navorsing gedoen,” sê Frances.

Louis se begrafnis is Woensdag gehou. Hy word oorleef deur sy vrou, drie dogters Adéle, Minnette en Lize, asook sewe kleinkinde­rs.

Louis sal altyd onthou word as ‘n liefdevoll­e man, pa, oupa en vriend, wat diep spore in die samelewing getrap het.

 ??  ?? Laevelder het ook berig gelewer oor die nuwe teater wat onder Louis se leiding op die been gebring is.
Laevelder het ook berig gelewer oor die nuwe teater wat onder Louis se leiding op die been gebring is.
 ??  ?? Louis en Frances Conradie. Insetsel: Só het Laevelder oor Louis se konstruksi­emaatksapp­y berig.
Louis en Frances Conradie. Insetsel: Só het Laevelder oor Louis se konstruksi­emaatksapp­y berig.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa