The Lowvelder

Omgeegees skyn met jonges se liefdadigh­eid

- Arisa Janse van Rensburg

MBOMBELA - Spandeer tyd, leer by mekaar en gee om. Dit is die les wat Hoërskool Bergvlam se 20 Mnr. en Mej. Bergvlam-finaliste Vrydag geleer het toe hulle hul tyd opgeoffer het om die middag saam met pasiënte van die organisasi­e Moving Mountains te spandeer.

Volgens die skool se skakelbeam­pte, Mandy Barnard, is dit net een van vyf uitdagings wat hulle moes voltooi.

“Vir ons is dit nie ‘n skoonheids­kompetisie nie. Ons wil die leerders leer om vir ander om te gee en soveel as moontlik liefdadigh­eidswerk te doen.”

Die ander uitdagings wat elke finalis moes voltooi is om ‘n senior burger te bederf, ‘n middag saam met ‘n kind onder die ouderdom van 10 te spandeer en om ‘n onderwyser te bederf.

Die vierde uitdaging was dat elke paartjie ‘n liefdadigh­eidsorgani­sasie moes aanneem en nou saam met dié organisasi­e werk.

Die vyfde uitdaging het hulle dus Vrydagmidd­ag met ‘n groot glimlag voltooi.

Dit was egter nie net die finaliste wat van oor tot hoor geglimlag het nie, maar ook die pasiënte van Moving Mountains, ‘n organisasi­e wat hulle daarvoor beywer om finansieël en emosioneel tot kankerlyer­s se behandelin­g by te dra.

Een van die organisasi­e se kankeroorl­ewendes, George Round, het gesê dat hy die dag terdeë geniet het.

“Sommige van hierdie samekomste kan dikwels vervelig raak, maar nie in die geselskap van dié jong dames en here nie. Dit was iets anders en ek is so bly ek het gekom.”

Die pasiënte is bederf met allerlei lekkergoed, geskenke en ook ‘n dans- en sangitem van die skool se opkomende produksie Catz.

Dit was ‘n middag wat beide die finaliste en die pasiënte nie gou sal vergeet nie.

 ??  ?? Erize de Lange.
Erize de Lange.
 ??  ?? Ria Pretorius, Zandré van Niekerk, Kaylinn Smith, Thando Bhembe en Mike Pretorius.
Ria Pretorius, Zandré van Niekerk, Kaylinn Smith, Thando Bhembe en Mike Pretorius.
 ??  ?? Manda Gomes, wat die finaliste afrig, Yolandi O’Reilly wat aan die stuur van Mnr. en Mej. Bergvlam staan en Moving Mountains se Izelle Pretorius en Zani Coetzee.
Manda Gomes, wat die finaliste afrig, Yolandi O’Reilly wat aan die stuur van Mnr. en Mej. Bergvlam staan en Moving Mountains se Izelle Pretorius en Zani Coetzee.
 ??  ?? Zwide Nxumal, Patricia Lotterie en Zweli Zikalala.
Zwide Nxumal, Patricia Lotterie en Zweli Zikalala.
 ??  ?? Isabel Sliep en Luke Hayes.
Isabel Sliep en Luke Hayes.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa