The Lowvelder

Katte dalk binnekort haweloos sonder enige langtermyn­hulp

- Mireille de Villiers

SABIE - Natureza’s Catz Rescue gaan dalk binnekort hul deure moet sluit. Dié hawe vir katte het sewe jaar gelede in Sabie ontstaan.

“My hart is in stukke, dit maak baie seer,” sê Susan van Zyl. “Ons het ons hele lewe opgegee en alles ingesit.”

Daar is tans nog 140 katte oor by die skuiling waar dié diere nie uitgesit word nie. Hulle moet teen einde Oktober ander huise kry, want Natureza’s kan nie meer behoorlik na hulle omsien nie. Of dit, of hulle kort langdurige finansiële hulp.

Van Zyl sê alles word net duurder.

“As ek nie genoesame hulp kry nie gaan ek moet toemaak. Ons kan nie oorleef nie.

“Ons sal honger slaap, maar sal seker maak dat die katte eet. Jy kan nie net van brood leef, of net ‘n eier nie.

“Ek gaan nie dat my katte ook ondergaan nie. Hulle moet versorg word. Dit is my grootste vrees dat hulle honger ly.”

Sy verduideli­k dat kos baie duur geword het: hulle benodig 16 15-kilogramsa­kke kos wat elk R1 000 ‘n maand kos. Daagliks kort hulle 72 sakkies sagte nat kossies vir die ou katte - teen R500 per dag.

Elke hokkie het ‘n gasverwarm­er. “As katte koud slaap kry hulle die sniffles,” voeg sy by. “Ons moet hulle gereeld ontwurm, ons het sterilisas­iekostes, ons moet baie skoonmaakp­rodukte koop. Hulle speelgoed is vodde en gedaan,” lys

Van Zyl die “ekstra goedjies wat ek nie meer kan bekostig nie”.

“Ons grootste liefde is katte. Al waaroor ons lewe gaan is katte. As ons nie hulp het nie, gaan ons eenvoudig net moet toemaak.”

Nou kort elke kat ‘n veilige tuiste. Die oudste katte kan gratis aangeneem word en enigiemand wat wil aanneem kan enige tyd gaan kyk.

Maar Van Zyl sal eers seker maak jy is ‘n goeie eienaar. “Ons is te ernstig oor hierdie diere.”

Daar is ook nege katjies wat nog nie

gesterilis­eer is nie.

Ek gaan nie dat my katte ook ondergaan nie. Hulle moet versorg word. Dit is my grootste vrees dat

hulle honger ly

 ??  ?? Om enige bydraes te maak, kontak Natureza’s op Facebook asook Natureza’s Catz Rescue Sabie Group For Donation and Funding.
Om enige bydraes te maak, kontak Natureza’s op Facebook asook Natureza’s Catz Rescue Sabie Group For Donation and Funding.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa