The Lowvelder

Akteur bring nuwe eenmanstuk op die planke

- Mireille de Villiers

Hannes van Wyk het kwalik enige bekendstel­ling nodig. Hierdie veelsydige akteur kuier weekliks in mense se sitkamers as die aanbieder van Kwêla.

Tydens hierdie jaar se Innibos, verskyn hy egter in ‘n eenmanstuk Sê groete vir Ma wat by die fees debuteer. Dit is uit die pen van Van Wyk se kollega by Suidooster, Desiré Gardner.

Hoewel hy gereeld in toneelstuk­ke optree, is hierdie die eerste keer in 25 jaar dat hy ‘n eenmanstuk aanpak. In Sê groete vir Ma vertolk hy die rol van Reghardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe, menswees en bestaan draai om die een vrou wat hom in die lewe gebring het.

Van Wyk vind hy het raakpunte met die karakter. “Daar is so baie. Ek dink dit was wat die toneelstuk ook vir my moeilik maak, want ek ken baie van die emosies waardeur hy gaan baie goed.

“En dit is vir my so eerlik geskryf. `n Produksie wat ek glo by almal gaan aanklank vind. Baie humor, maar ook lag met `n traan.”

Sandra Prinsloo is in die regiseurst­oel. “Ons het besluit om saam te werk, en ook omdat sy die veld van eenpersoon­stukke baie goed ken. Dit was ‘n baie lekker ervaring.”

Van Wyk het sy loopbaan op die verhoog begin nadat hy by Kovsies drama studeer het, en was vir lank deel van die permanente toneelgese­lskappe Sukovs en Truk. Hy was ook vir ‘n dekade op die kassie in die rol van Krynauw in Egoli.

“Ek is al met koffie gegooi toe Krynauw aaklig was en mense het al geweier om my in winkels te help omdat die karakter so baie ‘verkeerde dinge’ gedoen het.”

Hy en Christine Basson, wat onlangs oorlede is, was ook baie na aan mekaar. “Ek woon nog altyd in Kaapstad en die 10 jaar by Egoli was haar tuiste my tweede huis. ‘n Briljante aktrise,” voeg hy by.

Oor sy eie bekendheid vertel hy van ‘n onlangse voorval, na hy deur die nag aan ‘n reeks geskiet het en op pad huis toe gestop het vir koffie, toe ‘n vrou op hom afstorm.

“Ek ruk omtrent al ‘n pen uit om my handtekeni­ng te gee, of ‘n foto saam met haar te neem, toe sy my aanwysings vra en nie `n idee het wie ek is nie. Hy lag lekker.

“Dit bring ‘n mens gou lekker terug aarde toe.

Hy voeg by, “Ek sê altyd ons is niks sonder ons gehoor nie - die wonderlike publiek en mense wat na ons op televise kyk en kaartjies koop om na `n produksie te kom kyk.”

Sê groete vir Ma word elke dag by Laerskool Bergland opgevoer. Speltye is Woensdag 26 Junie om 18:00, Donderdag 27 Junie om 10:00, Vrydag 28 Junie om 19:00 en Saterdag 29 Junie om 09:00. Kaartjies vir die produksie beloop R132.

Die volledige program is beskikbaar by lowvelder.co.za en kaartjies is te koop by Computicke­t.

Ek sê altyd ons is niks sonder ons gehoor nie die wonderlike publiek en

mense wat na ons kyk

 ??  ?? Hannes van Wyk.
Hannes van Wyk.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa