The Lowvelder

Die fynere punte van gebaretaal

- Arisa Janse van Rensburg

MBOMBELA - ‘n Internasio­nale kompetisie met die omvang van Mej. en Mnr. Dowe Wêreld, Europa en Asië bring verskeie logistieke uitdagings mee.

Die organiseer­ders Zané Jansen van Rensburg and Jacques Lombard is al sedert hulle in Februarie die lisensie gekry het om die kompetisie aan te bied, hard aan die beplan. Kommunikas­ie tussen deelnemers en organiseer­ders is maar een uitdaging, meer so omdat die deelnemers in gebaretaal kommunikee­r, en daar verskillen­de gebaretale is.

Oorspronkl­ik het hulle R70 000 begroot vir tolke, maar toe die provinsial­e regering se ondersteun­ing wegval, kon hulle slegs op tolk Ronel Maree staatmaak. Daar isverskeie­geb are ta alkommun ike e rd ers (signers), maar Maree is die enigste een wat kan hoor. Die ander kry die boodskap van haar wat dit dan aan die deelnemers van die verskillen­de lande oordra. “Ons het slegs een tolk vir 22 deelnemers,” verduideli­k Jansen van Rensburg.

Maree het bygevoeg dat, hoewel dit ‘n uitdaging is, mense wat gehoorgest­remd is hul gebare aan sal pas om die ander in ag te neem.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa