Graadeentjies geniet ’n McDonald’s-bederfie
MBOMBELA - Dit was ‘n groot bederf toe McDonald’s Nelspruit en Laevelder die graadeentjies van Laerskool Nelspruit Woensdagoggend met ‘n versnapering verras het.
Altesaam 27 van juffrou Mariëtte Jones se leerders het elk ‘n kaasburger en vrugtesappie van McDonald’s ontvang. McDonald’s Nelspruit en Laevelder sal oor die volgende jaar gereeld weekliks verskillende klasse in die area se verskeie skole so besoek. As jy dink jou klas verdien om verras te word, stuur vir Julia Burger jou motivering by marketing@lowveldmedia.co.za of #imlovingit #macbust