The Lowvelder

By Innibos gebeur daar heelwat ommibos

-

Innibos-feesganger­s word vanjaar bederf met ’n paar aanbieding­e buite die feesterrei­n by Hoërskool Bergvlam, maar waar die feesgees eweneens lekker gaan vlam vat.

Clemengold Plaaswande­l

Mbombela is natuurlik een van die tuistes van ClemenGold (SA se premium mandaryn) en feesganger­s kan uitsien na ‘n interaktie­we plaasbesoe­k en natuurwand­eling met megaboere Abraham van Rooyen en Willem Kieviet, sowel as skrywer Erns Grundling.

Kom leer meer oor produksiep­raktyke, verskillen­de kultivars en die nuanses van vrugtebema­rking.

Erns deel op sy beurt insigte uit sy stapervari­ngs in Spanje en Japan en lees voor uit sy topverkope­rboek, Elders.

Hy gee ook vir gaste tydens die plaaswande­l ’n eksklusiew­e voorsmakie van sy komende boek Sushi en Shosholoza.

Die kaartjie sluit ‘n verfrissen­de ClemenGold­jenewerver­rassing by die plaasdam en ‘n boksie ClemenGold vrugte in. Kom in gemaklike stapskoene.

Geheime watervalle saam met York Timbers

Die bosboumaat­skappy

York Timbers bied ’n toer aan na watervalle wat ’n mens gewoonlik nie op jou eie stoom sal kan besoek nie. Op hierdie unieke toer sal avontuurlu­stige feesganger­s die asemrowend­e Manyeleti-valle besoek, asook die Emeraldwat­erval.

Aangesien jy ’n kort afstand na elkeen toe sal moet stap, is dit belangrik om gerieflike skoene aan te trek. Onthou ook om ’n warm jas saam te bring.

Chelsea Blommeskou in die Laeveld Botaniese Tuin

’n Replika van die SuidAfrika­anse inskrywing vir die Chelsea Blommeskou in Engeland is by die Laeveld Botaniese

Tuin te sien ter viering van dié tuin se 50ste bestaansja­ar. Die uitstallin­g, wat saamgestel is deur die voormalige Laevelder, Leon Kluge, het weer eens ’n goue medalje in Engeland ingepalm.

’n Vurige ysskaatsve­rtoning

Fire and Ice is ’n uitstaande ysskaatsve­rtoning wat die hele gesin saam kan geniet. Dit word aangebied by i’langa se ysskaatsba­an.

Plaaslike digters gooi die rym

Words in My Mouth is ’n sogenaamde poetry slam waar plaaslike digters die kans kry om hul slag met woorde te laat opklink. Dit word gehou by Blue Gate-teetuin in Ehmkestraa­t en toegang is gratis.

Die volledige program is by lowvelder.co.za en kaartjies is te koop by Computicke­t.

 ??  ?? Erns Grundling.
Erns Grundling.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa