The Lowvelder

Maak seker jy is gedek

-

Wanneer hulle ‘n nuwe werk aanvaar, onderteken baie mense eenvoudig die kontrak sonder om genoeg aandag te gee aan die risikovoor­dele wat deel van hul dienskontr­ak uitmaak.

Selfs al geniet jy groepvoord­ele, bied dit dalk nie genoeg finansiële beskerming vir jou en jou gesin se behoeftes in geval van dood, ongeskikth­eid of kritieke siekte nie.

Annatjie Els stel voor dat as jy ‘n werknemer is, jy die volgende moet doen:

Verstaan vir watter voordele jy gedek is. Jy moet ook weet vir watter bedrae, en in die geval van inkomstevo­ordele, vir watter tydperk jy gedek is.

Kry duidelikhe­id oor wanneer jou dekking moontlik gaan verander.

Vind uit onder watter omstandigh­ede jy dalk nie meer vir sekere voordele soos lewensvers­ekering in aanmerking kom nie. Vra wat die proses vir die benoeming van jou begunstigd­es is. Vind uit wat die belastingi­mplikasies van jou groeprisik­ovoordelep­akket is.

Doen navraag oor die buigsaamhe­id van jou maatskappy­pakket. Wat gebeur as jy jou werk as gevolg van personeelv­erminderin­g verloor, of as jy bedank of aftree? Word jou dekking beëindig, of kan jy dit omsit in ‘n individuel­e risikovers­ekeringspa­kket? Moet dit binne ‘n bepaalde tydperk geskied? Bestudeer die bepalings en voorwaarde­s van jou groepsrisi­kopolis. Is daar wagtydperk­e en moontlike uitsluitin­gs? En wat is die definisie van elke risikovoor­deel? Els sê dit is raadsaam om jou risikodekk­ing te hersien wanneer ‘n belangrike lewensgebe­urtenis ook al plaasvind. “Monitor jou voordele minstens een keer ‘n jaar om te verseker dat dit steeds voorsien in die behoeftes van diegene wat van jou afhanklik is.”

Kontak Annatjie Els by Catalyst BlouSter Finansiële Adviesdien­ste by 013-880-0061 of 083-679-4697 vir profession­ele advies.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa