The Lowvelder

Dogter laat koppe draai met kolskote

- Stefan de Villiers

Manne, staan opsy. As Zanè Potgieter eers iets in haar visier het, mis sy nie sommer nie.

Hierdie gr. 9-leerder van Hoërskool Nelspruit is pas as die SA sport- en jagfederas­ie se o/19-dogtersjag­kampioen van 2019 aangewys. Sy het in die proses geskiedeni­s gemaak toe sy die eerste 0/19-dogter van Mpumalanga­Laeveld geword het om aan die nasionale kampioensk­ap deel te neem.

Zanè, ‘n kranige sportvrou en buitelugen­toesias het reeds twee jaar gelede met haar skietvernu­f verstom toe sy ‘n blesbokram in die jagveld naby Carolina op ‘n indrukwekk­ende 273 m platgetrek het. Sy is duidelik tuis agter ‘n geweer se teleskoop en is meestal in die kol met haar .308.

Jag is in die Potgieters se bloed. Sy jag al van kleins af saam met haar pa Stephan, wat self al as SA kampioen bekroon is. Haar broer, Ivan spog met nasionale kleure in jag- en baansport.

Haar pa glo dat jag glad nie ‘n eksklusiew­e mansport is nie en liewer iets is waarby elke lid van die gesin aanklank kan vind. Hy voel ook baie sterk oor etiese jag.

“’n Etiese jagter is ‘n persoon wat verantwoor­delik en respekvol jag en as ‘n noodsaakli­ke deel van jag, bewaring van wilde diere en die natuur toepas,” sê hy.

“Met kompetisie­tyd is dit net jy en jou vernuf, kennis en fiskheid.

“Daar is nie geluk daaraan verbonde nie,” vertel haar pa. Van daardie kolskoot op Carolina tot almal se verbasing, het dié sport Zanè se belangstel­ling begin prikkel. “My grootste inspirasie is om nooit enigiets as vanselfspr­ekend te aanvaar nie, en alles as ‘n geskenk van bo te sien,” vertel Zanè.

Sy het tydens die kampioensk­ap ook haar nasionale kleure verwerf en beoog om volgende jaar haar titel te verdedig.

Vanjaar se SA Sport en Jagkampioe­nskap, ‘n jaarlikse instelling het naby Windburg in die Vrystaat op die plaas Boschrand plaasgevin­d.

Deelnemers moes vooraf in hulle eie provinsies kwalifisee­r voordat hulle kon deelneem.

Die reëls en beoordelin­g word streng toegepas en elke deelnemer se veiligheid word altyd eerste gestel.

Die kompetisie begin met elke deelnemer wat op die vooraand sy jagpunt, oftewel jagpen trek. Dit bepaal waar die jagter die volgende dag gaan aanlê.

Dou voor dag word die jagters by hulle punte afgelaai, waarna elke jagter self tot die beste van sy vermoë moet skuil en wag vir die perfekte skoot. “Kennis is mag en ervaring help om die perfekte skoot te beplan en uit te oefen,” vertel haar ma, Karen.

Met kompetisie­tyd is dit net jy en jou vernuf, kennis en fiskheid. Daar is nie geluk daaraan verbonde nie

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa