The Lowvelder

Kleingoed word slim saam Lollos

- Enver Wessels

MBOMBELA - Lollos, Jou Slim Ding het die jongspan behoorlik aan die dans gehad Saterdagog­gend by die NG Moedergeme­ente. Die gewilde karakters het die vertoning Mbombela toe gebring na hulle optrede by die KKNK in Oudtshoorn vroeër vanjaar.

Die opvoedkund­ige Afrikaanse vertoning is gerig op kinders tussen een tot 10 jaar oud en poog om die kleintjies aktief te kry deur hulle saam te laat dans. Hulle uniekheid stem daaruit dat hulle die kinders aan die beweeg hou en hulle ook iets leer.

Belangrike onderwerpe vir ontwikkele­nde breintjies soos die alfabet, hoe om te tel, die dae van die week, watter kossoorte om te vermy en baie meer word vir die kinders geleer.

Omdat die vertoning interaktie­f is, neem die kinders geesdrifti­g deel en Saterdag se vertoning was geen uitsonderi­ng nie.

Die kleingoed het hartlik saam gesing en gedans en Lollos en Lettie se lesse ter harte geneem.

Lollos-stigter, Joleen Coetzee vertel: “Lollos het tot op hede nege CD’s en 10 DVD’s uitgereik waarvan ses platinumst­atus bereik het. Lollos het ook ‘n Sama-toekenning gewen vir die beste kinderalbu­m, ‘n Ghoema-nominasie in 2015 gekry, en ook die Tempo-toekenning vir die topverkope­r-DVD in 2015 ontvang.

“Lollos en die karakters is so gewild dat ons oor die afgelope paar jaar ons eie reeks produkte bekendgest­el het, wat onder andere storieboek­e, aktiwiteit­sboeke, badprodukt­e, klere, sagtespeel­goed, rugsakke, beddegoed, kampstoele, ‘n Lollos-partytjier­eeks en dies meer insluit. ‘n Hele paar van hierdie items word ook by optredes verkoop.”

Die twee gewilde karakters was opgewek en vriendelik gedurende die vertoning en die ywerige kleintjies het hul hande bly opsteek met antwoorde.

Dit was beslis ‘n prettige manier om die kleinspan gedurende die naweek te trakteer.

 ??  ?? Lettie (vertolk deur Linecia Matthee-Daniels), Mar-Li van der Merwe, Minki Burger en Lollos (vertolk deur Hein Pool).
Lettie (vertolk deur Linecia Matthee-Daniels), Mar-Li van der Merwe, Minki Burger en Lollos (vertolk deur Hein Pool).
 ??  ?? Minki Burger.
Minki Burger.
 ??  ?? Elri Pretorius.
Elri Pretorius.
 ??  ?? Nonike Naudé.
Nonike Naudé.
 ??  ?? Jeanne Badenhorst.
Jeanne Badenhorst.
 ??  ?? Christiaan Stander.
Christiaan Stander.
 ??  ?? Reinhard Viljoen.
Reinhard Viljoen.
 ??  ?? Esti Raath.
Esti Raath.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa