The Lowvelder

Innibos belowe vanjaar weer voortrefli­ke vermaak

-

Daar is geen tekort aan vermaak op Innibos se feesterrei­n nie.

Die Arena-verhoog, geborg deur Vodacom en Laevelder, beloof vanjaar vermaak uit die boonste rakke, van vroeg tot laat.

Julia Burger, bemarkings­bestuurder vir Laeveld Media, sê Laevelder is trots om die fees te ondersteun.

“Ons stap al sedert die begin van die fees 16 jaar gelede ‘n pad met Innibos. Ons is trots dat ons steeds hul mediavenno­ot van keuse is.

“Ons is ook trots daarop om ons naam te koppel aan dié van Vodacom, wat soos ons, die gemeenskap, Afrikaans en kuns en kultuur ondersteun”

Kom maak gerus tydens die fees, wat Woensdag afskop, ‘n draai by die verhoog op die feesterrei­n se kuierveld reg oorkant die hoofverhoo­g, om van jou gunsteling­musikante te sien optree.

Loreal Charnley, Go To bemarkings­bestuurder in Mpumalanga, wys daarop dat Vodacom vanjaar 25 jaar oud is. “Dit is vir ons belangrik om met ons gemeenskap in verbinding te wees en Innibos is een van die grootste geleenthed­e in die Laeveld. Ons verbind al vir 25 jaar ons kliente en maak so ‘n verskil in hul lewens.”

Ou gunsteling­e sal by die Vodacom/Laevelder Arenaverho­og te sien wees: Pieter Smith, Jennifer Zamudio, Pieter Koen, Jakkie Louw en selfs Jan Bloukaas asook verskeie talentvoll­e nuwelinge soos Ivan Roux, Lizandra Winter, Die Kitaarkêre­ls, Wolwe-Dans en Bad Peter.

Daar sal na afloop van die konsert op die hoofverhoo­g elke aand ook nog partytjie gehou word. Kyk uit vir Ghapi, Soul Taxi, The Afterparty Band en Marcato.

Die volledige program is by lowvelder.co.za beskikbaar. Kaartjies vir die feesterrei­n is te koop by Computicke­t.

 ??  ?? Marcato.
Marcato.
 ??  ?? Pieter Koen.
Pieter Koen.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa