The Lowvelder

Gebaretaal

Tolke help om Babelse verwarring te vermy

-

Die deelnemers kommunikee­r met gebaretaal, hoewel dit volgens Maree net 80 persent universeel is.

Maree kommunikee­r in SuidAfrika­anse gebaretaal. Sy verduideli­k dat baie van die tekens wat gebruik word, geleen is van Amerikaans­e en Britse gebaretaal. “Daarom is dit baie dieselfde, maar daar is ‘n 20 persent dialekvers­kil en daarom het ons ander tolke ook nodig in die kompetisie.” Sy verduideli­k dat gebaretaal deur die dowe gemeenskap ontwikkel word. “Toe daar is ‘n tsoenami was, is daar ‘n teken vir dit ontwikkel wat daar nie tevore was nie. Dieselfde het gebeur met iets soos WhatsApp. Die taal groei dus aanhoudend.”

Sy verduideli­k dat daar wel al ‘n paar blapse was.

“Die teken vir ‘jammer’ in SuidAfrika­anse gebaretaal, stem ooreen met die teken vir toilet in Israeli gebaretaal. Ek het vinning agtergekom daar is ‘n kommunikas­iegaping en het toe vir die Suid-Afrikaners verduideli­k dat hulle hul teken laer moet wys om kommunikas­ie te vergemakli­k,” verduideli­k Maree.

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa